Page 1 of 5
Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 12:42 pm
by Pvdw
https://www.youtube.com/watch?v=msgcZyYeTqM
Manne die moet seker een van die eenvoudigste selfdoen anealing eenheid wees. Ek gaan defnitief so een probeer bou,
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 1:09 pm
by Flip Nel
Baie eenvoudig en dit werk
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 1:57 pm
by James Wilson
Dis eenvoudig!! Wat sal die parte wees om so iets te bou?
Net n vraag, moet die doppe nie in water val nie?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 2:01 pm
by PWV
Lyk mos vir my jy kan sommer vroutjielief se pannekoekpan gebruik?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 3:02 pm
by tripodmvr
Andrew Leigh het die laaste ruk probeer om 'n bekostigbare annealer te probeer saamstel en moontlik vervaardig. Die een in die video werk blykbaar goed met sekere kalibers, maar sal aangepas moet word vir doplengte en deursnee.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 5:00 pm
by henning
Dit is nou regtig n eenvoudige en flinkdink patent alhoewel die hitte van die vlam en hoe lank die dop in die vlam moet bly kan n tamelekie wees.
Groete
Henning
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 5:00 pm
by Capt. Yoda
Eks ook besig om so een te bou.sal sommer 3 of 4 verskillende koekpanne gebruik vir verskillende kalibers maar wat noem mens die "switch" wat ek op die wiper motor wil sit om die spoed te beheer?
nou dat ek daar aan dink ek kan seker die hele koekpan net aan n boor mount wat ek dan die spoed kan stel.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 5:10 pm
by Pvdw
Ek wil ook daai boorpad loop.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 6:07 pm
by tripodmvr
'n Reostaat gee nie perfekte beheer van 'n elektriese motor nie - het nie daardie volledige elektriese kennis nie, maar om 220v wisselstroom te reguleer kan duur wees. Andrew het na daardie oefening gekyk en koste styg soos jy dit meer gesofistikeerd maak. Hy het 'n hele post op Gunsite daaroor gedoen.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 7:08 pm
by Herrie260
Naand Manne
Ek het Vrydag vir my een gebou. Ook met die oog gesteel van you tube af. Kos my R600 in totaal. Ek het n mini spitbraai se rotisserie motortjie gebruik vir die aandrywing. Werk soos n bom. Ek het die batterye uitgehaal en gebruik n verstelbare AC-DC Adapter om spoed te reguleer. Weet ongelukkig nie hoe om video op te laai nie maar werk net soos die een op youtube.
Groete
Herrie260
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 7:14 pm
by Pvdw
Herrie sit sommer foto of 2 op asb??
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 7:20 pm
by Herrie260
Ek sal probeer.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 8:56 pm
by Herrie260
http://rs1291.pbsrc.com/albums/b559/vermasimmentalers/Mobile%20Uploads/DSC_0705_20140628202912356_zps54c6504f.jpg~320x480
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 8:59 pm
by Herrie260
Erens doen ek iets verkeerd met laai van foto. Ek probeer nou van my foon af. Maar dit werk nie. Sal maandag op rekenaar weer probeer
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 9:01 pm
by James Wilson
Herrie, ek hom vir jou getune
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 9:03 pm
by Pvdw
Waar koop mens daai spitbraai unit?? Wat kos hy naastenby??
Dankie vir die fix James.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 9:09 pm
by Herrie260
Dankie James
Ek sal nog een so probeer laai as jy my dalk met hom ook kan help. Ek het my motortjie by Game gekoop, al rukkie terug. Was so R200
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 9:11 pm
by Herrie260
http://rs1291.pbsrc.com/albums/b559/vermasimmentalers/Mobile%20Uploads/DSC_0717_zpsc4230ef0.jpg~320x480
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Jun 28, 2014 10:02 pm
by Pvdw
Dankie sal gaan loer
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Jun 29, 2014 8:14 am
by Gawie(13mm)
Mooi man.
Die mammas gaan hul koekpanne begin soek.

Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Jun 29, 2014 2:02 pm
by Beaghle
Mooi gedoen Herrie. Beplan ook om een te maak. Wat se Ac/Dc verstelbare adapter het jy gebruik? Het hy verstelbare pod op, of slegs verskillende voltage uitsette? Foto of beskrywing met tegniese detail asseblief. Wat is jou pannetjie se deursnee?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Jun 29, 2014 3:34 pm
by Capt. Yoda
Mooi manne.Ek het n hand boor begin strip vir sy "motor" maar ek dink die spitbraai gaan lekker werk.Daar le reeds een by die werk onder die lapa
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Jun 29, 2014 3:56 pm
by Herrie260
Hy het net verstelbare voltage uitsette. Pan is so 23cm in deursnee en het twee gleuwe in. Neem so 7-8 sekondes vir elke dop. 16 sek per omwenteling. Weet nie of die adapter die regte een is om te gebruik nie, maar hy werk sover nog
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Jun 29, 2014 4:01 pm
by James Wilson
Herrie, ek sien jy bly net om die draai van my. Ek het 90 doppe om te aneal. Kan ek nie maar , deur ry na jou toe,met die 90 doppe nie? Wat vra jy per dop?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Jun 29, 2014 4:25 pm
by Herrie260
James
Ek het vir jou pm gestuur. Kontak my dan gesels ons.