Page 1 of 80
Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 01, 2011 11:55 am
by Francois Marais
Nuwe lede
Stel julself gerus voor aan die forum, en sommer by voorbaat....
BAIE WELKOM
Mooi loop
Francois
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 01, 2011 3:01 pm
by Monrique (SJ)
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 01, 2011 7:28 pm
by KSV
Okay,
Hallo almal. Hein is die naam. Bly nog steeds in Kathu.
Hou nog steeds van die forum en al die lede geniet ek ook.
Maak nog steeds mooi!
Hein
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 02, 2011 7:55 am
by BLOK
Hetom
Kom nog steeds van Potchefstroom, en my naam is nog steeds Blok Botha en vir die res ditto vir wat Hein se.
Ek hoop nou almal volg die pad
Blok.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 02, 2011 10:05 am
by JACQUES BOTHA
KSV
Hein jy was n rukkie stil, bedrywige tyd by die werk of het jy bietjie in die buiteland gaan kuier?
Groete
JAcques
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 02, 2011 10:15 am
by KSV
JB,
Bietjie besig en so bietjie persoonlike issues gehad.
Het nie kans gehad om te gesels nie.
Jy was daam self nie baie spraaksaam nie?
Maak mooi!
Hein
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 02, 2011 3:00 pm
by D4D
Hallo Ooms en Tannies
Is al `n paar maande op die forum maar het my nog nie behoorlik voorgestel nie
My naam is Tinus Roux en ek kom oorspronklik van Namakwaland(Kamieskroon omgewing),het as boerseun groot geword en boer nog steeds.
Ek is nou huidiglik in Rosh Pinah(Namibie) vir die laaste 8 jaar.
Dit is `n top forum hierdie en ek het al baie geleer en gaan nog baie leer.
Moet se my vermoe om jakalse in te roep het al met 100% verbeter(alles te danke aan julle manne)
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 02, 2011 6:33 pm
by willem
Hallo almal ,het al n hele ruk gelede angesluit ,maar nog nooit geskryf nie,lees te lekker
Ek is n bees boer in die Potchefstroom omgewing en geniet jag baie , skiet so nou en dan blourue in die nag ,maar nie meer so gereeld soos wat ek sou wou nie.
groete
Willem Kooij
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 07, 2011 11:04 am
by Lammie Brand
Hallo daar manne ek is afkomstig vanuit die boesmanland, daar in die Kliprand en Loeriesfontein distrik. Sien baie uit om van julle te leer. Groetnis
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 07, 2011 12:19 pm
by Ponkie
Hallo almal
Dankie vir al die Ooms wat die vrymoedigheid neem om hulle-self net eers voor te stel! Dis net goeie maniere soos my Pa sou se! Ons kan mekaar nou nie in die oe kyk en bladskud nie, maar net bietjie agtergrond sal die ding doen!
Hoop julle geniet die forum en voel vry om julle kennis en misskiet stories met ons te deel!
Groetnis
Ponkie
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Mon Mar 07, 2011 12:26 pm
by Frederik
Hallo Almal,
Ek is ook nou al ruk hier maar nog nooit regtig voorgestel nie.
Eks 'n beroepsjagter wat nou al vanaf 2003 dit permanent doen. Ons maatskappy is Infinito safaris julle kan gerus gaan kyk
http://www.Infinito-Safaris.com
Ek sit baie voor die rekenaar as gevolg van video editting film jagte en troues as ek nie self jag nie.
As ek tyd kry is ek ook mal oor visvang het ruk lank spesie gehengel maar nou met min tyd is papgooi die ding.
Gaan nou juis die naweek wat kom die dam probeer leeg vang.
Groete
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Tue Mar 08, 2011 8:54 am
by D4D
Lammie Brand wrote:
Hallo daar manne ek is afkomstig vanuit die boesmanland, daar in die Kliprand en Loeriesfontein distrik. Sien baie uit om van julle te leer. Groetnis
Boer jy nie dalk op Gamoep nie, of is jy nie dieselfde Brand aan wie ek nou dink nie.
Indien dit jy is dan sal jy my pa en oom baie goed ken van Roux Boerdery.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Mar 10, 2011 5:02 pm
by theedge
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Mar 10, 2011 9:53 pm
by WOLF
D4D wrote:
Lammie Brand wrote:
Hallo daar manne ek is afkomstig vanuit die boesmanland, daar in die Kliprand en Loeriesfontein distrik. Sien baie uit om van julle te leer. Groetnis
Boer jy nie dalk op Gamoep nie, of is jy nie dieselfde Brand aan wie ek nou dink nie.
Indien dit jy is dan sal jy my pa en oom baie goed ken van Roux Boerdery.
D4D
Nee hy is nie van daardie omgewing sover ek weet nie,maar jy kan hom uitvra oor "MR JUSTICE"
Manne
Ek is van Calvinia en ek is hier gebore en het sover ek weet ook hier groot geword.Ek is Deon Brundyn en jag maar hier in die omgewing as die tyd dit toelaat.
WOLF
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 11, 2011 8:09 am
by D4D
Wolf/Lammie
Sorry ek het weer gaan dink en het `n fout gemaak.Die persoon wat ek aan dink is Mnr Nell wat op Gamoep boer en ook in die Boesmanland omgewing jakkies jag.
Laat ons bietjie hoor van ''MR JUSTICE''
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 11, 2011 6:24 pm
by Monrique (SJ)
Lyk my nie almal wat aansluit lees die altyd raak nie!
Groetnis
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 11, 2011 6:38 pm
by Vriendin
Haai (of sal ek se Karp) - Ek is van Kimberley. Ons het vir baie jare gehengel en vir een of ander rede het ons opgehou. Die visvang gogga het alweer gebyt ...... baie bly daaroor natuurlik. Ons gaan nou elke tweede naweek na die visvang geriewe in ons area - elke keer 'n ander plek. Kan nie glo die visvang geriewe het so verswak nie. Ek lees gereeld die forum en vind die inskrywings interessant - 'n paar keer ook lekker gelag vir sommige van die antwoorde. Visvang is, was en sal altyd lekker bly.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 11, 2011 6:41 pm
by Monrique (SJ)
Vriendin
Baie welkom by die beste forum wat daar is.
Hoop jy LIKE! Geniet dit en deel jou ondervindings met ons ook.
Groetnis
SJ
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Mar 12, 2011 8:05 am
by kolskoot
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Sat Mar 12, 2011 8:19 am
by Wielie Waps
Welkom Deon
Dra my groete oor aan vriende daar in jou omgewing - Bernie Goenewald, Fanie en die Oldewages
Groete
Willem
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 16, 2011 2:45 pm
by Plant
Goeie Middag aan almal.
Lees al 'n geruime tyd die forum, en vind dit baie innteresant en baie leersaam.
Naam is Hein, bly teen die Weskus.
Meer sin vir die roere as vir die vis bakkies (seesiek is niemand se maat nie), hoop om eendag ook iets sinvols te kan post en sodoende bietjie terug gee.
Groete.
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Wed Mar 16, 2011 2:56 pm
by Raven
Plant,
Welkom, geniet dit.
P.s Hier in NAM vang ons net van die kant af, baie lekker en 'n man hou die bier in.
Praat met KSV of Songdaug, hulle hou van "flut", sommer hier op die droe? grond, as ek reg onthou
Raven
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Thu Mar 17, 2011 11:20 pm
by KalahariKlong
Goeie naand almal. Ek is nuut op die forum en het al reeds baie waardevolle inligting/kennis raak gelees. Lekker om te sien hoe almal hulle kennis en ondervinding graag deel. Ek hoop om n positiewe inpak op die forum te maak en ook die bietjie kennis wat ek het te deel.
Ek is van die "groen" kalahari af (Kathu). Vang graag vis in die somer en jag in die winter. So ja, nou kan ons gesels.
Groete
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 18, 2011 6:25 am
by Pvdw
Welkom KK
Ek hoop daai vis wat jy vang is geles in die rivier met 'n vliegstok!! As dit is kom kuier ek al nooi jy my nie
Peet
Re: Nuwe aansluitings
Posted: Fri Mar 18, 2011 5:43 pm
by Fisher
Hallo Manne
Ek het al n rukkie terug aangesluit maar soos wat dit maar in die lewe gaan het ek nie veel tyd gehad het om betrokke te raak nie.
Nou ja laat ek begin.
My naam is Ferdi Koekemoer, ek is in Lichtenburg. Ek het vir van ek kan onthou n passie vir alles wat skiet, behalve kettie boog en spek, (Kettie - kan ek nie. Boogskiet - het ek probeer maar gebrek aan loop en kruit de-motiveer my om tyd daar aan te spandeer, spek skiet - net as ek dronk is maar ek drink nie meer onnodig nie)
Ek skiet graag en besit- PCP luggeweer, voorlaaier, jag-handwapen, jag-geweer, skyfskiet-geweer, meerkat-geweer en haelgeweer. Ek herlaai uitsliutlik, vir dit wat mens kan, MAAR haelpatrone koop mens....
Ek jag nie so baie soos ek skiet nie, maar ek het heelal wild al gejag en ook n paar geskiet maar ek het ongelukig so paar jaar trug ophou boekhou, waar oor ek nou baie baie spyt is.
Ek hengel ook graag, maar verkieslik in die see, en dan verkieslik met flieg-gerei vanaf 'n jetski en soms rots en strand ook dan met die vlieg, maar ek dink eerder aan skiet en 'n klomp andergoete voordat ek 'n stuk pap in 'n dam gooi !!
Dankie vir die besonderse forum wat julle hier het.
Groete