Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:04 pm
by Geno
Netjiese filmwerk.
Maar hoekom het die man hom nie bekruip met die boog nie?
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:07 pm
by Frikkiedbr
Ja nee ek weet ook nie hoekom het daai man liewers met die boog bekruip nie.
Mens skiet mos net een keer of is ek weer verkeerd?
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:22 pm
by ROBBIE1
Frikkiedbr wrote:Ja nee ek weet ook nie hoekom het daai man liewers met die boog bekruip nie.
Mens skiet mos net een keer of is ek weer verkeerd?
n Bewegende teiken is baie moeiliker as waar die buffel stil gestaan het, ek sou se die skut moes met die 1ste skoot met die geweer, seker gemaak het dat sy skoot reg is.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:23 pm
by Frikkiedbr
Ja nee ek weet Robbie, maar toe daai buffel eers met die boog geskiet was hoekom het hy nie gedooi nie?
Of vrek daai goed nie maklik nie?
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:27 pm
by VdWalt
Die skoot met die boog was te laag gewees.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:29 pm
by ROBBIE1
Die boogskoot was eintlik baie mooi, dalk net bietjie te ver voor amper meer brisket en nie hart nie, wat se julle ander manne?
Stem met jou Peet.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:29 pm
by Frikkiedbr
oo ok, dankie nie geweet nie, Dit maak meer sin
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:32 pm
by Geno
VdWalt wrote:Die skoot met die boog was te laag gewees.
Stem saam. Teen die angle wat die skoot uit die boom gevat is, is hy te laag.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 12:39 pm
by VdWalt
Geno wrote:
VdWalt wrote:Die skoot met die boog was te laag gewees.
Stem saam. Teen die angle wat die skoot uit die boom gevat is, is hy te laag.
Dis wat bokkoors maak!!
Daai hart (teiken) is so groot soos 'n A4. Ek glo op 20
yards skiet daai selfde man 'n golf bal met al drie pyle raak.
Dit voel of iemand jou boog gebreek het want eers kry jy
hom nie getrek nie. Dan sweet jou linker hand so jy is
bang die boog slaan jou in die gesig. Dan vergeet jy alles
wat jy geleer het en korrel sommer met die hele sight ipv die kolletjie!!
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 1:09 pm
by Eugene
Daai boogskoot se lyn lyk vir my reg, net bietjie laag geskiet... Gebeur maar as mens uit tree stand uit jag. Ek vat maar altyd bietjie hoër uit 'n treestand uit. 4 of 5 " hoër en daai was 'n perfekte hartskoot.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 1:42 pm
by DJ V
DWB - Watse boog setup het die man mee geskiet?
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 1:52 pm
by Stefan764
Dis Jason vA met sy .550 Magnum wat hom so plat maak daai...
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Thu Dec 12, 2013 2:02 pm
by DWB
Daai was 'n mooi skoot. In die spine!
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Sat Dec 14, 2013 10:03 am
by ASP
More Manne.
Dankie DWB dat jy ook van my videos opsit, dis lekker om kommentaar te hoor. Hou asb so aan.
Die rede hoekom die klient nie self met die boog opgevolg het nie, is omdat hy twee 2 dae vroeër ook 'n Buffel met die boog geskiet het, en die skoot lyk goed ens ens ens, maar Buffel is net weg. Helikopter ingeroep, kry hom nie. Hy is nie meer saam met die trop nie, net weg. (Hy is toe 3 maande later met 'n geweer geskiet). Almal was bang dieselfde gebeur weer, en omdat die skoot 'n bietjie laag was, is besluit om met gewere op te volg. Die klient skiet eintlik baie goed, maar soos VdWalt verduidelik: Bok koors is nie 'n man se maat nie!
Hier is 'n paar fotos van sy 80 pond setup:
P1020397.JPG
P1020394.JPG
P1020339.JPG
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Sat Dec 14, 2013 10:33 am
by VdWalt
Stunning fotos! Dankie vir die post.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Sat Dec 14, 2013 10:42 am
by Koos Barnard
Wat gaan die claim nou wees? Is die buffel met 'n boog of 'n geweer geskiet?
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Sat Dec 14, 2013 12:11 pm
by spekieries
Raak geskiet met die boog. Dood geskiet met die geweer!!!!! Ek sou hom nie as my eie "geclame" het nie, tensy die dieselfde man wat hom "gespine" het ook die pyl geskiet het.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Tue Dec 17, 2013 8:59 am
by ASP
Koos Barnard wrote:Wat gaan die claim nou wees? Is die buffel met 'n boog of 'n geweer geskiet?
Die klient het die Buffel natuurlik huis toe gevat, maar het in sy interview die manne met die gewere bedank vir hul werk. Hy het toe nog 'n Buffel geskiet want hy wou 'n skoon Bow Kill hê. Op die einde van die jag was sy 5de Buffel 'n 100% Bow Kill.
Hy is gelukkig nie een van daai ouens wat die storie na sy kant toe draai nie. Hy sê dit soos dit is.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:10 am
by DWB
ASP wrote:

Baie respek daarvoor.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:13 am
by spekieries
ASP
Ja dit is vir my goed as 'n man so is soos jy hierbo noem, kry sommer respek vir so 'n man. Gelukkig het die man die pitte om weer een te skiet wat hy as sy eie kan "claim".
Dankie vir die videos, ek geniet hulle.
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:14 am
by Flip Nel
ASP wrote:
Koos Barnard wrote:Wat gaan die claim nou wees? Is die buffel met 'n boog of 'n geweer geskiet?
Die klient het die Buffel natuurlik huis toe gevat, maar het in sy interview die manne met die gewere bedank vir hul werk. Hy het toe nog 'n Buffel geskiet want hy wou 'n skoon Bow Kill hê. Op die einde van die jag was sy 5de Buffel 'n 100% Bow Kill.
Hy is gelukkig nie een van daai ouens wat die storie na sy kant toe draai nie. Hy sê dit soos dit is.
Sjoe die man moet geld he as 5 buffels een na die ander kon skiet, soos hulle sê practice makes perfect
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:34 am
by Marc
Baie goeie film werk !!!!
Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Afircan Sun Productions
Posted: Tue Dec 17, 2013 6:06 pm
by DWB
African Sun Productions
Hier is nog een, Buffel en ander diere.
Nou ontkoming!