Johan se Gerookte vleis Resep
Posted: Fri Jun 27, 2014 9:54 am
Hello aan almal,
Soos die spreekwoord se: Waar 'n rokie trek, is daar 'n vuurtjie...(of daar word vleis gerook!!!). Ek het so ruk terug by een van my vriende wat van Nambia af kom, 'n stuk gerookte koedoe fillet gekry. Dit was so lekker dat ek bietjie begin navorsing doen het hoe om dit myself te maak. Ongelukkig hier in Secunda loop die koedoes nie so vrylik rond nie, en ek moes met gewone beesvleis begin. Bees fillet is ook ongelukkig duur vleis om te begin eksperimenteer en daarom het ek sommer met gewone bees biltong vleis begin.
Die eerste stap om met rook vleis te begin is om 'n roker te kry of een self te bou. Wat belangrik is, is om te weet dat mens 2 rook prosesse kry nl: koue rook en warm rook. Die warm rook proses is die gewone roker wat jy by Mica/Checkers koop, waarmee jy hoenders en vis gaar rook. Die koue rook proses (wat ek gebruik) is waar rook gebruik word om vleis/vis te geur en te presiveer. Die 2 basiese komponente wat jy nodig het vir 'n koue rook proses is 'n "smoke generator" en 'n kas/Weber/drom/trommel/plastiek container waarin jy die vleis hang. Die smoke generator bou jy sommer self van 'n ou metaal koekblik of enige metaal houer wat 'n deksel het wat redelik dig kan seel. YouTube het my hier uitgehelp. Kyk gerus onder "Cold Smoking". Daai manne daar in die suide van die USA wat sonder tande loop het baie idees!!
My eindproduk is basies gerookte biltong. Ons geniet dit baie en daar is niks so lekker as om so stuk gerookte vleis op te sny en as 'n snack saam met braavleis, "braaisous", goeie vriende en goeie rugby te bedien nie.
Ek deel graag my resep met julle indien julle belangstel.
Groete
Johan
Johan se gerookte vleis
Gewone biltong vleis (garing biltong of silver side) werk baie goed. Die beste resultate is om heel fillet te gebruik en veral as jy wilds fillet in die hande kan kry – nog beter!! Indien biltong vleis gebruik word, moet die stukke baie dikker as gewone biltong gesny word. Sny die stukke omtrent minimum 50mm dik. As die stukke te dun is, gaan die vleis te sout uitkom, of die pekel tyd moet halveer word.
30 ml (2 e) salpeter
175 ml (1/2 k) bruinsuiker
20 g koeksoda
5 liter koue water
1 vars rou eier
Sowat 1 kg sout
Biltong Speserye
1.Roer die salpeter, suiker en koeksoda
in die koue water tot dit opgelos is.
2. Gebruik 'n plastiek houer of skottel, maar
nie 'n metaalhouer nie.
3.Sit die eier (in die dop) in die oplossing. Voeg
die sout bietjiesgewys daarby en roer baie
goed na e1ke byvoeging. Hou aan om
sout by te voeg en te roer tot die eier
bo-op dryf.
4. Haal die eier uit en sit die vleis in
die pekel. Draai dit so af en toe om. Die
vleis moet heeltemal bedek wees met
die pekel.
5. Laat die vleis 24 ure in die pekel lê.
6. Haal die vleis uit die pekel en dip dit in skoon
vars koue water net om die ergste pekel af te haal.
Smeer dit
liggies met biltong speserye. Ek doen dit sodat
die vleis nie so vaal en blink uitkom nie!! Hang dit op
vir so 24 uur om winddroog te word.
Plaas die vleis in ‘n roker en rook dit met ‘n koue rook proses vir omgeveer 8 ure. (Sien die “cold smoking” videos op Youtube hoe om ‘n cold smoker te bou – baie eenvoudig!!). Ek gebruik gewone rook saagsels wat ek sommer in die winkel koop. Haal die vleis uit die roker en hang dit weer vir so 12 ure op. Die vleis is nou reg en kan in Glad Rap afsonderlik toegemaak word en gevries word. Die vleis kan langer soos biltong gehang word indien jy dit droër verkies.
Bediening
Haal ‘n stuk uit die vrieskas sodat dit by kamer temp kan kom. Sny die rook vleis so dun as moontlik en bedien as ‘n snack op die snyplank saam met Balsamic vinegar.
Waarskuwing!!
Hou die kinders weg gedurende die sny proses, anders is ‘n vinger af of jy kry niks!!!