Page 1 of 1

Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 11:19 am
by Jean Marais
Ek wil nou nie myself verder kommentaar lewer oor hierdie onderwerp nie, maar miskien moet manne met aansoeke in die pyplyn maar net kennis neem hiervan. Jy mag dalk weer heelwat langer wag vir jou lisensie as wat jy geduld het, en die rede is :

http://www.pot-shot.co.za/?y=article&co ... 51&langu=1

Nogal kommerwekkend en laat my nogals wonder hoeveel "ingehandigde wapens" nou onwettig die rondte doen.

Groetnis

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 11:59 am
by hencohugo
Dit is seker hoekom as ek bel hulle bly sê my aansoek is in vir "consideration" al vir die afgelope 3 weke. Dit vat gewoonlik net 'n paar dae.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 12:56 pm
by sako 30-06
hencohugo wrote:Dit is seker hoekom as ek bel hulle bly sê my aansoek is in vir "consideration" al vir die afgelope 3 weke. Dit vat gewoonlik net 'n paar dae.
Probeer maar uitvind wat aangaan,myne was nie eers n week for consideration nie toe is hy deur.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 12:59 pm
by FCLoretz
Sako, wanneer is jou lisensie so vinnig deur?

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:01 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het twee lisensies gehad vanaf begin April to nou in Junie. Dit lyk egter van die skrywe asof ek die versoek van Gunfree SA gemis het. Ander vriend op die forum sit weer met die feit dat hy en n vriend se lisensie aansoeke op dieselfde dag ingegee is, waar sy vriend s'n nou al goedgekeur is, le syne nou al drie weke by die CFO. Nog nie eers op vir consideration nie.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:05 pm
by Eugene
As ek die artikel reg lees, is dit nog net 'n versoek en nie 'n voldwonge feit dat daar 'n moratorium geplaas is nie.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:06 pm
by FCLoretz
Eugene, dit is hoe ek dit ook verstaan. My aansoek le nou al 2 weke by Pretoria. Die aansoek is nog nie deur na considerarion toe nie.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:08 pm
by hencohugo
Ek het nou net weer gebel. Ta sê vir my hy weet nie hoekom dit nog nie klaar is nie, dit kan tot 9 weke neem. Ek het nog nooit so lank gewag nie, hulle is seker maar besig om die probleem uit te sorteer en nou vat dinge langer as 'n paar maande terug.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:12 pm
by sako 30-06
FCLoretz wrote:Sako, wanneer is jou lisensie so vinnig deur?
Aansoek vir competency en lisensie ingehandig die 5de mei,lisensie goedgekeur die 30ste Junie.

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:23 pm
by Dries101
Waars die "goeie" ou dae. Het 23 maande gewag vir my 404 se lisensie. Julle ouens kla met n wit brood onder die arm (-,

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:34 pm
by hencohugo
Dries101 wrote:Waars die "goeie" ou dae. Het 23 maande gewag vir my 404 se lisensie. Julle ouens kla met n wit brood onder die arm (-,

Hi Dries101

Ek kla nie. Dit vat maar net langer as waaraan ek gewoond is. Ek is baie bly dit vat nie meer so lank as in die "goeie" ou dae nie.

Groete

Henco

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 2:43 pm
by Eugene
Dries101 wrote:Waars die "goeie" ou dae. Het 23 maande gewag vir my 404 se lisensie. Julle ouens kla met n wit brood onder die arm (-,
Ek het 4 & 1/2 jaar gewag vir my 308 se lisensie.... Moet darem bysê, dit was in daai mal tyd in 2005 toe almal gaan herlisensieer het....

Re: Probleme by die DFO

Posted: Thu Jul 03, 2014 3:01 pm
by 375fanatic
ek wag al so 10 jaar vir my 500 Jeffrey sin ek het uiteindelik uitgevind hoekom
1. het nog nie die aansoek ingegee nie
2. ek moet hom nog koop
:laugh: :laugh: :laugh: