Page 1 of 1

Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 4:44 pm
by DJC
Het die naweek gaan jag net buite Boshoff. Baie lekker gekuier daar by oom Pieter du Toit en oom Katie en kon darem hierdie mooi bul skiet. Het vir die eerste keer alleen karkas verwerk, steaks, biltong, kookvleis, maalvleis en ek en vroulief het self droëwors gemaak! Kan iemand dalk help om foto te laai, die masjien sê die foto is te groot?

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 4:57 pm
by FCLoretz
DJC stuur vir my na fcloretz at hotmail dot com dan sal ek vir jou laai

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 5:23 pm
by DJC
Frederick ek het die foto gestuur, baie dankie.

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 6:37 pm
by FCLoretz
Dirk se Foto van sy rooihartebees. Mooi gedoen Dirk. Baie mooi bees daai.

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/dirkrhb_zps454ad493.jpeg

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 6:45 pm
by win270
Dirk, hoeveel kg slag so 'n rooihartebees uit? Mooi gedoen.

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 7:55 pm
by FCLoretz
Christo sover ek kan onthou is die average gewig so 80-85kg

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 8:04 pm
by BRNO (Pierre)
Baie geluk!! Jy het n besonderse mooi bok geskiet. Ek het ook my eerste RHB daar geskiet. Die trofee is vandag teen die muur.

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Wed Jun 18, 2014 9:58 pm
by Pappabeer
Mooi gedoen man, mooi dik basisse op die horings. Ek het self al Hartbees gejag in daai Wêreld, en hulle word mooi daar.

Ek sou sê, afhangend van tyd van die jaar, en dus kondisie wissel die bulle tussen laat 60's en mid 80's in massa. Dis glad nie meer slegte waarde vir geld wildsvleis om nou en dan 'n Hartbees te skiet nie, veral die koeie is baie keer redelik goedkoop

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Thu Jun 19, 2014 12:15 am
by DJC
Baie dankie. Het nie skaal byderhand gehad nie, maar hy kon rondom 70-80kg gewees het. Daai horings gaan definitief in studeerkamer teen muur hang!

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Thu Jun 19, 2014 5:28 am
by Reggie Gerber
Pragtige bok

Hoop om oor twee weke ook so mooie te kry in Prieska area

Re: Naweek se Rooihartebees

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:49 am
by Klein Chris
Geluk mooi een