Page 1 of 9

Oop visier bende.

Posted: Wed Jun 18, 2014 5:06 pm
by Pappabeer
Na victor se foto van die Rooibok met sy 8x57 dink ek ons moet maar 'n "oop visier bende" begin.

Self skiet ek my 7x57, 9,3x62 en .458 Lott oopvisier. Die model 1 Brno .22 natuurlik ook, en veral om in oefening te bly. As die ander gewere reeds die vleis op die tafel het, is hierdie 'n lekker manier om te speel, en die sintuie skerp te hou.

Kom gooi 'n bietjie fotos van wat julle al so geskiet het

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Jun 18, 2014 5:10 pm
by Pappabeer
Almal behalwe die koedoe het voor die 9,3 geval.

Die koedoe is met die 7x57 geskiet. Terk koedoes met die oopvisier is altyd 'n lekker challenge

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Jun 18, 2014 5:23 pm
by Pappabeer
Die .22 Brno model 1

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Jun 18, 2014 9:20 pm
by Hilux01
Dewald,

Goeie werk maat...maar dit raak nou erstig spog :laugh:

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Jun 18, 2014 9:38 pm
by Pvdw
Mooi fotos. My 1ste ot met die 30-30 oop visier geskiet ip so 50m.

Daai bruin pakkie SPs dink ek is seker ouer as jy??

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Jun 18, 2014 9:46 pm
by Pappabeer
Pvdw wrote:
Daai bruin pakkie SPs dink ek is seker ouer as jy??
Ek glo so... :laugh:

Die Joseph Rogers is defnitief en die Brno ook. For that matter is die Brno ouer as my pa... Hy is in 1951 gemaak. Daai SPs het mooi geskiet. Voor Philemon die patrone gemaak het. Ek het darem nog so 'n pakkie of wat van hulle in my versameling.

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:35 am
by DWB
My kontribusie:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/Bosvark%2028.01.2012.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/20131130_065653.jpg

Hoop om dit meer gereeld te begin doen!

Het darem al so 6 beeste ook moes gaan skiet met die oop visiere!

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:01 am
by BRNO (Pierre)
Hilux01 wrote:Dewald,

Goeie werk maat...maar dit raak nou erstig spog :laugh:
Ja, ek stem Henk. Dit raak al moeiliker om met die Jones's te kompiteer ;)

Dewald en Deon, baie mooi gegooi manne. Hats off!!!

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:35 am
by Smitstertjies
Besonderse foto van die Njala bul en geweer. Ek kannie wag vir my 416 rigby nie. Behoort in Aug reg te wees. Gaan hom oopvisier jag.

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jun 19, 2014 9:30 am
by Roger
Knap gedaan, ek het self tru glo oop visiere bestel vir my Traditions Buckstalker .50cal swart kruit. Hy het tans n Tasco 4x40 op. My ander swart kruit, TC Omega gaan ek ge-scope hou.

Oop visier lyk nou lekker.

Re: Oop visier bende.

Posted: Thu Jun 26, 2014 9:50 pm
by Pappabeer
Mooi Deon.

Ja, daar is net een manier om 'n Bosvark baas te raak, en dis oor die yster visiere...

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 8:44 am
by Ferdi Bam
Dewald,

In n goeie gees hoop ek nie die pakkie .22 patrone wat by die kransduiwe lê het jy by Jaco gevat en skiet hulle nou uit nie. Ek het daardie boksies patrone baie jare bewaar en hulle moet moet deel vorm van sy versameling. Ek moet ook darem bysê dat hulle nie waste as jy n paar bosduiwe klits met hulle nie.

Groete

Ferdi Bam

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 9:25 am
by Pappabeer
Haai Ferdi,

Man, ek het gehoor Jaco het 'n paar mooi patrone by jou gekry vir sy versameling. Die versamel gogga het hy eintlik by my aangesteek, en is iets wat ek al van die rype ouderdom van 5 af doen. Op sy beurt weer deur my pa aangepass aan my.

Daai foto is nog in my universiteits dae geneem, met paraphinalia wat by my geweer pas. Ek het bruin en blou SP vol boksies in my eie versameling, as deel van so 40 of so verskillende vol boksies, en dit is een van hulle gewees. Ons het wel as kinders goed doppies gemaak met daai patrone.

Ek glo jou boksie is in goeie hande.

Mooiloop

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 9:38 am
by Gerhardu
Hier is my CZ 550 .458lott met n ghost ring op.

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 12:39 pm
by Jaco vdW
Geen rede tot kommer Ferdi - daardie pakkies wat jy vir my gestuur het is in BAIE veilige bewarig!

Veral die twee bruin en mostert pakkies sal sekerlik die heel laaste ding in my versameling wees wat ek prysgee.

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 1:13 pm
by Pvdw
Ek juk self om 'n oopvesier geweer aan te skaf. My eerste ot en rooibok so geskiet met die 30-30.

Ek kyk na iets soos 'n 8x57 of enige van die ander algemene 8mm's. Wat dink julle ander oop visier bende manne van die keuse??

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 1:14 pm
by DWB
9.3x62 :p

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 1:15 pm
by Pvdw
Deon ek kwyl oor so een!!! Dis defnitief 'n alternatief en dan my ander droom is die 45-70Goverment.

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 2:36 pm
by Pappabeer
Ja Peet, jy kan nie fout maak met die 8x57 vir hierdie doel nie. In der waarheid gaan dit maar alles oor die geweer en bitter min oor die kaliber as mens so naby skiet. As die koël net stadig genoeg is om nie die bok te ontplof nie is jou kop deur. Baie belangriker dat jy instinktief met die geweer skiet, en dat die sights reeps opgelyn is as hy skouer raak.

Het jy nog die 30-30? Haal sy scope af en gebruik hom.

Mooi gegooi met daai .458 Lott Gerhard. 'N mooi vet ronde gat met min skade. Lieflik...

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 3:00 pm
by Pvdw
Ja ek het nog die 30-30 maar dis 'n hartseer verlaal. Hy het skaars 600 skote deur die loop en die loop is SAT!!!

Ek gooi nou 170gr FN en sit gas checks op. Skiet hulle teen so 1600-1700ft/s. Kry nog 2" groeppe op 100m.

Kos teveel om ander loop op te sit. Ek wik en weeg om hom te verkoop vir sy aksie. Dis nou as dit enigsind iets wêrd is.

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 3:32 pm
by Gerhardu
Pappabeer wrote:Ja Peet, jy kan nie fout maak met die 8x57 vir hierdie doel nie. In der waarheid gaan dit maar alles oor die geweer en bitter min oor die kaliber as mens so naby skiet. As die koël net stadig genoeg is om nie die bok te ontplof nie is jou kop deur. Baie belangriker dat jy instinktief met die geweer skiet, en dat die sights reeps opgelyn is as hy skouer raak.

Het jy nog die 30-30? Haal sy scope af en gebruik hom.

Mooi gegooi met daai .458 Lott Gerhard. 'N mooi vet ronde gat met min skade. Lieflik...

Ja Nee daai bok het nie geweet wat hom tref nie.Toe ons hom slag en al sy ingewande wou uithaal het daar net bloedirge sludge uitgestort, toe besef ek dis al sy ingewande wat gedisintergreer het,als behalwe die pens natuurlik.

Moet se die ghost ring visier werk puik en as jy hom eers in het dan is daar moeilikheid,sodra jy hom in jou skouer sit is hy daar waar jy wil skiet.

Groete Gerhardu Odendaal

Re: Oop visier bende.

Posted: Fri Jun 27, 2014 3:46 pm
by Koos Barnard
Ek het oor die jare heen baie bokke met die oopvisier geskiet (byna almal met 'n ghost-ring). Dit sluit 15 spesies in van steenbok tot buffelkoei. Interessant is dat ek ook 'n vaalribbok kon skiet (nogal met die .22 Hornet). My eerste bok met my .375 (in 1997) was 'n rietbokram. Deesdae sukkel my oe en ek het seker twee jaar laas 'n bok met die ghost-ring geskiet. Hoop om nog 'n paar plat te trek vpoor die ou oe heeltemal te swak raak.
Mooi loop

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Sep 03, 2014 4:56 pm
by Pappabeer
Ek het vroeg in Augustus weer kans gekry om 3 rooibokke en n ot te gaan soek vir tafelvleis. Die mense by Bayala wou nog n klompie rooibok ooie en jong ramme afhaal voor die seisoen verby is. Ek het na minder as n uur n vet ooi met die boog gekry, en toe die res van die jagwerk met die 7x57 gedoen.

Ek kry darem nou gemaklik n 8" gong op 100m met hom raak geskiet, en teen die slakke pas wat die Hornady ronde neuse uit die 21" loop uit doen maak hy maar min vleisskade.

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Sep 03, 2014 5:32 pm
by BRNO (Pierre)
Baie nice PB. Dit wil gedoen wees!!

Re: Oop visier bende.

Posted: Wed Sep 03, 2014 9:55 pm
by kopskoot
Hiers my poging

577 Nitro Express

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/8A26FDDC-3BAE-4766-87E5-0FE57CBBA3E3_zpsrv4pxi94.jpg

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/0D403E32-5070-4C00-8A41-628CF793C45F_zpstejdahst.jpg

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/77FE7A75-F415-4742-BE4B-615A258B03EB_zps0lztavmf.jpg


En dan natuurlik die 1, my derde.
Swaar kaliber, kort afstand!

http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/scan16-07-20142_zps768ca60b.jpg

Groete