Page 1 of 1

KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:05 pm
by Hilux01
Mnre

Ons was bevoorreg genoeg 8-12 Junie by Nico Harris en sy broer Hein te gaan jag in Natal
Dis wraggies op Dingaan se voorstoep en ons eerste ervaring in daai deel van die land was een wat ons nie gou sal vergeet nie

Ons groep het bestaan uit
Myself - 9.3x62 en 6.5x55
Marius Botha 10 - 9.3x62, .308 en .243
Eduan Marais - 7mm Rem Mag en .303
Christo (vriend wat op sy tweede jag uitstappies was en reg was vir sy eerste bok)
Oom Koekoe - Marius se pa

Ons het Sondag net na 15h00 by Nico en Hein arriveer en sommer dadelik na die "skietbaan" gegaan om die gunne se zero te bevestig
Na n paar klein verstellings was dit tyd om af te gaan na die boskamp toe
Dis regtig fantastiese fasiliteite en ons kon lekker slaap, warm stort, lekker kuier en was sommer gou tuis

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140610_161659.jpg

Ons het in totaal darem die volgende laat bakkie ry in die 3 dae wat ons op die plaas was
Henk - Koedoe koei, rooibok ram en vlakvarkie
Marius - Bwb koei, rooibok ram en blesbok ram
Eduan - 2xbwb rooibok ram en blesbok ram
Christo - Blesbok en vlakvark
Koekoe - Bwb

Die wild is in ongelooflike kondisie en Oom Koekoe se bwb het 28 6/8", Eduan se bwb was net by die 28" en sy blesbok 15.5", Marius se blesbok was net oor die 16"
Christo kon Maandag op so 100m sy eerste bok jag nadat hy n pragtige blesbok ram van 16.5" met n enkelskoot deur die hart planke toe gebring het – (ek dink dis deels daai goeie gun waarmee hy geskiet het (lees 6.5x55))

Maandag is ons vroeg uit die vere en Eduan wou met sy eerste jag uitstappie vir die jaar bietjie die stap ding uit sy sisteem kry. Later het ek en Christo op die koedoes afgekom wat Eduan aangejaag het. My Koedoe koei - kon haar met die 9.3 stamp, was so op 90m en quartering away nadat ek gesien het haar petrol is klaar het sy weer opgestaan toe die res van die trop verby hardloop en ek het besluit om geen kanse te vat nie - n enkel skoot in die nek op so 70m het die storie geeindig (sy het later 87kg by Robbie geweeg die Donderdag aand – so moes net so oor die 90kg gewees het)Die foto is sleg geneem en sy le teen n slegte hoek maar vra maar vir Robbie hy kan my back op die gewig ;D

My Koedoe koei
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140609-WA0000.jpg


Later daai middag is ek en Christo en oom Koekoe na n ander plaas toe waar die blessies en die bwb loop. Christo kon hierdie pragtige Blessie met die 6.5x55 klop

Christo se Blesbok
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140609_154614-Copy.jpg


Oom Koekoe het toe later hierdie mooi BWB van net duskant 29”en 120kg klop met die .308 (gelaai met 168gr Nosler BT). Hier is n lang storie om te vertel en Nico Harris dink ek moet die voorreg hê.

oom Koekoe se bwb (Nico Harris staan by hom en sal die storie moet vertel)
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140609_165654.jpg

Dinsdag het n koue front ingekom en die jag het maar eers moeilik gegaan. Ek kon net voor middag ete n jong Rooibok knypkoppie klop, iewers het die man n halwe oor en horing verloor (weer het die 6.5x55 nie teleurgestel nie)

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140610_091431.jpg

Later daai dag het Marius n Blessie en Bwb koei gekry en Eduan kon n blessie en Rooibok knypkoppie laat bakkie ry

Marius se blessie
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140610-WA0007.jpg

Eduan se blessie
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140610-WA0008.jpg

Marius se bwb
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0007.jpg

Teen Woensdag oggend was ons kwota al amper vol en het ons bekommerd geraak oor die waentjie se spasie. Dit het ons egter nie te lank laat sleg voel nie want daai oggend nog het Eduan 2 x bwb gelaai (lang storie en ek dink Eduan moet hom vertel), ek en Christo elkeen n vlakvarkie en Marius n mooi Rooibok rammetjie.

Marius se rooibok rammetjie
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0006.jpg

Eduan se bwb (een van twee Eduan behoort die storie verder te vertel)
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0011.jpg

My varkie was n kopskoot (bietjie laag en het brein gemis maar werwels getref) op 15m teen 2550vt/sek en ek kon die 156gr Norma Oryx herwin net agter die linker blad. Ek is baie beindruk met die koeel se werksverrigting en dink hulle is dodelik in die bosveld.
Ek sal hom nog weeg en fotos plaas maar dis wraggies indrukwekkend

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140611_080826.jpg

Hierdie was Christo se varkie, so op 80m geskiet met die 6.5x55
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/IMG-20140611-WA0008.jpg

Dit was n ongelookilike paar dae en ons kan net dankie sê vir Nico en Hein vir hulle gasvryheid en moeite, niks was teveel opoffering nie en ons het lekker saam gekuier

As die Here ons spaar maak ons verseker hierdie n jaarlikse instelling

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:12 pm
by Frederik
Lyk baie lekker dit is weer tyd dat ek weer bloed trek in KZN.

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:18 pm
by DWB
En jy noem nie eers 19 dat jy die voorreg gehad het om my te ontmoet nie.... Ai ai. ;D

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:19 pm
by Marc
Man ek kan nie wag om self daar te mag gaan draai nie, baie geluk met julle bokke. Hulle is blink vet ;D

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:24 pm
by Hilux01
Dis waar manne ek het spesiaal toe ons deur Piet Retief is vir Deon laat weet om ons sommer by die Wimpy te kry vir n hand skud, so nou het ek ook die man ontmoet...Deon wanneer doen ons daai 9.3 jag trippie?

Dankie Marc, ja die wild was regtig mooi

Frederick ons eerste keer in Natal en verseker nie die laaste nie

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 6:53 pm
by VdWalt
Baie geluk, klink sommer baie lekker. Daai Sweed het mooi saam gespeel.

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:22 pm
by Spanner
Nice Henk, dankie vir die fotos. Jy is self ook maar 'n dikbêk kalant nê ? Jy smile ook maar moeilik jong. :laugh:

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:33 pm
by DWB
As ek Christo se mes so kyk was hy bang hy skiet nie te goednie dat hy homself sal moet verdedig ;D

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:43 pm
by Pvdw
Henk ek het jou gewaarsku oor daai plek en Nico en Hein se gasvreiheid. Maar nou ja, jy moes toe mos self gaan uitvind!!

Henk soos ek die fotos kyk sien ek weer daai plantasies en baswêreld by die kamp so in my gedagtes.

Ek is bly julle het dit geniet. Ek is seker die 6.5 het dit ook geniet want sodra ek begin lees, lees ek weer die 6.5 het sy werk gedoen.

Was die skops uil nog steeds in daai groot boom by die kamp se ingang?? Ons het elke aand na hom sit en luister. Die gevlekte hieënas kon ons ook baie duidelik vanaf die kamp hoor.

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:45 pm
by Pvdw
Deon hier mis jy al weer 'n jag by Nico!! Jy wil nou maar net nie saam gaan as die manne daar verby jou kom nie!!

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:47 pm
by DWB
Peet, my beurt sal kom! Ek werk redelik hard huidiglik!

Maar die kwyl loop al lekker

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:52 pm
by Cobus(Cobb)
Verlang ek nou sommer weer na die plek....daai donnerse skopsuil ook sommer...

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:55 pm
by Pvdw
Koos dit klink darm of hulle daai geyser klep vervang het. Henk noem dat hulle warm gestort het ;D

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 7:59 pm
by Cobus(Cobb)
yip, wonner of daai slang nog daar onder die geyser was en vir hulle gloer het??

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:20 pm
by Henbos
Hi Henk

Dit lyk asof julle almal die jag baie geniet het - ook met baie sukses - seker n paar bosluise ook!

Tip - onthou as julle fotos neem dat julle nie die diere se horings vas hou nie .

Groet Hennie

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:25 pm
by Pvdw
Tip - onthou as julle fotos neem dat julle nie die diere se horings vas hou nie .
Waarom nie?

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:29 pm
by Hilux01
Dankie vir die kommentaar manne
Ja daai is n besondere plek en my week is vas by Nico vir volgende jaar

Ja die kolhonde het lekker lawaai en skopsuil was ook daar

Peet Cobus dit was sommer baie koud so ek is bly daai donkie het gewerk

Deon, Christo reken as die groot meoilikheid kom is dit die manne met die groot messe wat staande bly

Derik, man ek smile moeilik maar kyk net hoe mooi laat daai varkie agter op die Hilux my glimlag

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:36 pm
by Henbos
Hi Pvdw

Die horings is ook deel van die mooi van die trofee en gewoontlik maak n mens se hande die detail toe veral as n mens kyk na die beeld uit die oog van n trofee jagter.

Re: KZN jag 2014

Posted: Thu Jun 19, 2014 8:41 pm
by Pvdw
Dankie Henbos, so leer ons almal by mekaar.

Re: KZN jag 2014

Posted: Fri Jun 20, 2014 1:57 pm
by Eduanmarais
Dag Dag

Ja hierdie was groot pret. Een van die beste jag ervarings tot hede. En die gasvryheid van Nico en Hein rond die ding mooi af.
My bees se eerste skoot was op 220m met die 7mm, in die oopveld buite die plantasie. Die trop het so half op die hoogte gestaan, met gras so knie hoogte. Toe die bladskoot blaf toe bokspring die bees. Ek was redelik seker ek gaan hom nie ver van daar optel nie. 20min later tel ons 'n jonger koei op (60kg uitgeslag)... Sy moes skuins after die bul gestaan het, want die koeel is agter die linker rib in, in die hart. Geen vleis skade. 3ure later toe sien ek en Hein my bees in die trop wy. Halfuur later toe klap die 175gr agter sy oor op 200m. Ek was baie verlig, want ek het al geleer met die arm-mans-buffels, hulle is taaier as wat mens jou kan indink.

Die plek is regtig magic. Ons sal weer gaan!
Vir een of ander rede kan ek nie die fotos op die thread sien nie, maar ek sal nog bylaai as ek sien ek het ander wat nie hier wys nie

Re: KZN jag 2014

Posted: Mon Jun 23, 2014 1:49 pm
by Hilux01
Dankie Ed

Nou moet ons nog net vir Nico kry maar lyk my die manne boer hard
Ek het my skaal vir Derik geleen om bietjie te toets so sal daai 156gr Norma weeg en julle laat weet

Re: KZN jag 2014

Posted: Wed Jun 25, 2014 6:54 pm
by Hilux01
Mnre

Hier is die Norma Oryx 156gr wat ek van die 6.5x55 uit n vlakvark se kopskoot kon kry
Ek het die vark op 15m in die kop geskiet en die koeel het langs die werwel af gegaan en ek kon hom onder die linker blad se kieliebak kry

Die koeel weeg nou 127.3gr (So hy het 82% van sy gewig behou)
Ek is baie tevrede met die prestasie

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140625_180613.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140625_180501.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074522.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074450.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074421.jpg

http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/20140619_074355.jpg