Page 1 of 1
'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 11:12 am
by ArnoldM
Sommer so los gelukkie. Opsoek gewees na hase, toe vlekkie so 40m voor my oor die pad draf en gaan staan. Altwee met die .22 Brno geskiet.
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 11:17 am
by Roger
Mooi man!
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 11:25 am
by F.L.A.S.H
Lekker man
ek soek nog my bob, ek kry hom net nie raak nie
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 11:30 am
by ArnoldM
Dankie manne.
Ek's jammer vir die bloed op die bob foto, daar was nie water naby sodat ek die bloed kon afwas nie.
Groete,
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 11:41 am
by vriell
Onder "members only" sal veiliger wees vir sulke fotos.Ek persoonlik het nie probleem nie ...of gaan haal ek alweer die bobbejaan agter die bult ?
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 11:54 am
by ArnoldM
Hi Vriell,
Ek het nie 'n probleem daarmee as die moderators die skrywe na die "lede alleenlik" gedeelte van die forum toe wil skuif nie, ek weet nie hoe om dit te doen nie.
Groete,
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 1:07 pm
by vriell
As jy wil kan jy net vir "Jaracal" 'n PM stuur dan sal hulle dit skuif.Ek dink maar net aan die groenes wat skietgoed soek om moeilikheid te maak.As hulle nie probleem daarmee het nie dan hoef jy ook nie verder te worry nie. Daai Brno maak mooi.....
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 1:13 pm
by Geno
Dis maklik vir enigiemand om 'n rekening te skep op die forum en die Lede-Alleen afdeling te sien.
'n Man moet maar self besluit wat hy plaas, en die gevolge dra as dit onderskep word deur die groene$.
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 1:16 pm
by VdWalt
Geno wrote:Dis maklik vir enigiemand om 'n rekening te skep op die forum en die Lede-Alleen afdeling te sien.
'n Man moet maar self besluit wat hy plaas, en die gevolge dra as dit onderskep word deur die groene$.
So praat 'n man met ondervinding!
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 4:02 pm
by vriell
VdWalt wrote:Geno wrote:Dis maklik vir enigiemand om 'n rekening te skep op die forum en die Lede-Alleen afdeling te sien.
'n Man moet maar self besluit wat hy plaas, en die gevolge dra as dit onderskep word deur die groene$.
So praat 'n man met ondervinding!
Tenminste maak mens dit maar net bietjie moeiliker vir enige iemand wat "surf" om die inligting op te tel.Soos ek genoem het as Jaracal nie probleem daarmee het nie dan is die Kaap Hollands...
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 4:58 pm
by ArnoldM
Hallo manne,
Ek verskil klein bietjie van julle, mar in 'n mooi manier.
Jy kan 'n foto neem sonder bloed, jy kan self die bok/jakkie/bob/buffel 'n suit en tie aantrek as jy wil, 'n groene sal ALTYD 'n probleem he, maak nie saak hoe goed die kwaliteit van 'n foto is nie.
Alhoewel ek net paar "posts" gemaak het op hierdie forum, volg ek dit al 'n etlike paar jaar, en ek's trots daarop om 'n jagter te kan wees.
Die bobbejaan in die foto was een van vele wat 'n R47,000.00 se lapa by die dam verwoes het, en ek voel gladnie sleg dat ek haar geskiet het nie.
Ek't 'n MENEER mannetjie op dieselfde jag met die .375 in die brein geskiet, maar uit respek vir die dier het ek nie die foto geplaas nie.
Dit is immers 'n probleemdier beheer forum, en nie Bool se webtuiste nie, maar ek vra graag vir Jaracal om die foto te verwyder as dit iemand sou ontstel.
Beste groete,
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 15, 2014 8:02 pm
by theedge
Lekker man
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Thu Jan 16, 2014 5:33 am
by ArnoldM
Thanks edge.
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Tue Jan 21, 2014 9:35 pm
by henti
Stem so biejtjie saam met Arnold gee die groenes so bietjie om oor te skinder my oupa altyd gese as die mense van jou skinder gaan dit goed maar as hulle nie meer skinder nie dan moet jy begin worry
Mooi geskiet arnold
Groete
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 22, 2014 9:31 am
by ArnoldM
Thanks Henti. Groete.
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Wed Jan 22, 2014 10:24 am
by Jakkie 321
Mooi geskiet pappie///
Groette
Re: 'n Los gelukkie
Posted: Thu Jan 23, 2014 8:25 am
by ArnoldM
Dankie Jakkie!