Page 1 of 1

51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 6:56 pm
by Schalk.vdB
Ons het gaan Jakkies soek by Zeerust toe man verby kom oppad rivier toe.
Kon hom nie los nie.

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:03 pm
by AntonF
Ja nee daai is darm n baie mooi jakkie :o ;D ek soek ook so een :'(

Baie geluk mooi grooooootte

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:21 pm
by KalahariKlong
Hy was seker vrek skelm so in die spotlight..

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:43 pm
by Polla1983
Lekker man, mooi bul daai! Deel asb met my watter klanke julle gebruik het om die tiepe jakkals in te roep. Hulle is lig sku hier by my...ha ha ha

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:55 pm
by Marc
Mooi bul daai, in watter area was dit. Kan maar net dorp noem ;)

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:27 pm
by Polla1983
Ons het gaan Jakkies soek by Zeerust toe man verby kom oppad rivier toe.
Kon hom nie los nie

F.Y.I Marc...

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Wed Dec 18, 2013 10:31 pm
by SNIPER
Naand 243 RSA

Baie mooi koedoe daai,hoop jy het darem n ou jakkie ook gekry wat bakkie gery het.

Groete

SNIPER

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 7:55 am
by Braamgr
Waarmee het jy hom toe geskiet, 243?

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 9:11 am
by Schalk.vdB
Manne
Ek het het hom by Doringpoort geskiet net buite Zeerust.
Ons het hom nie geroep nie hy het sommer self gekom, maar ek dink hy het die bakkie gesien ry en wou saam ry.
Braam ja ek het hom snaaks genoeg met die 243 geskiet want dit is al wat ons by ons gehad het.
Ek het hom seker so op 80 meter met 'n 85 gr Sierra agter die kop geskiet toe hy begin wegloop.

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 9:27 am
by Biker
mmmm wettig????????

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 10:41 am
by Flip Nel
Polla1983 wrote:Lekker man, mooi bul daai! Deel asb met my watter klanke julle gebruik het om die tiepe jakkals in te roep. Hulle is lig sku hier by my...ha ha ha

Ek dink baie mense sal daai klanke wil he. ;D

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 10:44 am
by Koos Barnard
Ek moet ongelukkig ook saam met Biker die vraag vra: Was dit wettig?

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:00 am
by matewis
Ek lees graag saam. Daar is baie verskillende opinies wat uit hierdie een kan kom. In die aand, met n lig, met n ligter kaliber, kopskoot terwyl hy beweeg ens. Elke situasie is uniek en ek was nie daar nie. Ek glo elke jagter maak die regte besluite op daardie oomblik.

243 ek gooi nie klippe nie, baie geluk met jou mooi kudu. Ek dink net dalk kan hierdie n langer draad word as wat jy beplan het toe jy jou foto kom deel het.

Ek weet self nie wat al die reels, regulasies en etiese riglyne is nie, sal graag wil hoor wat se die gesoute manne.

Groete

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 11:13 am
by Piet Pille
Jinne manne, ek glo darem seer sekerlik nie RSA243 sal 'n foto op 'n openbare forum kom plaas van 'n ge-poach-de koedoe nie? Dis tog seker logies dat die grond einenaar toestemming gegee het/by was?

weet nou nie hoe werk dit daar in die States met die permitte ens buite die jagseisoen nie, maar hier mag 'n boer koedoes buite seisoen skiet vir "eie gebruik" heel jaar.

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Thu Dec 19, 2013 12:50 pm
by Schalk.vdB
Manne hy is voor sonsondergang geskiet toe ons oppad was na die anderkant van die plaas.
Die res van die groep was nie baie ingenome toe ons die sleepwa kom haal om 'n jakkals te kom oplaai.
Van die jakkals jag het niks gekom nie want ons moes vleis werk. Die res van die groep se braai was ook uitgestel tot heelwat later. Ek moes daarna 4 uur in die kamp wees en my gewere bêre en die braai werk doen.
Skiet toe die ander koedoe bul 7 uur die oggend.

;) ;)

Re: 51 duim Jakkals - vervolg

Posted: Thu Dec 19, 2013 5:40 pm
by Schalk.vdB
Die 2 de koedoe wat ek 7 uur die volgende oggend geskiet het.
Ek het hom met die .375 H&H met 'n 270 gr Rhino punt geskiet.
Daar was nog 'n bul in die trop maar ek kon hom nie sien nie en het die een op omtrent 100 meter agter die blad geskiet.

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Fri Dec 20, 2013 3:19 pm
by SNIPER
Hi 243RSA

Baie Geluk

Dat n man so gelukkig kan wees om 2 sulke mooi koedoes so gou na mekaar te kan skiet is n voorreg.

Sit asb net so paar jakkals foto's ook op wat jy geskiet het ,want al die manne hier is nou m**rse jaloers en dink regtig jy roep die bokke in.

Dankie vir die mooi foto's

Groete

SNIPER

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Fri Dec 20, 2013 5:06 pm
by Schalk.vdB
Sniper
Nee ek werk vir my wild.
Ek wag vir die son op op te kom dat ek darem kan sien en begin spoor soek.
As ek 'n spoor kry wat die moeite werd is dan gaan ek agter hom aan, tot so 11 uur. Dan kom ek uit die veld uit tot so 2 uur en dan gaan ek terug na die laaste plek waar daar spore was en volg hom tot so 4 uur.
As ek hom nog nie gekry het nie gaan ek die volgende dag terug na die area toe want hulle bly maar daar rond en begin die proses weer van voor af.
Koos/Biker in die 43 jaar wat ek jag het ek nog nooit iets onwettig gejag nie en almal wat ek blootgestel het aan jag is almal aan my heel belangrikste beginsel blootgestel.
Respek vir die skepping!

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Fri Dec 20, 2013 8:40 pm
by KalahariKlong
KalahariKlong wrote:Hy was seker vrek skelm so in die spotlight..

Dan vra ek onverskoning vir my ongepaste aanmerking.
Ek het aan geneem dit was in die nag geskiet met 'n lig en eks nie bang om te sê dat dit my dwars in die krop steek nie.
Weereens jammer vir my uitlating sonder die nodige feite.

Baie mooi bul, baie geluk.

Groete
KK

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Sat Dec 21, 2013 7:06 am
by Eugene
KK, dit vat ook darem 'n man om te erken as jy verkeerd was en verskoning te vra. Dankie daarvoor. ;D

Re: 51 duim Jakkals

Posted: Sat Dec 21, 2013 11:05 am
by Silent Hunting
Baie mooi bulle daai. Mooi geskiet. Maak maar weer so.