Page 1 of 3
2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 8:38 am
by Evert
So my Jag seisoen het die naweek begin.
Het gaan kyk vir Takbok Ramme net buite Klerksdorp.
Die Mooi takbok ram is geskiet met 30-06 Blaser met Sako Hammerhead ammunisie
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Takbokklerksdorp_zps3b8cefda.jpg
Die Ram het 30m gegaan en 26" gemeet en 52kg uitgeslag
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 8:40 am
by sako 30-06
Baie baie mooi,ek's nou lekker jaloers.
Baie geluk.
Wat kos so mooi ram?
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 8:42 am
by PWV
Mooi, man!!
Hoop nie dit was 'n pensskoot nie
Groetnis
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 8:44 am
by henried
WOW!!!!!
KLERKSDORP, dis my home town, is daar sulke mooi takbokke daar .....

?
Baie geluk, ek hoop om eendag so mooi ram te skiet met die boog.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 8:53 am
by hunter74
Pragtige ram! Sal nie omgee om so `n een te skiet nie.
Vertel bietjie die storie.
Groete.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 9:18 am
by RUPERT
Is dit waar dat hulle se dat n takbok se vleis so lekker is?
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 9:33 am
by henried
RUPERT wrote:Is dit waar dat hulle se dat n takbok se vleis so lekker is?
Hy is soos skaap, volgens my. Jy moet die ramme net die regte tyd van die jaar skiet, nie in die rut nie dan is hulle vleis glo nie lekker nie.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 10:00 am
by Evert
Takbok jag is n moeilike storie want as jy hom te laat in die jaar skiet is al die mooi punte op die horings af gebreek. So Maart en April maand het ek uit gesit spesial vir takbok jagte. Die rut begin ook midel April maand dan begin die vleis ook af gaan. Hulle Rut vir so 4-6 weke maar in daai tyd verloor die ramme baie gewig. Hier by einde Mei begin die ramme weer aleen loop en nie saam die ooie nie. Maart en Februarie is die Takbokke op hul vetste. Meeste jagters wil hulle in die jag seisoen jag maar eintlik begin hulle jag seisoen baie vroeg in die jaar.
Ons het al die hierdie spesifieke ram begin beplan toe ons die ram se fotos gesien het toe hy nog n Velvet was so maand gelede. Die plaas waar ons hom gejag het is so 2km buite Klerksdorp en so 150ha groot, waar daar niemand op gejag het nie. Dis maar n dag jag gewees en ons het die oggen d by mekaar gekom en begin soek op die plaas. Die eienaar het aangedring om saam te gaan en bestuur. Ek het my arme bakkie jammer gekry en het gestop vir geen ander wild as die takbokke nie. Met die het ons darem Blesbokke, Springbokke, Rooibokke, Nyalas, Gemsbokke en Rooihartbeeste.
So 9:00 se kant het ons die ramme gewaar waar hulle onder n boom gele het. Daar was 4 ramme in Totaal die mooi een met die palms, n ander groot ram wat baie lang geweie gehad het +- 28” maar geen palms nie asook n “Spiker” ram en Jong ram wat begin geweie groei. Hulle het ons gewaar en weg gehardloop, na n vinnige stalk het ons hulle weer gekry, maar geen skoot nie. Weer gestalk en hy het n skoot op +- 100m geoffer. Die klient het geskiet waar hy amper “Qauter to” gestaan het en die skoot was bietjie agter gewees maar darem albei longe en n deel van die pens geraak het. Die ram het nie ver gegaan nie en deur die verkyker kon jy duidelik die uitgangs wond sien.
Die ram is seker die vetste takbok wat ek nog ooit gesien het en hy gaan bewerk word soos n skaap sale en aand n paar chops braai en laat weet hoe proe hulle.
Takbok jag bly bitter lekker omdat hulle sulke slim diere is, hulle is nie soos rooibokke en Blesbokke wat hardloop as hulle weet iemand is op hulle spoor nie. Hulle sam in digte bosse gaan le en wag tot jy 2m van hulle af is en dan opspring.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 10:05 am
by Evert
Die spesifieke ram n Februarie maand afgeneem in Velvet
Jammer oor die swak kwaliteiet foto.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/IMG-20140214-WA000_zps43846676.jpg
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 10:09 am
by Naas1
Baie mooi bok, geluk
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 10:14 am
by WILLEBEES
Jis ou maat - ek is lekka jaloers hoor!
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 12:43 pm
by Wilhelm Schultz
Middag manne.
Ek het self Saterdag vir Bambi raakgeloop. Seker so 15 minute se ry uit Durbanville uit. Op 'n wingerd- en olyfboer se plaas gaan "varmint control" doen, aangesien die takbokke die manne se olyf bome opvreet, en ook groot skade in die wingerd maak.
Het hom so op 200 meter met die 30-06 gepiets baie laat saterdag middag. Toe die bakkie gehaal was en ons by die bok uitgekom het, was dit al donker gewees! Ek het hon gevang toe hy die wingerd staan ek opvreet het. Hy het nie 5 tree geloop voordat hy neergesak het van 'm hart skoot nie.
Het hom afgeslag die aand, maar dit lyk vir my meer na 'n persie skaap as 'n Takbok! Daar is omtrent so 3cm se vet onder die vel!
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 12:48 pm
by Kallie404
Mooi bok Evert !!
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 1:05 pm
by Hugo
Bai emooi bok Evert,
Eks bly Conrad het reggekom, hyt my saterdag daai foto gestuur, hys baie trots.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 03, 2014 4:26 pm
by Roger
Baie baie mooi
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 10, 2014 9:53 am
by Evert
Ons het vrydag weer Takbokke gaan jag op Belfast.
Was baie nat en moes eerder n Rubberduck en Spear Guns gebruik het.
Nuwe respek gekry vir n Cruizer.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/TakbokBelfast_zps79b4c9ac.jpg
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 10, 2014 10:03 am
by hunter74
Baie mooi bok ook. Geluk.
Groete.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 10, 2014 3:06 pm
by Christo J
Pragtig, baie geluk. Moet se daai fotos wat julle neem is PUIK!! Doen julle boogjag ook?
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 10, 2014 3:18 pm
by henried
Baie mooi takbok, geluk aan almal.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:11 am
by Evert
Sondag n mooi Blouwildebees bul geskiet van 27.5" en 148kg
Veld is nog baie ruig wou nog Bosbok en Rooibok ook skiet.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Blouwildebees_zps5f45f91b.jpg
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:13 am
by Roger
baie geluk!!
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:59 am
by hunter74
Baie mooi. Geluk.
Groete.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 31, 2014 12:10 pm
by Evert
Die naweek het ek vir Lourens Kilian en Andre Coetzee uitgevat om 2 Nyala bulle te skiet op Waterpoort-Limpopo.
In elk geval nie die 2 Nyalas gekry nie, want die veld is nog hopeloos te ruig.
Van daar af na Alldays waar ons gaan kyk het na n nuwe konsesie om te jag +- 10 000ha Tusen Alldays en Pontdrif.
Dis nog donker Afrika daar waar jy tusen Olifante, leeus en Luiperds jag en elke aand die gevlekte Hyenas om die kamp hoor.
Andre het hierdie 22 3/4" Rooibok Ram met sy Remington 308 geskiet
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Rooibok-Alldays_zps81694831.jpg
Lourens het hierdie mooi Blouwildebees met 7mm-08 geskiet
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Blouwildebees2_zpsd89f8a57.jpg
Was n harde jag met die baie reen die afgelope tyd maak dit enige jag baie moeilik
Die midag het ons op die Olifant Koei en haar kalf se spore af gekom was seker vroeg die oggend gewees want mens kon nog die vars mis sien asook oral die Mopanie takke wat hulle gebreek het
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Olifantspoor_zps6ad304d5.jpg
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 31, 2014 1:52 pm
by win270
Waar is die foto's? Sal graag wil sien.
Re: 2014 Jag Seisoen
Posted: Mon Mar 31, 2014 4:40 pm
by win270
Pragtig!! Hoeveel het hulle onderskeidelik uitgeslag?