Page 1 of 3
Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Thu Jan 02, 2014 7:28 pm
by DWB
Hallo Manne,
Die vorige topic het ongelukkig in die slag gebly.
Ek hoor graag van julle watter boeke oud of nuut die moeite werd is om te lees?
Ek het nou tot dusver die volgende:
Die Wit Boesman - Peter Stark - UITSTEKEND
Kambaku - Harry Manners - UITSTEKEND
Something of value - Robert Ruark - Nog gemengde gevoelens
Uhuru - Rober Ruark - Moet nog lees.
Kom deel bietjie hier.
Ek weet hier is manne wat hierdie tipe boeke opslurp en nog versamel ook
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Thu Jan 02, 2014 7:51 pm
by Kallie404
Deon,
Lekker onderwerp hierdie. Ek het self baie jag boeke, oud en nuut. N spesifieke boek wat vir my baie lekker gelees het en interesant was ,seker omdat ek self al in daai area gejag het en Richard al self ontmoet het is The Hunting Imperative an Richard Harland. Dit gaan hoofsaaklik oor probleem dier jagte in die Zim laeveld in die laat sewentigs tot die tagtigs.
Nog n boek is Pete Fick se nuwe boek, Cut to the Chase wat baie goed geskryf is en ook handel oor jag in Zim.
Dan ook Kai Uwe Denker, n Namibiese PH, se boek genaamd, Along the Hunters Path en ek het ook al Peter Flack se boeke ( baie goed geskryf ook ) en en en en.................daars te veel

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Thu Jan 02, 2014 8:06 pm
by Frederik
Kambaku, is seker maar my gunstelling ek het die voorreg gehad om bietjie rond te loop en te jag waar hy in die noorde van Mosambiek gejag het.
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Thu Jan 02, 2014 8:08 pm
by Pappabeer
Deon, is die topic nie "Gunsteling leesstof" nie. PaulM het dit begin.
Tans besig met Geoff Wainright se Hunting for trouble. Dit is baie goed.
Ek het Fred Everett se tweede boek, Tuscers in the dusk ook gekry. Hy is volgende
Die 10 bestes vir my was
1. Hunting imperative - Richard Harland
2. Months in the Son - Ian Nyshens
3. Heat Thirst and Ivory - Fred Everett
4. Man eaters of Kumaon - Jim Corbett - absoluut uitstekend
5. Barron in Africa, oor Werner von Alvensleben - Brian Marsh
6. A Pioneering Hunter - Brian Marsh
7. Kambaku - Harry Manners
8. The Hunting Blackbeards of Botswana - Brian Marsh
9. Capture to be Free - Oom Jan Oelofse - daai was die dae toe manne nog MANNE was, en die fotos is briljant
10. Veldwagter, oor Harry Kirkman - Hannes Kloppers
Dan is daar nog Kobus de Kock se boekies wat great is, Kevin Tomas se boeke, Capstick ens ens. Selous se Wanderings lees swaar maar is baie nice.
Wayne Michael Grant se Into the Thorns is DIE BOEK oor luiperd jag. Ek het dit baie geniet.
Al wat my werklik verveel het was John Pondoro Taylor. Ek dink hy het beter spek geskiet as geweer...
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Thu Jan 02, 2014 9:01 pm
by DWB
Hallo Dewald,
Dankie vir die deel.
Nee ons het onder grootwild ñ aparte topic gehad wat gesneuwel het saam die res.
Ek wil nog bitter graag Fred Everette se boeke lees
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Thu Jan 02, 2014 9:48 pm
by spekieries
'n Reeks boeke wat ek werklik geniet het was die van Ron Thomson.
-STAND YOUR GROUND
-GOD CREATED MAN THE HUNTER
-MAHOHBOH
-IN THE SHADOW OF NYAMINYAMI
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 8:29 am
by FCLoretz
Death in the long grass - Peter Capstick
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 8:33 am
by Frederik
FC, death in the long grass was geskryf deur Capstick ek het twee van sy boeke wat deur sy vrou geteken is.
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 8:35 am
by FCLoretz
Skuus, Jy is reg. Ek tik weer vinniger as wat ek dink. Gaan nou reg maak
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 8:38 am
by Frederik
Stefan, jy het so lekker library net so langs jou het jy die al deurgelees ?
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 8:47 am
by Stefan764
Freek, as ek net die TYD gehad het... Seker ook maar n flou verskoning ne...??
Ek was op skool (koshuis) so lief vir lees. Gn wonder ekt amper wiskunde en wetenskap gedop nie. Elke studie jagtydskrifte en boeke (meestal storie boeke, PJ Schoeman) gelees.
Ek onthou my eerste jag boek wat ek gelees het was Jetwa, die Buffelbul. Nogsteeds my gunsteling, seker maar bietjie sentement...
Ek het Ian Nyschans se boek, Months of the Sun vreeslik geniet. Ook omdat oom Mauritz vir my baie van die prentjies ingekleur het wat mens nie in die boek lees nie... Was nogals n wilde man gewees die oom Ian... (amper soos ons eie Ian Beytel hehehe)
Gaan die jaar n beter boekwurm probeer wees...
DGS - Groete
Stef
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 8:59 am
by FCLoretz
Ek het 'n boek van Craig Boddington - From Mount Kenya to the Cape. Dit is nie vol stories van groot wild nie, maar het dit baie geniet om te lees.
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 9:17 am
by Eugene
Ek het lanklaas ordentlike jagboeke gelees en moet dit dalk een van my voornemens maak vir 2014!
Ek het as kind PJ Schoeman en Doc Immelman se boeke verslind, soveel so dat die biblioteek 'n omnibus van PJ Schoeman aan my geskenk het.....
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 9:20 am
by Jakkalsgat
As kind het ek 2 reekse boeke verslind by name, Die Otters en Die Uile en het hulle altyd die lekkerste avonture gehad in die eertydse Suid Wes Afrika en ander plekke en het ons so saam die manne gegroei.
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 9:23 am
by Eugene
Jakkalsgat wrote:As kind het ek 2 reekse boeke verslind by name, Die Otters en Die Uile en het hulle altyd die lekkerste avonture gehad in die eertydse Suid Wes Afrika en ander plekke en het ons so saam die manne gegroei.
Ek onthou daai boeke baie goed! Het dit in die hospitaal gelees toe ek 3 maande in traksie was! 'n Nuwe wereld het vir my oopgegaan.... En baie gehelp om die tyd om te kry!
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 9:28 am
by Stefan764
Jissie man!! Die Uile!! Hoe verlang ek nou terug......
Manne een boek wat ek ook kan voorstel (dis nou wel nie n jag "storie" boek nie, maar pas tog by Topic in), Pierre van der Walt se "Dangerous Game Cartridges". Ek weet Deon jy het ook die boek en kan getuig hiervan. As jy belangstel in die groot roere, hierdie boek is n MOET!!
Stef
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 9:37 am
by Francois Marais
Stef
Pierre van der Walt se "Dangerous Game Cartridges".
Daai is nou bja waar
Mooi loop
Francois
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 9:42 am
by tripodmvr
Julle noem van name het my aan van die ouer skrywers se name en boeke laat dink:-
Laurens van der Post - skrywes oor die boesmans
Sangiro - Uit oerwoud en vlakte
Hobson - Vlam van die Bantomberge
Is nie heeltemal seker van die vanne en name nie - help reg as ek verkeerd geskryf het.
Onthou ook Engelse boeke nie noodwendig oor Afrika diere nie, maar wat baie mooi die natuur beskryf :-
Tarka the otter (Henry Williamson) - voorgeskrewe boek op skool en selfs verfilm.
My family and other animals - Gerald Durrell - vang van wilde diere vir 'n dieretuin in Engeland.
Verskeie boeke van Jim Corbett oor jag in Indie.
Vir ons natuurliefhebbers is Eugene Marais se boeke Siel van die mier en Soul of the Ape ook 'n moet.
Snake man - C. J. P. Ionides se lewensverhaal
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 10:10 am
by Henry 7
Jis,ek het ook baie jagboeke gehad maar uitgeleen en nooit neergeskryf aan wie nie en hulle is nou gone!
Het Capstick se boeke baie geniet maar nie so baie van Boddington se skryfstyl gehou nie alhoewel daar ongelooflik baie info in is. My buurman was 'n PH I Tanzanie en Mosambiek in die 70/80's en om sy albums en boeke te sien is ongelooflik! Hy het 'n boek "LEOPARD" van Peter Turnbull Kemp as ek reg onthou wat vir my baie interessant was.
Ek geniet maar die skietboeke-hulle is net vrek duur!
Henry
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 10:19 am
by tripodmvr
Kom die naam "sakkibiaan" op in my gedagtes.
"Op die klein spoortjies" van PJ Schoeman. 'n Wonderlike sprokie.
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 11:55 am
by DWB
Stef en Francois, julle het hom reg ja!
Ek het net gister weer daai boek nageslaan.
'n Definitiewe MOET vir enigiemand wat in groter kaliber belangstel!
Dankie vir almal wat saam praat!
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 12:44 pm
by Chris Swart
Ek het 'n slegteplek vir boeke en lees.
Ek kan nie by 'n tweedehandse boekwinkel verbyloop nie. Nog erger as daar 'n "bargain" tafel is.
Ek weet hy het nie net jagstories geskryf nie, maar Eugene N Marais lees vir my lekker.
Ander skrywers en boeke waarvan ek gehou het:
Hunter deur J.A. Hunter
Something of Value deur Robert Roark
En ek is BESLIS van plan om Ron Thompson se reeks boeke te koop sodra ek "tyd" kry. Vir nou lees ek maar sy vervolg stories in African Outfitter...
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 12:56 pm
by Eugene
Van Wilber Smith se boeke het ook baie goeie jag verhale (tonele) in! Daai man kan darem 'n ding beskryf dat jy sommer daai buffel kan ruik as hy storm!
Die PG gedeeltes in sy boeke, word self baie goed beskryf......

Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 1:28 pm
by KalahariKlong
As jong seun was die boek van Pieter Pieterse - Anderkant die groot rivier die eerste boek wat ek van voor tot agter gelees het. Daar het my liefde vir die natuur en jagstories begin.
Ek hou baie van Wilber Smith se boeke en sal graag eendag sy boeke in korrekte volgorde wil lees, as daar so iets soos 'n korrekte volgorde bestaan.
Dewald, dit lyk my ek moet my biblioteek kaartjies inpak en vir jou kom kuier. Paar mooi boeke wat jy daar noem.
Groete
KK
Re: Lekker Leesstof - Ou en nuwe jagboeke
Posted: Fri Jan 03, 2014 3:03 pm
by win270
Francois Marais wrote:Stef
Pierre van der Walt se "Dangerous Game Cartridges".
Daai is nou bja waar
Mooi loop
Francois
Wie van julle weet dalk waar mens Pierre se opvolgboek in die hande kan kry, indien wel al beskikbaar? Ek is ongelukkig nie seker van die titel daarvan nie.
Hy is baie deeglik waaroor hy skryf, absoluut die moeite werd om sy boek(e) te lees.