Page 1 of 25

Stilste silencer

Posted: Mon Apr 14, 2014 8:09 pm
by Roberto
Naand manne

Ek het die afgelope tyd bietjie toetse gedoen met verskillende silencers op my 22-250.
Ek gaan geen name noem nie,maar baie dankie vir almal se berydwilligheid om saam te
werk.Ek kan met BAIE groot gemak noem dat Henk Viljoen (Silent Hunter) verseker een
van die beter silencers is wat beskikbaar is.Ek reken die Silent Hunter is die stilste en
verseker die beste waarde vir geld.Indien jy opsoek is na 'n silencer kan jy regtig op
Henk se nommer druk.Hierdie is verseker nie 'n advertensie nie,dog ek deel dit maar
net met julle,want ek het lank gesoek en gesukkel.

Groetnis.

Re: Stilste silencer

Posted: Mon Apr 14, 2014 8:14 pm
by immelmanw
Roberto wrote:Naand manne

Ek het die afgelope tyd bietjie toetse gedoen met verskillende silencers op my 22-250.
Ek gaan geen name noem nie,maar baie dankie vir almal se berydwilligheid om saam te
werk.Ek kan met BAIE groot gemak noem dat Henk Viljoen (Silent Hunter) verseker een
van die beter silencers is wat beskikbaar is.Ek reken die Silent Hunter is die stilste en
verseker die beste waarde vir geld.Indien jy opsoek is na 'n silencer kan jy regtig op
Henk se nommer druk.Hierdie is verseker nie 'n advertensie nie,dog ek deel dit maar
net met julle,want ek het lank gesoek en gesukkel.

Groetnis.
Die stilste wat ek nog gehoor het was die een wat Hennie Breytenbach mee Veldskiet - Tewis van Oudsthoorn.
Let wel, ek se nie dit die beste nie, dis amper om soos van die helderste teleskoop te praat.........dis maar een van tien goed wat moet regloop!

Re: Stilste silencer

Posted: Mon Apr 14, 2014 8:20 pm
by Swys14
ek reken die groot Terminator kom naby

Re: Stilste silencer

Posted: Mon Apr 14, 2014 8:22 pm
by Roberto
Met watse kaliber het Hennie geskiet?

Re: Stilste silencer

Posted: Mon Apr 14, 2014 8:32 pm
by Heinz Petersen
Het iemand al met die Moose kd tedoen gehad.
Ek self het nog net gehoor van hom by n vriend van my.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 12:16 am
by immelmanw
Roberto wrote:Met watse kaliber het Hennie geskiet?
243 Win, Savage VLP

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 6:56 am
by Frikkie Coetzee
Hoe het jy hom getoets?

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 6:59 am
by BRNO (Pierre)
Swys14 wrote:ek reken die groot Terminator kom naby
Swys, ek het my groot terminator verruil vir die een van henk, omdat hy so groot en swaar is. Die nuwe Silent Hunter weeg 500gr in vergelyking met die 810gr van die terminator. dit maak verseker n helse verskil in die guns van die SH.

Ek moet wel saamstem dat die terminator n goeie KD is. Ek het ook ondervind, en dit is nou maar so met die oor gemeet, dat die nue SH se "blast" wat mens by die tromp hoor, tog ook sagter/ stiller is as die terminator.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:06 am
by Armand Steenkamp
Mute Phantom is op die staduim die stilste demper wat ek al ooit gehoor het. Ook maar net met die oor geluister maar daar was dam n reedelike verskil.

Groetnis

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:33 am
by Geno
Ek het die volgende kd's al gebruik:

Terminator (besit 4 van hulle)
Huntbuddy (Besit 1, en het 1 weggegee)
Aimzonic (het 1 op langtermyn toets)
A-Tec (het 1 op toets)
Nightro (het al getoets)
Numenor (my jagpartner het 1)

Stilste van die lot is Nightro. Dis nou volgens my oor.
Daarna is AimZonic, dan A-Tec, dan Terminator en Numenor omtrent gelyk, en dan die Huntbuddy.

Ons is in die proses om 'n decibel-meter te source sodat ons 'n ordentelike toets kan doen.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:41 am
by Armand Steenkamp
Dit sal intresand wees om al die top dempers met n decibel meter te toets! Geno probeer tog ook n Mute Phantom in die hande kry.


Groetnis

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:46 am
by Geno
Pel van my het 'n Mute Phantom. Sal hom sĂȘ om saam te kom.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:51 am
by Armand Steenkamp
Nee maar dan is dit mooi! Laat weet as julle die toets klaar gedoen het!

Groetnis

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:55 am
by Eugene
Ek het 'n Nightro, Oom Barney Alu KD, KooDoo en 'n KD wat ek by Paul Notnagel gekoop het. Van die lot is die KooDoo loshande die sagste, maar ook loshande die langste en lompste met sy 400mm lengte. Het ook een van Henk se nuwes bestel, omdat ek iets soek wat korter en ligter is vir loop en jag. Die Nightro is vir my 6.5 en ek kan regtig nie fout vind daarmee nie, baie sagter en verminder die recoil genoeg dat ek van 300m af self my skote kan "spot".

Sal baie interessant wees om die uitslae van die db-toets te sien. Wat ek gesien en gehoor het van Henk se nuwe KD, kan dit dalk net vir 'n verrassing of twee sorg.... ;)

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:04 am
by Jean Marais
Die maatstaf van die toetse sal sekerlik wees dat almal getoets word met dieselfde geweer/kaliber???

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:11 am
by Geno
Jean Marais wrote:Die maatstaf van die toetse sal sekerlik wees dat almal getoets word met dieselfde geweer/kaliber???

Nie noodwendig nie. Resultate sal die persentasie wees wat klank gedemp word teenoor geen KD.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:15 am
by tau
Jean Marais wrote:Die maatstaf van die toetse sal sekerlik wees dat almal getoets word met dieselfde geweer/kaliber???
+1 en dan funksie van die demper. My pa se 7mm is sagter as myne. MAAAAAAR hy het een helse Erwee Basson een op aangesien hy net vanaf die bakkie skiet, terwyl my geweer met die Hunt buddy steeds gemaklik stap en jag reg is.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:38 am
by Beretta
Wie verkoop hulle

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:49 am
by Geno
Beretta wrote:Wie verkoop hulle
Gerrit Stander.
Jaracal usernaam: nightro suppressors
http://www.jaracal.com/memberlist.php?m ... ile&u=5767

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 9:29 am
by Dawie Malan
+1 Nightro

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 11:55 am
by bullseye
Waar kan n mens n foto kry van NIGHTRO ? afmetings en gewig.Vertel asseblief meer van die nightro.

Bullseye.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 1:25 pm
by RUPERT
Ek het twee weke terug gaan jag op swartwater.Die betroke plaas bedien baie Internasionale jagters so die mense het baie te doen met jagters en hulle verskillende calibers.

Ek en n friend van my het altwee 30.06 met Henk se Reflex silencers op.Die PH het gesit en wag dat ons nou die skoote moet skiet op die skiet baan voor ons bos toe is en hy het om gedraai en gese dat hy het gedink al die silencer stories net nog n bog storie is.Die man kon sy ore nie glo nie en was n 100% oortuig dat die silencers werk.

Toe gee ek die man drie skote met my geweer sodat hy kan voel wat maak die Reflex aan die recoil.Weer eens was hy geskok.

Ek moes n skoot op n Eland vat so 40m van my af en wil herken ek kon duidelik sien aan die Eland trop na die skoot geloop het dat hulle nie weet waar die skoot vandaan gekom het nie.Hulle het vir so paar sekondes gemaal en toe eers hardloop hulle weg.

My friend vertel my hy het ook dieselfde beleef toe hy sy Eland skiet maar sy PH het nog vir hom gese,Soek jy nog een want hulle bly staan hulle het nie gehardloop nie.

So of Henk se silencer nou die sagste is of nie ek weet net dit is n M*&RSE goeie silencer.

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 1:26 pm
by Swys14
BRNO (Pierre) wrote:
Swys14 wrote:ek reken die groot Terminator kom naby
Swys, ek het my groot terminator verruil vir die een van henk, omdat hy so groot en swaar is. Die nuwe Silent Hunter weeg 500gr in vergelyking met die 810gr van die terminator. dit maak verseker n helse verskil in die guns van die SH.

Ek moet wel saamstem dat die terminator n goeie KD is. Ek het ook ondervind, en dit is nou maar so met die oor gemeet, dat die nue SH se "blast" wat mens by die tromp hoor, tog ook sagter/ stiller is as die terminator.
ja nee hy werk, dis net sy gewig wat teen hom tel...na die tweede dag in die veld is dit nie meer krieket nie... :)

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 3:10 pm
by tau
So amper op dieselfde topic. Dink julle silencers gaan die norm raak in die jag bedryf? Ek en my ore geniet dit baie, net die bokke wat nie so bly is nie. Geno het jy nog die clip van die Numenor silencer wat so vreeslik stil is?

Re: Stilste silencer

Posted: Tue Apr 15, 2014 3:22 pm
by bullseye
Ludwig baie dankie vir foto kort nou net gewig en lengte en as ek reg verstaan kos hulle so R2000.

Groete
Bullseye.