Page 1 of 1

Plaas fotos

Posted: Tue Jan 14, 2014 8:37 pm
by Carl
Saterdag middag het ons 'n draai gery op die plaas. Pragtig om te sien hoe als herstel het na die goeie Desember reën. Kom nog so om 'n draai toe staan daar 7 jong koedoe bulle! Een het selfs gelê. Ek kon die fotos neem, skoonpa raak toe sommer SPCA en sê "hulle is so mooi mens kan hulle nie skiet nie." :'( :'( Ek het te veel lens gehad so kon net so paar koppe inkry.
https://lh5.googleusercontent.com/-ZFErjKLQF1E/UtOTOFqv1iI/AAAAAAAAE4I/cWXuwNPP9vs/w533-h800-no/IMG_6698.jpg

https://lh3.googleusercontent.com/-_-JKQHmRFpo/UtOTOSTECdI/AAAAAAAAE4M/a3-hHgMv99E/w533-h800-no/IMG_6703-2.jpg

Die willebees het soos 'n mak bees gewei, hoop hulle bly so rustig in die winter.
https://lh5.googleusercontent.com/-tNHZC2HdJ2g/UtOTPBBBARI/AAAAAAAAE4U/7gOlrj4zsc4/w800-h533-no/IMG_6712.jpg

Re: Plaas fotos

Posted: Tue Jan 14, 2014 8:45 pm
by Carl
...en van die nuwe aankomelinge
https://lh6.googleusercontent.com/-1dE9Pn11URY/UtOTy5zfksI/AAAAAAAAE48/142lZqXspas/w800-h533-no/IMG_6691.jpg

https://lh4.googleusercontent.com/-rS21ezDisdI/UtWHR_9QqYI/AAAAAAAAE6A/YEUkuQ1m54Y/w1024-h485-no/IMG_6716.jpg

Re: Plaas fotos

Posted: Tue Jan 14, 2014 10:15 pm
by Tarzan
Pragtig! Mos my wereld daai!

Re: Plaas fotos

Posted: Wed Jan 15, 2014 7:50 am
by FCLoretz
Carl daai is voorwaar mooi,

Ons is van 17-20 Julie bespreek by jou skoonpa, Dit lyk voorwaar baie mooi en belowend. Het jy nie paar foto's van julle rooibokke op die plaas nie?

Re: Plaas fotos

Posted: Wed Jan 15, 2014 8:09 am
by henried
Baie mooi!
Ek en Zander hoop om 'n draai daar te maak in 2014, 'n mooi rooibok is op sy lys.

Re: Plaas fotos

Posted: Wed Jan 15, 2014 8:19 am
by Frikkiedbr
Dankie Carl, sjoe maar dis mooi groen daar. Sal nog tyd vas maak.
Dankie vir die deel.

Re: Plaas fotos

Posted: Wed Jan 15, 2014 9:50 am
by Katefbessie
Carl jy mag maar fotos neem!

Re: Plaas fotos

Posted: Wed Jan 15, 2014 7:52 pm
by theedge
Prag fotos

Re: Plaas fotos

Posted: Wed Jan 15, 2014 8:59 pm
by Carl
Baie dankie,soms is 'n man net mooi gelukkig. Ek het erens rooibok fotos, maar jy moet maar weer kom kuier.

Re: Plaas fotos

Posted: Thu Jan 16, 2014 6:22 pm
by Jakkie 321
Mooi man hoe verlang ek nou na die veld.

Groette

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 9:22 am
by Carl
Ek was lanklaas op die plaas. Na die reën lyk dit pragtig. Ek het weer 'n mooi geleentheid gehad om 'n paar koedoe bulle af te neem, dit is darem lekker as hulle so stil staan. Die 2 het soos een gelyk met 2 koppe, amper maak ons groot geld by die volgende veiling ;D
https://lh3.googleusercontent.com/-763yUOctHIc/UwGbwacEaYI/AAAAAAAAE8E/s4Lbnlrwazw/w800-h533-no/IMG_6737.jpg

https://lh5.googleusercontent.com/-CqJ6bH809k4/UwGbxbZmQQI/AAAAAAAAE78/2lSH95Bfn_g/w800-h533-no/IMG_6738.jpg

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 9:23 am
by Carl
en oppad terug die mooi bul so op sy eie gekry.
https://lh4.googleusercontent.com/-PDZLqZFsnLI/UwGbxR7ltaI/AAAAAAAAE8A/SZ5NHg4yzA0/w800-h533-no/IMG_6749.jpg

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 9:24 am
by Frikkiedbr
Sjoe dis mooi groen daai kant Carl, dankie vir die deel :)

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 9:25 am
by FCLoretz
Dankie Carl. Sien jou in Julie maand vir My vrou se rooibok

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 10:35 am
by JAGTERSREG-JRM
Pragtige foto van mooi bul.....So van die os op die jas wat was die swaarste wildebeest wat al daar gejag is?

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 10:42 am
by gillie
FCLoretz wrote:Carl daai is voorwaar mooi,

Ons is van 17-20 Julie bespreek by jou skoonpa, Dit lyk voorwaar baie mooi en belowend. Het jy nie paar foto's van julle rooibokke op die plaas nie?
Daar is nie rooibokke op daai plaas nie. Julle gaan julle tyd mors Frederik. ;)

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 11:32 am
by Carl
Kobus,
Ek het nog nie werklik akkuraat en gereeld geweeg nie. Dit is moeilik om die WB op die skaal hak te kry. Ek het eenkeer stukke geweeg, dit was so week na die skiet. 143kg. So dit was sonder vel.

Ja ek gaan net fotos van rooibokke moet neem tot Frikkie kom, maar ek kan die manne verseker dit gaan moeilik jag wees die jaar. Op plekke is die gras rug hoogte vir die rooibokke.

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 11:34 am
by FCLoretz
gillie wrote:
FCLoretz wrote:Carl daai is voorwaar mooi,

Ons is van 17-20 Julie bespreek by jou skoonpa, Dit lyk voorwaar baie mooi en belowend. Het jy nie paar foto's van julle rooibokke op die plaas nie?
Daar is nie rooibokke op daai plaas nie. Julle gaan julle tyd mors Frederik. ;)
Ek weet Gillie ;D ;D

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 11:35 am
by Frikkiedbr
Dis nie goeie nuus nie, so ek sal seker kop skoot moet vat :o :-[
Ons al maar sien wat gebeur op daai dag. Dalk groei die gras afwaards ;D

Re: Plaas fotos

Posted: Mon Feb 17, 2014 5:15 pm
by JAGTERSREG-JRM
Carl wrote:Kobus,
Ek het nog nie werklik akkuraat en gereeld geweeg nie. Dit is moeilik om die WB op die skaal hak te kry. Ek het eenkeer stukke geweeg, dit was so week na die skiet. 143kg. So dit was sonder vel.

Ja ek gaan net fotos van rooibokke moet neem tot Frikkie kom, maar ek kan die manne verseker dit gaan moeilik jag wees die jaar. Op plekke is die gras rug hoogte vir die rooibokke.

Daai gee n goeie indikasie van mooi gene.....Dankie