Page 1 of 1

Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 3:28 pm
by Burries
Ek het nou so deur die ander manne se spog fotos geloer en gedink om die met julle te deel. So paar maande gelede het ek en my nefie van 11 jaar so draai deur die veld gaan ry en sommer die .243 ingepak vir ingeval daar 'n kwaaddoener of twee rondloop. Teen laat middag, reeds oppad huistoe, gewaar ons twee reuse kudu bulle in die verte.

Na 'n redelike redenasie of daar geskiet gaan word of nie het ons beluit om effens nader toe probeer kom. Dit het ons gekos terugry om aan die ander kant van die duin oor te kom met die hoop dat hulle nog daar sou wees. Hulle het ons gewaar en gehardloop. Die een bul het so paar honderd meter verder agter 'n bos gaan staan en ons toegelaat om in tref afstand te kom.

Met baie twyfel in my gemoed het ek gese hy moet maar laat loop toe ek die stel horings van nader kon sien. Die tipe kudus is maar skaars in die kalahari en dit was nou of nooit. Die klein 80 gr punt het hom hard gestamp maar die skoot was effens laag en hy was kort voor lank weer regop. Die tweede skoot agter die oor het die ding gedoen. Ek sou reken die meneer is glad nie te sleg vir 'n eertse kudu nie.

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 4:23 pm
by Nickvn
Sommer n spoggerige koedoe daai. Baie geluk en mooi geskiet.

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 5:49 pm
by Jakes73
Shoe, baie mooi KoedoeNick!!! Wonder of die mannetjie weet hoe gelukkig hy is om so groot Mnr as 'n 1ste Koedoe te kry. Dit gaan 'n paar jaar vat voor hy weer so kans gaan kry. Het julle hom geweeg en gemeet?

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 6:23 pm
by Piet Pille
Baie mooi.
Daar is min dinge so mooi soos 'n koedoebul in die rooiduine.

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 6:25 pm
by Frederik
Baie netjies.

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 6:45 pm
by win270
Pragtig en verseker onvergeetlik!

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 7:42 pm
by Burries
Jakes73 wrote:Shoe, baie mooi KoedoeNick!!! Wonder of die mannetjie weet hoe gelukkig hy is om so groot Mnr as 'n 1ste Koedoe te kry. Dit gaan 'n paar jaar vat voor hy weer so kans gaan kry. Het julle hom geweeg en gemeet?
Kon hom ongelukkig nie weeg nie, maar het ons 'n goeie uur en 'n half gevat om hom op die bakkie te kry. Het die horings gemeet op so net onder 61 duim. (Weet glad nie of dit reg gedoen was nie, maar het hom op die basis begin, met die omtrek, en al met die draaie langs gemeet)

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 7:51 pm
by Nickvn
61" :o :o

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 7:54 pm
by PWV
Sou graag die foto's wou sien, maar kan dit nie oopmaak nie!

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 7:56 pm
by Pvdw
Selle hier

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Mon May 19, 2014 8:39 pm
by Chevvy SS
Dit was 'n Meneer- kyk na die nek op die eerste foto.

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Tue May 20, 2014 12:39 pm
by Burries
Pieter Willem Vorster wrote:Sou graag die foto's wou sien, maar kan dit nie oopmaak nie!
PM vir my 'n epos addres. Ek stuur dit met graagte aan :)

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Tue May 20, 2014 12:47 pm
by Alwyn
Eendag as ek groot is gan ek ook so mooi kudu skiet :o

Baie geluk!!!

Re: Raar maar waar - Spog Kudu

Posted: Tue May 20, 2014 2:26 pm
by Frikkiedbr
Burries wrote:Ek het nou so deur die ander manne se spog fotos geloer en gedink om die met julle te deel. So paar maande gelede het ek en my nefie van 11 jaar so draai deur die veld gaan ry en sommer die .243 ingepak vir ingeval daar 'n kwaaddoener of twee rondloop. Teen laat middag, reeds oppad huistoe, gewaar ons twee reuse kudu bulle in die verte.

Na 'n redelike redenasie of daar geskiet gaan word of nie het ons beluit om effens nader toe probeer kom. Dit het ons gekos terugry om aan die ander kant van die duin oor te kom met die hoop dat hulle nog daar sou wees. Hulle het ons gewaar en gehardloop. Die een bul het so paar honderd meter verder agter 'n bos gaan staan en ons toegelaat om in tref afstand te kom.

Met baie twyfel in my gemoed het ek gese hy moet maar laat loop toe ek die stel horings van nader kon sien. Die tipe kudus is maar skaars in die kalahari en dit was nou of nooit. Die klein 80 gr punt het hom hard gestamp maar die skoot was effens laag en hy was kort voor lank weer regop. Die tweede skoot agter die oor het die ding gedoen. Ek sou reken die meneer is glad nie te sleg vir 'n eertse kudu nie.
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/kudu2_zps83d64fb2.jpg
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/kudu_zps3f0a6a0c.jpg
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/kudu2_zpsda1932cc.jpg