Page 1 of 1
To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Sun Jan 26, 2014 2:59 pm
by DWB
Hallo Manne,
My 404 projek het 'n redelike groot hupstoot gekry van 'n baie gawe man hier op die forum wie ek gehelp het om 'n geweer te smous.
So ek is nou baie nader as wat ek aanvanklik was.
Ek moet nou besluit oor die visiere. Ek is eintlik dood gelukkig met 'n normale sight base met 'n enkel "leaf" maar ek kan 'n quarter rib opsit vir min geld.
Maar ek wil weet of het die quarter rib 'n doel en of is dit net vir mooi lyk? Want meeste van hulle is nie vir my baie mooi nie.
Al hoekom ek dit sal oorweeg is as hy help om jou oog te "guide" soos met 'n battue tipe visier.
Die manne wat in die gevaarlike wild bedryf is, help bietjie?
Karl, Rommel en Peet kom gee raad asb
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Sun Jan 26, 2014 3:56 pm
by Karl Stumpfe
Hi Deon
Ek hoop die bleddie ding post hierdie keer....
Ek persoonlik hou baie van die look van 'n 1/4 rib, dit lyk vir my net reg... verder hou ek van 'n enkel, nie voubare, rigiede "blade" met 'n wye V in as my agterste visier.
Behalwe vir die estetiese, dink ek die enigste voordeel wat 'n 1/4 rib het, is dat dit gewig bysit naby die balanseer punt van die geweer. Jy kan jou loop eerder bietjie dunner draai en kort hou (22 duim) en daai gewig weer opmaak met goed vervaardigde 1/4 rib. Ek haat 'n groot kaliber geweer wat "muzzle heavy" is, en 'n 1/4rib kan dit help verhoed.
Hoop dit help... (verskoon maar die gemengde taal asb!!!)
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Sun Jan 26, 2014 4:03 pm
by DWB
Dankie Karl,
Daars nie foute nie!
Ek sal bietjie kyk na die verskillende vorms en dan besluit.
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Sun Jan 26, 2014 7:17 pm
by Johan van Wyk
Die stewigste basis wat jy kan bekostig met `n wye oop V en `n groot bead "up front". As jy ouer word gaan jy `n "peep" waardeer, maar jy is n nog heeltemal te slim om te kwalifiseer as "oud".
Vra iemand wat jy ken in die US om vir jou 'n Lyman 48 tesoek en te stuur. Dit is duur,maar as mens ouer word is `n peep die ding om te besit.
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Sun Jan 26, 2014 7:30 pm
by DWB
Ek dra ñ goeie bril
Anders is my oge useless
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Jan 27, 2014 3:24 pm
by ZKK
Middag Deon, Op watse aksie het jy jou geweer laat bou?
Ek het nou die dag op hierdie Quick detachable ghost ring sight afgekom, wat op CZ aksies pas.
http://www.brownells.com/rifle-parts/si ... 25885.aspx
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Jan 27, 2014 4:04 pm
by DWB
ZKK, dis op 'n commercial Mauser Aksie waarop hy gebou word.
Untapped op die stadium.
Ek is wel bewus van al Brownells se Detachable Ghostring visiere, baie dankie!
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Jan 27, 2014 10:28 pm
by rudib
Gerrie Coetzee het hierdie visiere op my 450 Rigby gesit. Hulle werk baie mooi. Voorste is n NECG van Brownells. Rib en "V" het Gerrie gemaak. Puik werk!!!!
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Jan 27, 2014 11:08 pm
by Flip Nel
rudib
Baie mooi

Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Tue Jan 28, 2014 5:23 am
by DWB
Rudi, dis mooi want dis eenvoudig.
Dis die geheim
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Tue Jan 28, 2014 3:34 pm
by rudib
dankie julle, ek love daai roer. lewens redder!!
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Feb 17, 2014 8:21 am
by Rommel
Hi Deon
Skuus ek kom eers effe laat by!
Ek het n quarter rib op my 404 laat sit-1stens hou ek persoonlik van n rib en 2dens- het folding leaves bygesit om op langer afstande n akkurater skoot kan plaas, 3dens- wou n 'mounting groef' op die kante van die rib sit om n red dot sight te kan opskuif oor my xpress sight vir varke skiet in die nag, wou nie graag te veel aan die aksie krap met basisse en gate en daai tipe goed nie. Na n bietjie rondspeel met die ekstra visiere kan ek nou raak skote gooi tot op 250m met oop visier en het al 300m skote gedoen. Nou wyd skiet met 404 en oop visier is nie ideal nie, maar op die Zambezi vloedvlaktes kos dit partymaal wyd gooi! So vir my het die rib met ekstra visiere handig gepas en hulle werk. OP die einde is dit n persoonlike keuse saam met jou eindelike doel vir jou roer. Elke persoon se normal jag omstandighede verskil. Ja, van die ribs lyk maar aardig en hulle is maar duur om by te sit, vir my was dit n besluit wat ek met myself uit redeneer het en was nog nie speit daaroor nie. Wat jy ookal besluit, rib of nie, geniet daai roer en sit hulle hard neer!
Groete.
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Feb 17, 2014 9:01 pm
by Gerhardu
Naand Almal.
DWB, as ek jou raak kan gee sit daai 1/4 rib op met leaf vesiere, 1 fixed en 2 folding. hulle werk baie lekker en jy kan rond speel om te kyk waar skiet elke leaf sight. As jy dit het, het jy dit. As jy dit nie het nie en jy wil dit gebruik sit jy met jou vinger in jou jasknoop. Go All Out!!!!
En vir die QD Ghost Ring sight van Brownells. Ek het een verlede jaar bestel en opgesit. Hy werk m@er goed al is ek jonk en het 20/20 visie. Jy sal nie spyt wees nie.
Hoop dit help.
Groete Gerhardu
Re: To Qaurter Rib or not to Quarter Rib...? Help hier
Posted: Mon Feb 17, 2014 9:11 pm
by DWB
Dankie vir die raad manne.
Ek het vir eers op die gewone visier basis besluit, maar ek het nog tyd om te dink, het juis een geweer waarna ek gou more wil gaan loer wat ek onthou 'n mooi Q-Rib op het.