Page 1 of 1
Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 8:41 am
by tau
Dit val my gister by ek het my pistool lisensie gekry so maand terug, maar het nooit soos met my haelgeweer en geweer 'n bevoegdheids kaartjie gekry nie. Want by die pistool het ek semi-auto ook gedoen. So daarvoor het ek nou geen bewyse, terwyl my pistool lisensie darem seker dien as bewyse van my pistool bevoegdheid.
My .375 is na 15 maande steeds nie op die CFR sisteem nie, maar ek het 'n lisensie kaartjie en die wapen.......
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 8:48 am
by Carl
Nee jy kry nie meer bevoegdheids kaartjie nie. Die beginsel is jy kannie 'n lisensie kry as jy nie bevoeg is nie, so as jy lisensie het is jy bevoeg. Die bevoegdheid gaan ook saam met daardie lisensie, 5 jaar vir SD dan moet jy al 2 hernu.
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 8:49 am
by Antonie
Hallo Tau,
Nee jy kry nie meer ’n bevoegdheids kaartjie nie, hulle speel sommer op ’n desktop printer vir jou ’n A4 bladsy die nodige dokumentasie uit.
Ek het my bevoegdheids "brief" gekry maar is my wapen gewyer.
Nou wag ek vir die rede hoekom ek nie die wapen mag besit nie en ek sukkel om dit uit hulle uit te kry!!??
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 8:57 am
by mariusr
Was gister daar om my handwapen te hernu kan nie glo 5jaar is al verby! Nee kry nie meer die bevoegdheids kaartjie nie gee jou net so A4 uitdruk vir nuwe aansoeke.My bevoegheids kaartjie bly glo geldig tot my jag gewere in 2018 moet hernu?
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 10:28 am
by tau
Baie dankie manne. Ons DPO het twee weke terug bedank en is vervang met 'n dame wat nie werklik wil help of kan help nie. EK is nou maar klaar wapens gekoop.
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 11:00 am
by Carl
tau wrote: EK is nou maar klaar wapens gekoop.
Openbare forum, vrou kan dit lees!

Nee man trek net na 'n beter DVO.
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 11:13 am
by mariusr
tau wrote:Baie dankie manne. Ons DPO het twee weke terug bedank en is vervang met 'n dame wat nie werklik wil help of kan help nie. EK is nou maar klaar wapens gekoop.
Stem saam tau ek is ook klaar sien nie meer kans vir die nonsens nie!

Het al klaar begin om my gewere vir my seuns te gee dan kan ek hulle darem nog gebruik as ons gaan jag!
Re: Kry mens nog bevoegdheids kaarjie?
Posted: Tue Apr 15, 2014 12:23 pm
by tau
Carl wrote:tau wrote: EK is nou maar klaar wapens gekoop.
Openbare forum, vrou kan dit lees!

Nee man trek net na 'n beter DVO.

Blink plan.