Page 1 of 1

CFR is deurmekaar.

Posted: Wed Apr 16, 2014 4:00 pm
by hencohugo
'n Kollega van my het 'n 38 rollie en sy vrou het 'n 9mm pistool. Hulle besluit toe om te ruil en doen toe aansoek vir mekaar se wapens. CFR keer toe sy aansoek goed en sy vrou se aansoek af, want sy besit reeds 'n selfverdedigings wapen. Nou het hy twee wapens wat onder selfverdediging gelesensieer is. Hoe werk die mense se storie? Lekker "stupid".

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Wed Apr 16, 2014 4:56 pm
by Fanta300
Net in Suid Afrika ::)

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Wed Apr 16, 2014 5:01 pm
by mariusr
Ai toggie! :laugh: :): :o :o

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Wed Apr 16, 2014 5:05 pm
by G-force
Ek dink hul moes net aansoek doen vir n "dual licence" vir albei lisensies.Dalk sou die CFR dit verstaan het.

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Wed Apr 16, 2014 5:13 pm
by Nickvn
G-force wrote:Ek dink hul moes net aansoek doen vir n "dual licence" vir albei lisensies.Dalk sou die CFR dit verstaan het.

Nee dit werk ook nie by hulle nie. Het dit twee keer probeer en twee keer het hulle dit op gemors. Dit nadat ek met n Col daar gepraat het en verduidelik het wat ek wil doen. Hy het toe vir my gese hoe ek die aansoek moet doen, maar dit het ook nie gewerk nie. In plaas om my seun ook n lisensie te gee op my 30-06 het hulle nou die geweer op sy naam gesit en van my naam afgehaal. ::) :-[

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Wed Apr 16, 2014 5:21 pm
by G-force
Ai man wat kans mens se behalwe niks nie?

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 6:14 am
by Alwin
Ai!!!

Sy moet maar net weer aansoek doen. Gaan die aansoek deur en gradeer op waar moontlik. Dalk beland hy die keer op iemand anders se lessenaar, wat kan lees/nie hoofpyn het nie/in 'n beter bui is.

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:21 am
by BRNO (Pierre)
Nickvn wrote:
G-force wrote:Ek dink hul moes net aansoek doen vir n "dual licence" vir albei lisensies.Dalk sou die CFR dit verstaan het.

Nee dit werk ook nie by hulle nie. Het dit twee keer probeer en twee keer het hulle dit op gemors. Dit nadat ek met n Col daar gepraat het en verduidelik het wat ek wil doen. Hy het toe vir my gese hoe ek die aansoek moet doen, maar dit het ook nie gewerk nie. In plaas om my seun ook n lisensie te gee op my 30-06 het hulle nou die geweer op sy naam gesit en van my naam afgehaal. ::) :-[
Nick, kan jy onthou ek het jou gekontak toe ek vir my vrou se 308 ook vir dual license aansoek gedoen het, kon ek nie verstaan hoekom gee hulle vir my n print out op papier, en julle kry beide kaartjies nie? Dit verklaar dan seker daai vraag. Hulle bly maar imbisiele.

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 8:48 am
by Hugo
My een vriend se vrou het vir haar 'n pistool gekoop. Paar maande later is die lisensie goedgekeur, toe hulel hom gaan haal toe is hy reeds opgelaai deur sy nuwe eienaar, na n lang storie sien hulle het die CFR twee lisensies op dieselfde wapen en serial nommer uitgereik.

Wapenwinkel se skuld?

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 9:13 am
by mariusr
Weet nie hoekom maak hulle die wet meer eenvoudig nie? My vriend in NZ vertel my daar word die persoon gelisensiieerd nie die wapen nie! bv. Jy kry lisensie vir jag geweer ,handwapen of haelgeweer.ens. As jy nou net lisensie vir jag geweer het mag jy net jag geweer besit maar wat lekker is jy kan enige jag geweer kaliber koop met jou lisens en uit stap by die winkel met hom!

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 9:38 am
by vriell
Dis eintlik hartseer ! Sit juis nou met ander "sake" ook wat reggestel moet word met ander instansies..SARS , MEDIESEFONDS,ICASA ens. En is bloot onbevoegdheid van die persone wat daarmee werk. Baie frustrerend !!! Veral as mens weet die fout lĂȘ by hulle.

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 3:27 pm
by Nickvn
BRNO (Pierre) wrote:
Nickvn wrote:
G-force wrote:Ek dink hul moes net aansoek doen vir n "dual licence" vir albei lisensies.Dalk sou die CFR dit verstaan het.

Nee dit werk ook nie by hulle nie. Het dit twee keer probeer en twee keer het hulle dit op gemors. Dit nadat ek met n Col daar gepraat het en verduidelik het wat ek wil doen. Hy het toe vir my gese hoe ek die aansoek moet doen, maar dit het ook nie gewerk nie. In plaas om my seun ook n lisensie te gee op my 30-06 het hulle nou die geweer op sy naam gesit en van my naam afgehaal. ::) :-[
Nick, kan jy onthou ek het jou gekontak toe ek vir my vrou se 308 ook vir dual license aansoek gedoen het, kon ek nie verstaan hoekom gee hulle vir my n print out op papier, en julle kry beide kaartjies nie? Dit verklaar dan seker daai vraag. Hulle bly maar imbisiele.

Ja nee ek onthou goed. Ek het gedink dit is hoe dit werk soos die Col. daar in Pretoria my gese het. Baie in my skik want ek en my seun het altwee lisensies kaartjies vir die .270 en 30-06. Toe ek weer aansoek doen vir my nuwe geweer kom ek agter dat hulle dit opgeskroef het. Jammer vir die verkeerde inligting wat ek jou gegee het. Groete

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 3:31 pm
by BRNO (Pierre)
Nee wat. Twee jaar of wat terug was dit maar n gemors, en vir baie mense n nuwe ding. Nou is dit steeds n gemors >:D

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 3:50 pm
by tau
Ek het self gister en vandag gesit met so oepsie. My .375 by Safari gekoop in Nov 2012 en aansoek was 48dae later by my.... ek haal die wapen af by hulle en gebruik wapen. Wou laasjaar 'n uitvoer permit vir wapen kry om te gaan jag, maar hy was nie op my naam op die stelsel nie. Pla my nie te veel en hulle se hulle sal regmaak. Gister gaan doen ek weer aansoek vir uitvoer permit en vat somer .375 se lisensie saam om the kyk wat dit nou op die CFR sisteem se........ Wapen onder klas 29 geregistreer wat blykbaar polisie en weermag wapens of iets is. So ek sit met die kaartjie en die stelsel wys ek het aansoek gedoen, maar dit is dit. So as ek my lisensie kaartjie verloor het ek groot bollie. Hulle gaan nou weer probeer om dit op my naam te sit.

Re: CFR is deurmekaar.

Posted: Thu Apr 17, 2014 7:56 pm
by Louis Kriel
Affirmative action in action!
As makelaar het ek altyd die hoogste agting en respek gehad vir PPS en het al my professionele kliente daar verseker want ek het nooit probleme met eise daar gehad nie. Sukkel nou al drie maande om n siekte eis vir n veearts uit te betaal want ene Mokoena werk met die eis!