Page 1 of 1

Johans se fotos

Posted: Wed Apr 16, 2014 12:20 pm
by Geno
Johans sal self die storie kom vertel.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Johans/1.jpg
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Johans/2.jpg

Re: Johans se fotos

Posted: Wed Apr 16, 2014 12:56 pm
by johans
dankie geno.die kat wat ek hier vashou is in die vanghok gevang.die trailcam foto is geneem toe die kat reeds in die hok was so.(die kamera is op die hok gerig hoewel jy hom nie met n nag foto sien nie)ekt die kat die nwk gevang en die ander een het blykbaar kom ondersoek instel.die een op die trailcam foto lyk heelwat groter,kan dit die wyfie wees of is dit bloot n kat wat uit nuuskierigheid kom kyk het?

Re: Johans se fotos

Posted: Thu Apr 17, 2014 6:04 am
by Henry 7

Re: Johans se fotos

Posted: Tue May 06, 2014 7:22 pm
by Geno
Nog van Johans se fotos.
IMG-20140506-WA0035.jpg
IMG-20140506-WA0034.jpg

Re: Johans se fotos

Posted: Tue May 06, 2014 7:38 pm
by johans
dankie weereens geno.hierdie 2 katte het voor die hok omgedraai waar ek die vorige kat 3weke terug gevang het.op die 2de foto kan jy sien die kat is voor die hok maar wil nie ingaan nie,wat sal hom afskrik?ekt catnip,n cd aan n lyntjie wat draai en van peter sneeucluth se lokmiddel in die hok

Re: Johans se fotos

Posted: Tue May 06, 2014 7:51 pm
by cassie_calvinia
het hy nie dalk vir die kamera geskrik nie??

Re: Johans se fotos

Posted: Tue May 06, 2014 8:15 pm
by johans
cassie_calvinia wrote:het hy nie dalk vir die kamera geskrik nie??
ek dink nie so nie,die kamera is aan die oorkant van die paadjie waar die hok staan en staan al 2mde daar.hy maak ook nie n flash wat jy met die oog kan sien nie

Re: Johans se fotos

Posted: Sun May 11, 2014 8:05 am
by Jakkie 321
Is die hok nie te oop nie,miskien die hok n bietjie toe maak aan die kante met takke, as die kat regdeer die hok kan sien sal dit vir hom soos n tonnel lyk waar hy kan deer loop, vis of vis meel werk ook baie goed om hulle in te kry.

Groette

Re: Johans se fotos

Posted: Mon May 12, 2014 3:37 pm
by BRNO (Pierre)
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/235.jpg

Re: Johans se fotos

Posted: Mon May 12, 2014 4:55 pm
by johans
dankie pierre.ekt hierdie fotos geplaas vir die 2 mense wat my storie volg,dis dieselfde 2 katte wat op die kamera was.vanoggend kry ek altwee sit in een hok,lyk soos die ma en kind

Re: Johans se fotos

Posted: Mon May 12, 2014 5:06 pm
by BRNO (Pierre)
Lyk darrem mooi as hulle so hang! Goed gedoen Johan. Bly die twee skademakers is uit jou lewe uit. Nou is daar ongelukkig weer plek vir twee nuwes.

Re: Johans se fotos

Posted: Mon May 12, 2014 5:27 pm
by Chrisjan
Dis mos nou hoe dit gedoen word, instede om heel aand te ry en hulle in die rante te soek, kom hulle na jou toe.

Wel gedaan.

Re: Johans se fotos

Posted: Mon May 12, 2014 5:49 pm
by johans
Chrisjan wrote:Dis mos nou hoe dit gedoen word, instede om heel aand te ry en hulle in die rante te soek, kom hulle na jou toe.

Wel gedaan.
crisjan ek moet se die trailcams het hulself klaar betaal,as dit nie vir hulle was wat my gewys het daar is nog katte oor nie het ek al die hok geskuif