Page 1 of 1

My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 11:06 am
by Braamgr
Manne ek het die naweek kans gehad om 'n Vaalie te gaan jag daar by Dawie Naude naby Lady Grey.

Ek weet nie of ek moet se ons was gelukkig om die bokkie teen die voet van die berge te kon kry nie, want dit het na een groot klim gelyk tot heel bo as ons daar moes gaan jag het.

Die Vaalie (8 en 1/2 duim) is geskiet op 226m wat deur Dawie gerange is. Het hom met die 6.5CM geskiet

Ons het later die middag die Blesbok (18duim) ook gejag, want anders was my jagnaweek darem net te vining verby gewees.

Het sommer klaar 'n takbok vir volgende jaar by hom geboek.

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 11:11 am
by Nickvn
Dit is nou n mooi vaalie daai. Baie geluk

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 11:17 am
by Zack Benade
Baie geluk Braam

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 11:19 am
by WILLEBEES
Jis Braam daai blessie ook nie te shabby nie hoor!

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 12:00 pm
by Evert
Hi Braam

Baie mooi Vaallie daardie, dis nie al dag laat mens so geleentheid kry nie.

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 12:07 pm
by GreyGhostGear
Baie mooi en baie geluk!
Vaallie ook op my lysie die jaar..

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 12:21 pm
by hunter74
Baie mooi bokke daai , baie geluk.

Eendag as ek groot is.........

Groete.

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 12:35 pm
by Marc
Baie geluk !

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 12:37 pm
by win270
Wat het jy betaal vir die onderskeie bokke?

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 12:39 pm
by Braamgr
Vaalie R4500

Blesbok op n ruil transaksie, hy kom weer later die jaar by my jag :-)

Groete

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 1:06 pm
by OMarais
Netjies, geluk!

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 1:11 pm
by Carl
Baie mooi trofee en mooi fotos. Lekker as jy die horings so teen die blou lug kan kry.
Braam, is dit jou kamera? Indien wel vat hom bietjie in vir 'n sensor skoonmaak. Daai swartgoed so teen die blou lug is 'n vuil sensor en maak afbreek aan jou fotos ;-)

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 1:24 pm
by win270
Steeds mooi afgeneem. Die vaalribbok se biltong is seker maar vinnig op, ne? Daardie blesbok se vel kan jy gerus laat brei en vertoon dit ook iewers waar mense dit kan waardeer.

Groete

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 2:27 pm
by Koos Barnard
Baie geluk met die mooi bokke. Ek ken vir Dawie Naude goed en het ook al daar by hom gejag. Lekker wereld en werklik aangename mense hy en sy vrou Louwtjie. Dawie was ook 'n lekker senter op sy dag, het SA Skole of SA 0/20 gespeel, kan nie meer so goed onthou nie. Kontak hom gerus, julle sal lekker jag daar.
Mooi loop

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 2:57 pm
by Braamgr
Jip Koos, hy het my vertel dat julle saam gejag het.

Baie oulike mense, sal elke jaar daar gaan jag as ek kan. Dink hy se hy het nog twee naweke oop.

Re: My Vaalie jag die naweek

Posted: Mon Mar 31, 2014 4:44 pm
by ROBBIE1
Baie mooi, het jy hom gemeet?

Baie geluk!