Page 1 of 1

"Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Tue Jan 11, 2011 8:10 am
by JPS
Image

Ne sodat sy size in skaal gesien kan word.
Image

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Tue Jan 11, 2011 8:16 am
by James Wilson
JPS, jy kan nie so n mooi vark skiet en nie vir ons die storie vertel nie.  ;)

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Tue Jan 11, 2011 8:37 am
by BLOK
JPS

Mooi vark, dit is nou een wat sekerlik nie soos n maer vark skree nie.

Blok

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Tue Jan 11, 2011 9:16 am
by Stefan764
JP

Moerlandspan ma dis n groot vark. Wat het daai ou aan die haak geweeg? En ook die uitslaggewig as jy hom het? EN DIE STORIE??

Groete
Stef

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Tue Jan 11, 2011 11:46 am
by JPS
Blok : Nee maar hy het so paar keer omgespins soos 'n toll en to reguit in boom vasgeharloop en net daar geval ;D

Stef: Was 54Kg karkas gewig nadat redelek vleis uitgesny was, het nie volle gewig nie maar ons het gestooi met hom om hom tot by die pad te sleep en soos jy kan sien ek is nie van die kleinse manne nie ek val ook in die vark se size kategorie ;), Plaas waar ons was maak die varke maar baie groot nog twee deur pelle van my geskiet (Morned wat nou net ook by die site aaangesluit het) van 52Kg en 49Kg uitgeslag het. dit alles in een oggend te voet voor 11h00.
Sal as ek meer tyd het mooi storie plaas kom ons se so in die tussentyd ek was eintlik besig om rooibok in die scope te kry en net voor ek hom skiet het so "swart wolk" voor die scope ingeskuif, toe ek mooi opkyk en die varkie sien was die rooibok Ram heltemal vergete. Het darrem Rolend ward so drie ure later geskiet ( my eerste MOOI rooibok Ram). Sal kyk of ek fot later van die kan opsit.

Groete

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Tue Jan 11, 2011 7:43 pm
by Wismit
Mooi VARK daai !!!

Waar in Limpopo het jy hom geskiet?

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Wed Jan 12, 2011 5:14 pm
by JPS
Hi Wismit,

Jong die plaas se naam is "limpopo wild safaris" of "Wild Limpopo safari's", en die plaas is gelee so in die hoek van die Limpopo en matlabas rivier. Die ou grenspos was op die plaas gwees maar die is nou toe, vergeet watter een dit was sal uitvind en laat weet.

Groete
JP

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Thu Jan 13, 2011 9:09 am
by afriventure
JP
Dit was Buffelsdrift grenspos

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Thu Jan 13, 2011 7:41 pm
by Wismit
Sal maar in daai w?reld moet gaan draai maak die jaar.
Mooi varke !!

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Fri Jan 14, 2011 7:55 am
by iceman1982
Mooi vark man. Mooi gegooi. Ek dink hulle is moontlik my gunsteling dier om te jag, want net sy ma kan hom lief he!

Re: "Klein" Varkie uit Limpopo

Posted: Fri Jan 14, 2011 10:38 am
by JPS
iceman1982 wrote: Mooi vark man. Mooi gegooi. Ek dink hulle is moontlik my gunsteling dier om te jag, want net sy ma kan hom lief he!
Dankie Iceman,

Ek moet se ek het ook 'n ding vir 'n groot vark, kan maar besig wees om enigiets te jag as ek groot vark sien is dit verby maraai.

Afriventure: Ek glo jy's reg, kon nog nie my vrind in die hanne kry nie. Intersant die hele grenspos se SAP kantore, huis ens. is nog 100% in stand gehou deur die eienaar van die plaas. Moet bieg ek was nog nie op 'n beter plaas as die nie.

Groete
JP