Page 1 of 1
Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 8:37 am
by Freek
Goeie dag mense!!
Hoop julle het almal die paas naweek geniet en veilig by jul bestemmings aan gekom. Die verkeer was 'n nag merrie, om die minste te se. Ek was saam met die familie op die plaas en ons het so bietjie amok gesaai onder die rooibok en blesbok ramme. Ek en my swaers (Michiel en Ras) het darrem elk 'n bok geskiet, nogal al drie kop skote - ons mors nie vleis nie...

Tiaan, Ras se oudste seun, het ook sy heel eerste bok geskiet, die mannetjie se borskas het omtrent ontplof toe hy langs die dooie bok staan. Na die skietery het die hele familie in gespring en gehelp vleis werk. Die vrouens het my nogal verbaas, al 4 bokke was ontbeen, vleis in blokkies gesny en wors gestop in 'n rekord tyd van 7 ure. Nie sleg vir 'n klomp stads meisies nie.
Hier is die foto's.
1ste Blesbok ram deur myself geskiet - in die kop - met .270 op 'n afstand van on geveer 50m.
2de Blesbok ram deur my swaer Ras geskiet - in die kop - met .270 op 'n afstand van ongeveer 55m, 30 minute nadat die 1ste blesbok geval het.
Die jagter van die naweek was Tiaan met sy heel eerste bok. 'n Perfekte bladskoot met die .270 oor 'n afstand van 100m.

Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 9:28 am
by JACQUES BOTHA
Freek
Mooi man . ek sien skaars die jagters, julle is so mooi gekamo...en die kopskoot bende het mooi gemaak...
EK kan sien julle gooi sommer goot skote..GR8 stuff.
Julle het vroeg begin die jaar ... winter is noggie eers op ons nie..lol lol lol
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 9:32 am
by Yalair
Pragtig vir die jong man
met .270
dan skiet hulle nog met die regte kaliber ook

watter punte , lading gebruik jy in 270 ?
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 9:56 am
by JACQUES BOTHA
YALAIR
Ek sien nie iewers dat hulle n kruppel2 50 gebruik nie, wat bedoel jy met die regte kaliber???
Gaan jy die s a jaggeweer kompetisie kom skiet die 25ste..jy sal dit geniet ek weet..
INSKRYWINGS SLUIT DIE 16DE DINK EK
NB FREEK JY MOET INSKRYF
LAAT WEET AS EK MOET TENT OPSLAAN SOLANK VIR JOU..
WATEER MANNE KOM ALMAL SKIET??
INFO OF WEBBLAD BESKIKBAAR...SAHUNTINGRIFLE.CO.ZA..
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 10:12 am
by Yalair
Jacques
270 natuurlik die regte kaliber
Ek is nog besig om my planne bymekaar te sit, lang naweke doen ek als op die plaas waarby ek nie kom so tusendeur die kantoorwerk en sites nie. Dis 'n slegte maand met al die vakansie dae. Hopelik kan ek dit maak, klink lekker.
Groete
Ben
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 11:03 am
by Freek
Dankie vir die komplimente manne, ja dit was regtig lekker om te sien hoe die jong garde belang stelling toon en op beweeg deur die jag range. Die roer het geskiet met fabrieks gelaaide Remington 150 greiners. Ek moet bieg dat die haarsneller nogal 'n groot verskil maak as mens fein skiet.
Die ou .270 kom al 'n lang pad deur my familie - was my pa se heel eerste jag geweer. Nie lank nadat die ou man die geweer gekoop het nie, het die wapen vinnig sy pad oop geskiet tot die status van internasionale kaliber. Die storie loop so: my pa het jare terug (vroe 70's) 'n rooibok ram vanuit Suid Afrika tot in Botswana met hom geskied. Hy was op 'n jag ekspidisie teen die Limpopo rivier op 'n vriend van hom se plaas. Daar die jare was die plase nog oop, geen wild wering nie, en meeste boere het maar beeste aan gehou. Die middag terwyl hy na Koedoe bul soek stap hy al langs die Limpopo rivier en gewaar toe groot rooibok ram aan die oorkanste oewer (Botswana kant), nou ja die res is van self sprekend en die Manlichter Shun Hauer skiet toe vir homself 'n tietel los toe die koel die bok agter die blad tref. Was blykbaar 'n gestoei om die dooie bok aan die Suid Afrikaanse kant te kry...

Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 1:11 pm
by Yalair
Freek
Ek gaan 8ste volgende maand kromhorings skiet naby Thabazimbi, ken die area glad nie, waarop sal ek instel 50m of 100m ? wat sal jy aanbeveel vir die area. Hier in die Vrystaat gooi ons die lood maar ver en is ingestel op 200m huidiglik.
Groete
Ben
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 1:50 pm
by Janjak
Freek,
mooi fotos en mooi geskiet.
Dis altyd lekker as die kinders ook belangstel en saamskiet.
Nous ek lus vir biltong.....
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 3:47 pm
by Freek
Yalair, 50m is die norm vir bos skiet jy het regtig nie nodig om verder afstande as dit in te stel nie. As kind het ek altyd die 30-06 op slegs 25 tree in geskiet en was nog nooit teleur gestel nie. Watter kaliber beplan jy om te gebruik?
Jy moet nie te hard noem watter bok jy gaan jag nie, die bos telegraaf het nogal die vermoe om die boodskap by die bok uit te bring nog lank voordat jy jou hake op die plaas in geslaan het. Vertel ons eerder jy gaan varke skiet, en ek waarborg jou jy gaan oor die koedoes val as jy daar aankom...

Nee wat dit is mos waaroor jag gaan die skut en die bok het elk 'n 50% kans.
Janjak, ongelukig is al die bokke op gemaal in wildswors - as jy die 24ste en 25ste April in Bloem kom saam skiet sal ek vir jou 'n happie gee. Hou dit maar stil hoor ons wil nou nie die hele Suid Afrika gelyktydig in Bloem by mekaar kry nie.

Ek wil nou nie met 'n 8 ton trok af ry met al die beloofde vleis daar heen nie, sal eerder die waentjie mooi pak om die sample vleisies daar te kry - hy sleep net makliker.
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 4:25 pm
by Yalair
Freek
Dankie, sal maar my two sewenty gebruik, het nog so paar 170g punte wat ek lekker stadig gaan laai

is net bang my skope 8 x 56 gaan my laat sukkel, het 4 x32 wa miskien moet ek hom maar opsit ? is net baaaaie pt

Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 4:31 pm
by Freek
Oom Ben, dis hom roer daai.

Klop daai bul agter die blaaie of as hy jou kans gee sommer tussen die oge, sterkte en ek hou duim vas jy kry hom.

Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 4:40 pm
by Janjak
Freek,
sal dit stilhou -dankie. Ek mis nie graag een van daai skiete nie, maar daai naweek het ek afspraak met n jakkals wat graag skaap tjops eet. Ander ding -Bloem is veeeer van hier af. Dalk die volgende een?
Jannie
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 4:40 pm
by Yalair
Dankie Freek
Is nou so lus vir jag ek kan my lag nie hou nie, gaan sommer die naweek 'n ou s bokkie bymekaarmaak ;D jy moes eerder die foto's eers oor so 3 weke gepost het is nou sommer kwaad vir jou >:(
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 10:05 pm
by Christo
Freek
My lus hang nou op die grond jong. Dit lyk of dit erg lekker was.
Christo
Re: Jag naweek
Posted: Tue Apr 14, 2009 10:36 pm
by britsman
Freek
Mooi man.--- So moet hulle val. "Congrats to Tiaan" Die gesig lyk reg --maar wat van die rou lewer.Het hy daarem 'n stukkie gekou?
brittie
Re: Jag naweek
Posted: Wed Apr 15, 2009 1:45 pm
by Freek
Tjerels, ek stem saam dat die jag trip miskien bietjie vroeg was maar iemand moet die ys vir die nywe jag seisoen breek. Mag julle al die bokke kry waarna julle gaan soek en mag die skote die kol vol tref m.a.w geen gekwesery nie.
Britsman ou Tiaan het wel lewer gevreet maar dit was vir hom gaar gemaak net omdat hy so mooi geskiet het. Ek en hy het die bok saam af geslag, die lewer en net vet versigtig verwyder en sy ouma's, wat ook saam was, het vir ons lewer in net vet berei wat ons die aand gebraai het. Ek en hy het heerlik tande in gele in die lekkerny. Moet erken ek was nogal "thrust driven" die volgende oggend - seker maar omdat my maag nie gewoond is aan sulke ryk kosse nie...

Re: Jag naweek
Posted: Thu Apr 23, 2009 7:54 pm
by Yalair
Hiers my eerste probeerslag met kamera, maar ek dink ek moet eers die manuel lees, my settings is heel uit, hier skiet ek springbok op 180 meter maar mens sien nie so lekker nie, sal gaan opswat en dan weer probeer
http://s562.photobucket.com/albums/ss66/Yalair/?action=view¤t=springbok.flv
Re: Jag naweek
Posted: Thu Apr 23, 2009 8:44 pm
by Dawie
Swart Springbok?
Re: Jag naweek
Posted: Thu Apr 23, 2009 9:06 pm
by Yalair
Dawie

Nee man kliek net op die swart blok, dan speel hy, weetie hoe dit anders werk nie
Re: Jag naweek
Posted: Thu Apr 23, 2009 9:09 pm
by Yalair
Re: Jag naweek
Posted: Thu Apr 23, 2009 9:17 pm
by Dawie
Het hom gekyk al, trek sommer jou been

Re: Jag naweek
Posted: Thu Apr 23, 2009 9:20 pm
by Yalair
Lyk maar simpel sal seker teen einde van jagseisoen die ding gewerk kry, is mos hoe dit gewoonlik werk

Re: Jag naweek
Posted: Fri May 08, 2009 10:04 pm
by Christo
Jy sal moet werk aan die ding, amper dink ek ek kort 'n nuwe skerm.
Christo