Page 1 of 1

Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 9:21 am
by BRNO (Pierre)
Manne help n leek asb. Ek was gister by die jaarlikse tuinplaas voelskiet, en daar ontstaan twee vrae wat toe meer antwoorde het as wat ek verwag het.

1. Ek weet die #5 dui aan die grootte van die haelkorrels, maar waarna word daar spesifiek verwys wanneer daar van die 34gr agterna verwys word? Ons het byv twee #5's oopgesny en die balletjies is natuurlik ewe groot. Nou nie n skaal daar gehad nie dus kon ons dit nie weeg nie. Die twee verskillende patrone se kleur kruit het verskil, maar dit kan natuurlik van vervaardigers verskil, hang af waar die patrone vandaan kom.
2. Is dit maar net n vervaardiging ding, of is daar n rede raavoor dat die brass gedeelte van n patroon se lengte verskil van vervaardigers?

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 9:23 am
by G-force
Die gr dui aan watse lading agter die lood sit.

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 9:48 am
by BRNO (Pierre)
G-force wrote:Die gr dui aan watse lading agter die lood sit.
Maw dit verwys direk na kruit?

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 10:15 am
by Beretta
Die gram dui die lood se gewig soos bv 24 28 32 ens. Die brass het niks met enige iets te doen nie as ek dit so kan stel low brass high brass ens. Die hael grote is bv no 5 6 7 ens
Beretta

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 10:36 am
by Rudi Fischer
Beretta is reg.

Die 36 gram is die lood laading
Die 7,6,5,4, is die groote van die korrels.

Maw. 36 / 5 het meer korrels as 30 / 5, alhoewel altwee die selfde groote korrels het nl no 5

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 10:45 am
by Johan van Wyk
In die ou swartkruit dae is daar van "drams" gepraat wat die kruitlading aan betref. Hier en daar is nog steeds `n vervaardiger wat "drams equivalent" aandui vir die kruitlading.

Die 34 gram gedeelte verwys inderdaad na die gewig van die lading hael in die betrokke patron. Weereens, in die ou dae was dit onse en daar is vervaardigers wat hierdie gewig steeds in onse aandui.

Let ook net daarop dat daar `n verskil is tussen Britse, Europese en Amerikaanse hael groottes. Nie almal se nommer 5 is dus ewe groot nie.

Daar is ook ammunisie daarbuite wat spesifiek vir ouer gewere bedoel is wat met karton ("fibre") pluisies gelaai is. Hulle het, in al my proefnemings, ellendig gewerk in enige van my modern OU's. Laasgenoemde werk gewoonlik beter met plastiek pluisies wat in die loop uitsit en die gas beter afseel.

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 11:49 am
by G-force
458Exp wrote:Beretta is reg.

Die 36 gram is die lood laading
Die 7,6,5,4, is die groote van die korrels.

Maw. 36 / 5 het meer korrels as 30 / 5, alhoewel altwee die selfde groote korrels het nl no 5
458 Het die 36 en se maar die 28 nommer 5ve almal die selde kruit lading ook of word dit aangepas?

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 12:13 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie manne. Al klaar is daar meer lig vir my. Iemand het my die foto van die getroue ou Somchem boekie gestuur. Hierin wys dit ook baie mooi hoe dit aanmekaar gesit word.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/43ad0479-d040-4f79-b2a5-ff8a916d70ff.jpg

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 12:31 pm
by Beretta
Ge die kruit ladings verskil wel soos bv van 24gram na 28gram net so terloops die 24 is viniger as die 28 maar met minder skop as ek dit so kan stel
Beretta

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 3:12 pm
by Pappabeer
Net terloops. Daai Somchem boekie is verkeerd om na die massa van die hael te verwys as "grains" terwyl dit eintlik gram is.

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 5:12 pm
by Johan van Wyk
G-force wrote:
458Exp wrote:Beretta is reg.

Die 36 gram is die lood laading
Die 7,6,5,4, is die groote van die korrels.

Maw. 36 / 5 het meer korrels as 30 / 5, alhoewel altwee die selfde groote korrels het nl no 5
458 Het die 36 en se maar die 28 nommer 5ve almal die selde kruit lading ook of word dit aangepas?

Sonder die geringste greintjie van twyfel kan jy aanneem dat die 28 5's nie naastenby dieselfde lading dryfmiddel in het as die 36's nie.

Re: Haelgeweer ammunisie

Posted: Sun Jul 06, 2014 5:28 pm
by G-force
Dankie,maak ook sin.