Page 1 of 2

Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:07 pm
by Frikkiedbr
ek sny sommer iemand se gesig uit en plaas Myne sommer daar binne..

http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/impala-4b_zpse18c8cda.jpg

Een van die dae kan ek ook my storie saam julle deel.
Te danke aan Eugene, Carl, dankie :)

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:10 pm
by Polla1983
Great man!
Ek like jou 'vakmanskap' hierbo!

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:14 pm
by Jonie
Fantasties, ek hoop dit raak n full mount.

groete

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:15 pm
by Geno
Ek dog jy gaan blesbok jag? Nou sien ek hy is sommer opgradeer na bontebok toe.

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:16 pm
by Heinf
Hi Frikkie

Klink of jy jouself vreeslik gaan geniet .

Skree as jy back-up nodig het om jou regop te hou nadat die bok koors jou vat

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:17 pm
by Frikkiedbr
Nee wat sal maar net biltong word en so paar ander goedjies.
Geen dooie dier mag in die huis nie ++>:

Ag Geno, ek so opgewonde dat altwee dieselfde lyk op die oomblik >:D

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:46 pm
by Eugene
Geno wrote:Ek dog jy gaan blesbok jag? Nou sien ek hy is sommer opgradeer na bontebok toe.
Solank ek net nie die ou is wat daai fout maak en vir Frikkie sê om te skiet nie..... :-X

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:47 pm
by G-force
Hahaha Ou Frikkie ek hoop jy kan eendag by jou eie bok staan.Darem try jy al.

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:47 pm
by Frikkiedbr
Eugene wrote:
Geno wrote:Ek dog jy gaan blesbok jag? Nou sien ek hy is sommer opgradeer na bontebok toe.
Solank ek net nie die ou is wat daai fout maak en vir Frikkie sê om te skiet nie..... :-X
>:D sien hier kom 'n ding ++>: :o

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:49 pm
by Frikkiedbr
Ja nee G- Force as die Groot man daar bo my spaar sal ons daar wees en dit hier plaas.
Mens kan maar nou al droom

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 12:59 pm
by FCLoretz
Frikkiedbr wrote:Ja nee G- Force as die Groot man daar bo my spaar sal ons daar wees en dit hier plaas.
Mens kan maar nou al droom
Is dit nou van mamma af? >:+ >:+

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:04 pm
by Frikkiedbr
Nee glad nie, jy http://www.smileyvault.com/albums/forum/smileyvault-stirthepot.gif nou lekker Frederick :o

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:07 pm
by FCLoretz
Frikkie, ek doen wat ek goed doen http://www.smileyvault.com/albums/forum/smileyvault-stirthepot.gif.

Ok op 'n ernstige noot. Gaan jy jou vleis vir Robbie vat?

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:09 pm
by Frikkiedbr
Ja ek sal seker. Ken nie iemand anders nie.

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:13 pm
by FCLoretz
ken jy karee slaghuis?

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:52 pm
by Jakkalsgat
Frikkie

Net om jou reg te help, jou poging is om Rooibok suksesvol te jag en nie Blesbok of Bontebok nie.

Groete
Jaco

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 1:53 pm
by FCLoretz
Jakkalsgat wrote:Frikkie

Net om jou reg te help, jou poging is om Rooibok suksesvol te jag en nie Blesbok of Bontebok nie.

Groete
Jaco
Hahaha, Lekker lag ek nou.

Sover ek weet het Carl hulle nie eers blesbokke op die plaas nie.

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 2:01 pm
by FCLoretz
Frikkiedbr wrote:Geen dooie dier mag in die huis nie ++>:
Nou maar maak net so??!!??
1554414_10201077608015278_899956517_n.jpg

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 3:19 pm
by Frikkiedbr
Jakkalsgat wrote:Frikkie

Net om jou reg te help, jou poging is om Rooibok suksesvol te jag en nie Blesbok of Bontebok nie.

Groete
Jaco
OOO my Griet !!! :o Jy is dood reg Jaco OOPs, wys mens maar nou net weer aai die brein :o :-\

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 3:35 pm
by Frikkiedbr
Frederick dis is stunning http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/1554414_10201077608015278_899956517_n_zps3edde01f.jpg

Waar kan mens die kry??

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 3:51 pm
by FCLoretz
Nee Frikkie ek weet nie, het op Facebook gesien.

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 3:53 pm
by FCLoretz
Frikkie, ek sien jy het die foto verander!!

Hoekom is jou kop so uit porporsie uit.

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 4:06 pm
by Frikkiedbr
Jy het dit mos ge edit vir my LOL. :o
Ja die bok is nou die regte een en ja ek het nie 'n beter fototjie van Hoof nie :P

Die ware jakob sal die beste fototjie wees. So die een wat jy ge edit sal moet staan >:D

Re: Soo opgewonde...

Posted: Tue Jan 28, 2014 9:16 pm
by JPS
Frikkie,

Ek glo Robbie doen fantastiese werk met wildsvleis, mens hoef net na al die komplimente.op forum te kyk en jy sal sien.

FC het gevra oor Karee Slaghuis, ek neem al my wild wat ek vir eie gebruik laat verwerk na Rudolph toe by Karee en het nog nie een keer probleem gehad nie. Hulle is in Kempton Park en pryse is billik, as jy dit nie na Robbie toe kan maak nie.

Persoonlik sal ek nie weer wild na Coleman vat nie, net te veel kere al bloutjie geloop daar.

Mooiloop
JP

Re: Soo opgewonde...

Posted: Wed Jan 29, 2014 8:27 am
by Alwyn
JPS wrote:Persoonlik sal ek nie weer wild na Coleman vat nie, net te veel kere al bloutjie geloop daar.
Frikkie wil nou nie jou draad steel nie.....

Maar ek stem 120% saam met JPS oor bogenoemde.....

Het jy al n idee wanneer jy op die jag gan?

Dink ons moet n tour bus reel dan kom ons almal saam!!