Page 1 of 1

Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sat May 10, 2014 11:00 pm
by Esonra
Net na ete kry ek n oproep van n buurman -- "Een van jou ramme is uit die kamp, net gedink ek moet jou gou se" Ek vra hoe doennig is die steekvliee? " Nee wat hulle was nie so erg vandag" kom die antwoord. Ek ry gou Oom. Dankie.

Dit is toe dat die vinnigste voertuig op die erf opgesaal word en toegerus word met die 300 Weatherby genoeg eetgoed vir een aand en die 305km word sommer net so oor die twee en n half ure afgejae. Voor die huis nog oop gesluit word, word die quad al aan die gang gesit, moet gou warm loop en dan begin die soek na die rondloper. Daar is nie baie daglig oor nie en ek moet nog n entjie ry. Deur die tweede hek gewaar ek hom in die leegte, ja dit is meneer rondloper. Nou stadig en geduldig nader alles in my guns wind in die gesig stadig teen n slakke pas kruip die quad voort. Rangefinder se nog niks, so nog so bietjie nader en so waar hy stap reg op my af en ek bestuit ek wag net hier vir hom, kom meneer kom.

Na so n paar minute se geduldige wag se Burris teleskoop 250m, 230, 215 dit is toe dat ek die slot toe druk en meneer het nog niks gewaar nie, met die kruishare op die kop wag ek. Die Burris wys nog so een kolletjies onder die horisontaal en 205m. Kom staan bokkie, staan, sal maar fluit en dit werk, hy tel sy kop op, staan n oomblik maar voor ek kon ....... maak hy n omkeer, hy moes my gewaar het hy stap stadig weer weg van my af, sal maar hoog op die nek vat Burris se 211m en ek raak die sneller.........

Die springbok ram het vir die laaste keer drade gespring.
quad klein.JPG

Re: Steekvlieg

Posted: Sat May 10, 2014 11:28 pm
by Esonra
Vlieg .jpg

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 7:36 am
by Jakkie 321
Netjies gedoen daar, waar is die plaas, neem nog so paar fots#os van die quad se skiet arm asb.

Groette

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 8:49 am
by Esonra
Goeie more Jakkie

Ek sal as ek weer op Koekenaap op die plaas is. Het seld die skiet arm ontwerp dit werk baie lekker en gee n goeie rus.
Her dit van n lekker bol klamp en ou waterpas gebou.
Sal kyk het dalk n paar op ou foon.
Esonra

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 11:32 am
by Johan Nel
Esonra,
Ek het sommer lekker gelees aan jou vertelling.
Groete,
JHN

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 12:51 pm
by Esonra
Dankie Johan
Dit was n vinnige en duur jaagtog en jag maar die moeite werd.
Groete
Esonra

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 4:28 pm
by Carel Kolesky
dis nou n "awesome" jagkar- soos my kinders sal se!

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 4:55 pm
by johans
305km,jou buurman? :confused:

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 6:51 pm
by douw
Baie lekker storie, welgedaan!

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 8:30 pm
by Esonra
Goeie naand Johans.

Ja buurman van die plaas. Ek woon en werk in die Kaap en boer net bietjie oor naweke op Koekenaap.
Ek sal ook foto opsit van die jag jeep wat ek daar het.
Groete

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 8:45 pm
by Esonra
image.jpg
image.jpg
Hier n poor fotos van jagstoel en jag jeep

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 8:46 pm
by Esonra
image.jpg

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 8:47 pm
by Esonra
image.jpg

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 8:50 pm
by Esonra
image.jpg
Hier het ek reg gemaak vir daai jakkals wat buurman se skaap vang.

Net voor 8uur die aand het jakkals vir die laaste keer n geroep van n foxpro gehoor.

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 9:03 pm
by johans
jy lyk goed ingerig

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Sun May 11, 2014 9:13 pm
by Esonra
Ja dit moet gemaklik wees, dit was die begin van die ligte ontwerp. N lang storie om die ou groot ligte te vervang met klein kompakte sterker ligte. Maar ek het dit reg gekry. Moet nog net die geweer monteerbare lig klaar maak en verder toets.
Dan sal jag n groot plisier wees geen 102 swaar 12volt batterye meer nie.

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Mon May 12, 2014 8:41 pm
by theedge
Manne is lekker gerat - netjies

Re: Die springbok ram wil mos drade spring ......

Posted: Mon May 12, 2014 9:31 pm
by Esonra
Dankie
As a man so ver moet ry dan moet alles net reg staan vir lekker jag.