Page 1 of 1

kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:38 pm
by william007
Goeie dag
Het so op nommer 99 gou n kalahari jag gereel saam familie en vrou.donderdag gereel en vrydag die langpad aan gevat

Was maar lekker koud gewees op die pad maar die weer het al hoe better geraak soos wat ons nader aan die plaas gekom het.
Het die aand af gepak en n lekker koffie gedrink iets klein geeet en in die bed gaan spring want ons tyd was maar biekie min.
Saterdag oggend vroeg uit die bed skiet baan toe en toe veld toe ,my skoonpa was agter gemsbok aan en my vrou n trofee blouwildebees haar eerste een ,ek het gekyk vir trofee Rooihartbees.
8:45 toe kry ons die blouwildebeeste waar ons n mooi bul uit gesoek het ,so op 210 meter het hy my dwars gaan staan en die 308 met die SST 150gr punt het sy plek gekry op sy skouer perfekte hart skoot 5 tree verder toe le hy koud dood.

het hom gelaai en slegs n half uur later die rooihartbees ek het die 300 win mag met 165gr game king hom mooi plat gemaak

op gelaai en ry ons op die gemsbokke vas en die 270 klap en daar le die bok 10:38 toe is ons weer trug in die kamp

Later die middag het ek gou n draai gaan ry kyk vir n vark en hom gekry en die 308 het hom op sy kop die stof laat draai

wonderlike naweek en daar is net nie n ander plek soos die kalahari nie

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:42 pm
by henried
Geluk, baie mooi diere geskiet.

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:45 pm
by william007
So son onder op die duine

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:47 pm
by Hilux01
Goeie werk William

Daai is nie sleg vir n een dag jag nie

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 2:49 pm
by PWV
Geluk, mooi geskiet!

Sal graag wil weet wat die SST op die BWB gemaak het? My ondervinding is dat dit 'n kop-skiet-koeƫl is.

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 3:24 pm
by Chevvy SS
Waar was dit William?

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 4:02 pm
by Piet Pille
Baie geluk William.
Voorwaar 'n prestasie om soveel wild suksesvo in een dag te jag.
Die Kalahari bly een van die mooiste plekke in die wereld!

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 4:52 pm
by Flip Nel
Baie geluk, mooi bokke mooi Foto's

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 5:19 pm
by william007
Baie dankie manne
ja nee dit was n vinnige jag vir n naweek

Chevvy dis so 150 km anderkant oliefantshoek van zylsrust se kant toe.

pieter w Voster daai SST punt het super gewerk hulle het so biekie vleis gemors maar ook nie meer as ander punte nie die punt het sy volle gewig behou met n 148gr dit was 150gr punt

Ek het die punt gekry sal biekie foto neem ,die blouwildebees se blad en hart was vlenters.

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Mon Jul 14, 2014 5:26 pm
by william007
Hier kan jy sien hoe sy hart lyk en die skoot op sy blad net biekie af gewas met water

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Tue Jul 29, 2014 10:20 am
by Rappie
Pragtige hartskoot. Lekker as n jagtog so suksesvol afloop en elkeen so mooi bok kry - insluitende die ou varkie.

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Wed Feb 11, 2015 7:01 am
by Broadbandboer
Well done. Die veld is nie altyd so vrygewig nie!

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:08 am
by william007
Ja nee kyk dis min wat n man die kaans kry om alles in eendag te skiet ,dit gaan glad nie altyd so maklik nie
Maar ek was dankbaar vir die kaans en alles het so mooi in plek geval vir die min tyd wat ek gehad het.
En ek is baie dankbaar dat die natuur my so geleendheid gegee het om daar te wees ,dis wonderlik die natuur

Re: kalahari jag 2014 die naweek gewees

Posted: Thu Feb 12, 2015 3:56 pm
by Boesman10
Baie geluk en dit is darem maar 'n ongelooflike mooi deel van die land daardie.