Page 1 of 1

Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 12:36 pm
by Dolf014
Om alleen te jag is soms lekker, veral as jy "walk en stalk" maar as die son sak en die vuur brand soek 'n man pelle rondom jou.

En om fotos te neem terwyl jy alleen in die veld is, was die naweek weer vir my 'n gesukkel.
Wan tjy as jagter sit mos nie agter die bok om sy kop mooi in possisie te hou nie (tensy jy 'n tripod vir die kamer het). Of daar waar jou bok lĂȘ; is daar nie 'n tak of 'n bees miskoek om die bok se kop te support nie.

Glo my ek kla nog steeds nie!! ;D

Ek het die naweeek spesifiek probeer om die fase van die pronk op die fotos te vang.
SpringbokB2.jpg

Re: Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 12:40 pm
by Dolf014
Vegewe my onkundigheid met die foto's se kleiner maak.

Wat is daai program se naam nou weer; pixicer of so iets. Help my asb.

Re: Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 1:20 pm
by win270
Dit was 'n perfekte skoot - geen of byna geen vleisskade nie. Ammunisie en afstand?

Een van die programme is natuurlik PhotoShop.

Re: Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 1:24 pm
by FCLoretz
Daar is baie oulike tripods wat klein en gemaklik is om saam jou in die veld te dra.

Al die kameras, tot jou selfoon, het 'n self timer opsie ingebou wat jou 10 sekondes gee vandat jy die shutter button gedruk het tot wanneer die foto geneem word. Dit sal jou genoeg tyd gee om 2-5m te "draf" en in posisie te kom om self in die foto te wees saam jou mooi trofee bok.

Re: Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 2:27 pm
by Dolf014
Afstand; 95 meter(na 15minute bekruip, gelukkig het die wind my gehelp)
Ammo; 150gr Hornady interlock.

Die wond op die nek is waar die koel uit gegaan het. Die koel is net onder die linker oog in.

Re: Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 2:31 pm
by FCLoretz
Dolf,

Net nog 'n voorstel, wanneer jy jou foto's neem, probeer om laer te kom en dan die foto te neem. Sit op jou hurke, Le op jou maag. Dit help dat die foto mooier vertoon. Dit is nie altyd moontlik nie en soms wil jy nie met die agtergrond wat jy het, die betrokke agtergrond in jou foto he nie.

Daar is niks mooier as 'n foto van 'n pragdier wat teen die horison uitstaan met baie blou lug om die foto daai iets extra te gee nie.

Re: Alleen jag >< Foto's neem

Posted: Mon Mar 24, 2014 3:33 pm
by PWV
Almal agter die tyd. ??? Het julle nog nie van 'selfies' gehoor nie?