Page 1 of 1

Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Mon Jun 02, 2014 8:08 am
by william007
was n baie lekker jag gewees die akkomodasie is uit die boeke,ons het n stap jag gedoen en springbokke van die bakkie af geskiet

veld is mooi groen en ek raai enige iemand aan om daar te gaan jag daar is ook lekker kamp plekke
Maar net baie klipe dis die wereld van klippe ,Mardene my vrou het haar eerste koedoe bul geskiet 243 win met 90gr BT Noslers ,en Riaan my broer het ook sy eerste koedoe geskiet met 308 Remington 700 SPS 150gr SSt afstand 110meter

Het blesbokke ook geskiet ook lekker vet

Re: Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Mon Jun 02, 2014 8:16 am
by william007
hier is nog so paar fotos

Re: Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Tue Jun 03, 2014 2:14 pm
by william007
Die koedoes is berg klim en as jy hom daar plat het is dit van stukkend sny en uit dra harde werk

Re: Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Tue Jun 03, 2014 2:42 pm
by VdWalt
Ek sien klippe is koning!
Wat eet daai arme kameelperd in daai omgewing?

Re: Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Tue Jun 03, 2014 2:57 pm
by william007
daai is n goeie vraag maar daar is doringbome daar is n paar kameelperde
Baie wild op daai plaas springbok,blesbok,gemsbok,rooihartbees,koedoe en kameelperde

Re: Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Tue Jun 03, 2014 3:03 pm
by RUPERT
William

Jy noem jou broer het die koedoe met 150gr SST geskiet. Was daar baie vleis skade?

Re: Kleinbegin jag 2014 Namibia

Posted: Tue Jun 03, 2014 3:12 pm
by william007
nee daar was nie baie vleis skade nie punt het redeur die koedoe gegaan kon nie die punt herwin nie maar vleis skade was minimaal
Maar met die 243 het hy die een trofee blesbok op sy blad geskiet met 85gr interbond hornady punte en hy het ongelooflike vleis skade gehad

maar die sst het baie goed gedoen met min vleis skade