Page 1 of 1
Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 11:45 am
by boogman
More.
So paar foto's van ons katte op die plaas.
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 11:47 am
by FCLoretz
Mooi katte,
Wat is nog alles op die plaas?
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 12:19 pm
by Jakkie 321
Mooi sal nie daar moelikheid gaan soek ni:)
Groette
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 12:43 pm
by boogman
FCLoretz wrote:Mooi katte,
Wat is nog alles op die plaas?
Weet nie of daar iets oor is nie...

Kry groot skade. Ons het laaste 2 jaar omtrent geen aanteel gehad nie.
Daai Leeu het 2 jonges wat leer by haar en hulle vang amper 3 keer 'n week... Tyd dat hulle 'n ander heenkome vind.
Gewone bosveld wild. Kameelperd, Koedoe, Eland, Gemsbok, Rooibok, BWB, Zebra, Waterbok, Hartbees, Duiker, Steenbok, Klipspringer ens
Desember oor die 100 Olifante gehad wat in 700ha kamp geloop het vir 2 weke.
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 12:48 pm
by Marc
Heng maar dis mooi groen daar, watter area is dit

Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 12:49 pm
by DWB
Nou watse plaas is hierdie

Vertel meer man!
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 1:02 pm
by Hilux01
Kyk net hoe loop o spikkel kat 8h50 in die oggend rond
My pa het laas jaar die voorreg gehad om een van die mnre, te voet, in die veld raak te loop terwyl ons gejag het
Weet nie wie het groter geskrik nie hy of die luiperd
Waar is hierdie boogman vertel bietjie meer
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 1:17 pm
by boogman
Marc wrote:Heng maar dis mooi groen daar, watter area is dit

Die groen die tyd van jaar is eerste keer wat ek dit so sien. Was baie geseen die jaar. Meeste reen nog gehad vandat oupa in die 1930's begin boek hou het.
Dit is familie plaas daar waar Zim, Botswana en SA bymekaar kom - Grens aan Mapungubwe.
Leeus kom deur as die Thuli Olifante oorkom en drade breek. Daardie *&%*^^ Landmark tipe makkers wat dink kol katte is skaars was lank laas daar noord gewees. Ons het permanent ten minste 3 verskillendes wat oor die plaas loop ongeag van die hoeveelheid papiere mens invul.
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 2:55 pm
by Marc
Dis vrek mooi wêreld daai, julle is bevooreg....dalk het ek eendag die vooreg om te kom help met die katte

Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 6:13 pm
by Kallie404
Hi Boogman,
Dis nie dalk die plaas Hackthorne nie ?? Lyk so.......
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 7:57 pm
by boogman
Is hy. Ken ons mekaar
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 8:19 pm
by Kallie404
Hang af wie jy is......

Ek glo nie oom Japie hang rond op Forums nie

Van my toue en ratchets le nog in die veld daar toe ek my olifant om moes dop .......

Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 8:26 pm
by boogman
Klein Wereld... Nee dink nie ons het al ontmoet nie- Dink jy was saam met Pa Japie? Was dit jou Olifant wat in krip geval het?
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 8:38 pm
by Kallie404
Ja-nee dis n klein wereld......is oom Japie jou pa?? Ek het my olifant naby die boskamp geskiet, agter die klip koppie by die bos kamp .
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 8:50 pm
by boogman
Ja Japie is my Pa. Die foto's bo is van die suiping daar by die boskamp. Ons het met die kinders daar gekamp Desember. Lekker om elke oggend die manne se spore oor joune daar te kry. Sal moet bymekaar kom op 'n stadium... :-)
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 8:53 pm
by DWB
Hopelik het julle gekamp met iets groter as 'n boog

Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Wed Feb 12, 2014 9:49 pm
by Kallie404
boogman wrote:Ja Japie is my Pa. Die foto's bo is van die suiping daar by die boskamp. Ons het met die kinders daar gekamp Desember. Lekker om elke oggend die manne se spore oor joune daar te kry. Sal moet bymekaar kom op 'n stadium... :-)
My genade, kan jy dit nou glo !! Stuur asb baie groete vir jou pa

. Ons moet verseker by mekaar uitkom em kuier !! Laat weet as julle weer op die plaas is, dalk skiet ek gou deur, darem nie te ver nie !!
Re: Paar Fotos van Katte op plaas
Posted: Thu Feb 13, 2014 11:21 am
by tau
Asemrowend!!!!! Ons hets elf lastige Luiperds hier by ons, maar hulle bly darem mooi.