Page 1 of 1

Blou Wildebees

Posted: Mon Jul 21, 2014 10:48 pm
by Carl
Saterdag oppad plaas toe het die koue nog lekker gebyt.
https://lh3.googleusercontent.com/Q_IUxZPgf-6yjjFyfP9T286ze3lb22hm9lNBE_vherA=w407-h229-p-no

Ek kon Saterdag al 'n draai loop terwyl ander jagters hulle BWB gesoek het. Die vorige middag 17:30 gekwes >:( Bees nommer 5 of 6 die jaar op die plaas.
https://lh3.googleusercontent.com/ICs3wfnEoI3IjKDWTzJhsI9uu73CJEVLhhW6hCy-HpQ=w129-h229-p-no
Die aand het 'n ander gekwesde BWB kom vreet by die koedoes se lusern. Voorbeen was mors af. Ek het permisie gekry en gaan lê op die lapa se sement vloer. Die bok wou nie mooi staan vir 'n skoot nie, naderhand moes ek 'n kussing onder my sit want my battery was besig om af te koel :o Gelukkig staan die bok mooi stil en sonder ander agter hom voor ek begin verkluim. Die 95gr BT verlos hom van sy lyding.

Sondag was dit rusdag vriende het arriveer vir die week se jag. Ons het gou gaan McDonalds piekniek eet in die droë rivier bedding.
https://lh6.googleusercontent.com/cZZF681P2Gtoi3bESGjPxMq7P0lj9UF0xzrhLTX308s=w408-h229-p-no

En toe is dit skietbaan toe om in te skiet. Darem lekker as die meisiekinders ook deel neem aan die skiet.
https://lh4.googleusercontent.com/3d29DeVPR3tmBB10FiONgrOTMKmBpYXj2yhuoUd2WIk=w408-h229-p-no

Re: Blou Wildebees

Posted: Mon Jul 21, 2014 11:07 pm
by Carl
Ek het die week op die plaas baie tyd in die veld spandeer, wat 'n voorreg. Ek was eers opsoek na 'n ouerige eland koei maar ek het die elande net in die verte gesien. Die koedoe koeie het my ook uit oorlê. Maar ek moes ook my vriend en sy seun uitneem en dan natuurlik vir Frikkie.

Maandag oggend vroeg kry ons die BWB trop onder die krag drade. Hulle wei rustig op so 75m, ons staan in die koelte van 'n karee ongesiens. Ek en Marcel besluit ons gaan nie nader gaan eerder wag vir 'n oopskoot. Alhoewel die bokke net in die gras was, was dit te lank vir 'n duidelike prentjie van die vitals. Die man het vir 2 ure geduldig gewag. Toe al die bokke gaan lê het of in die bos in is het ons maar nader bekruip. Ons kry toe weer 'n koei op 50m wat nog so 20 minute wei voor haar skouer oop is. Toe die skoot klap is die dit net Willebeeste reg rondom ons! Hy't haar nog so versekering skoot gegee. Die man gaan nog 'n groot jagter word, skiet goed, oefen baie en het die regte temperament.
https://lh3.googleusercontent.com/reHiBaU9J35Etzi172PIkCDxPA85oX1ANPcxaWDxp6s=w375-h211-p-no

Ek het vroeg Vrydagoggend voor Frikkie en Alwyn se aankoms uitgeglip vir 'n laaste desperate poging vir my eie vleis. Ek het 'n troppie koedoe koeie teen die koppie sien uit stap - so 800m van my af. Ek het duer die ruigste deel van die plaas padlangs gestap na hulle, met die hoop dat ek hulle teen die oorkant sou kry. Ek het maar gehou in die pad want mens kan baie sagter daar loop. Om 'n draai loop ek my vas teen troppie BWB wat rustig wei. Daar is nie tyd vir skiet stokke nie, maar die naaste een staan anderkant 'n karee boom. Toe ek die geweer op die dwars tak rus snork hy en draai dwars. 1..2 boom en die bokke laat waai. Ek gee so minuut kans en begin spoorvat in die pad. Maar die bok was nie in die pad op saam met die ander nie. Oppad terug na die skiet plek sien ek hom lê in die gras so 30m. Die spoor het amper geen bloed gewys nie.

Die HV 150gr is so op 2850 deur die hart en het baie mooi gewerk.
https://lh6.googleusercontent.com/-Nja_9un9Hbw/U81wXWpv7GI/AAAAAAAAFCY/fbTtOA8nvlU/w250-h600-no/20140718_093301.jpg

Ek het baie min vleis weg gesny, hierdie is op die uitgangskant se blad. Daar was groot bloedswam tussend die vliese maar ek kon dit maklik verwyder. Ek is nog nie een oomblik spyt ek het oorgeskakel na mono koeëls nie.
https://lh5.googleusercontent.com/-z-_HsoslBDQ/U81wdpYVlZI/AAAAAAAAFDI/GN0TBXYzypQ/w450-h800-no/20140720_125526.jpg

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 7:46 am
by henried
Te lekker, ons sien jou einde Aug.... ;D

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 7:51 am
by Frikkiedbr
Mooi Carl, ek het gewonder wanneer gaan jy oor jou wildebees praat :)

Lekker Henried hoop jy kry ook weer iets

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:18 am
by VdWalt
Netjiese skoot! Regtig jammer jou skoonpa vat nie dag besoekers nie....

(Is daai mes nie die skerpste rak mes wat jy nog gekoop het nie! Nou die dag een by Eugene
gekoop. Skerper as my Buck, Kershaw, Meula.....mens kan nooit te veel messe hê nie)

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 8:36 am
by Alwyn
Lekker sagte steaks!!!!

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 12:51 pm
by Carl
Frikkie, Alwyn gaan jou weer saam bring daai naweek.
VdWalt, ja daai messe is baie skerp. Net jammer hy roes binne die hef. Maar 'n paar manne het gesê hy loop mooi duer die groot BWB wat ek geskiet het.
Alwyn, almal in die vakuum verpakking. Wag net vir die braai.

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 2:47 pm
by henried
Ek hoor Alwyn en Zander is agter dieselfde bok aan..... :o
Alwyn, Zander wil weet wanneer jy weer gaan... ::)

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 2:56 pm
by Alwyn
henried wrote:Ek hoor Alwyn en Zander is agter dieselfde bok aan..... :o
Alwyn, Zander wil weet wanneer jy weer gaan... ::)
Die plan WAS :o om die laaste naweek in Augtus tegaan.. Vrou lief wou vamielie naweek maak daar van,
MAAR die skoon oures is dan in die Kaap en dis my susie se kombuis tee....

So as ek gan sal dit n 99 wees dis tese as daar dan nog plek wees....

Dalk voor dan >:D sal nog sien...

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:00 pm
by henried
Ons is daai naweek daar...
My seun droom oor daai bok.

Hy het daai dag ingekom by die watergat toe ons vir Ruan sy bok geskiet het...

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:10 pm
by Alwyn
Ek verstaan dis n mooi bok... Almal het daai bok gesien die naweek behalwe ek :laugh:

Dit was die selfde as die Blou Wildebeeste!!

Ek se vir Carl as ek nie op die Waterbok af kom nie gan ek bietjie verder rivier langs gan en n Blou Wildebees skiet. Kry nie die waterbok nie, en al waar op ek toe af kom is die jong span almal pen koppe! Trug by die kamp vertel Carl en Frikkie my van die MOOI Blou Wildebeeste wat hulle gesien het :):

Jy kan vir Zander se hy kan rustig slaap, ek sal die Waterbok oorsien die keur maar die Blou Wildebees is n ander storie..

Jammer vir die Hijack Carl!!!

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:17 pm
by henried
Alwyn wrote:Ek verstaan dis n mooi bok... Almal het daai bok gesien die naweek behalwe ek :laugh:

Dit was die selfde as die Blou Wildebeeste!!

Ek se vir Carl as ek nie op die Waterbok af kom nie gan ek bietjie verder rivier langs gan en n Blou Wildebees skiet. Kry nie die waterbok nie, en al waar op ek toe af kom is die jong span almal pen koppe! Trug by die kamp vertel Carl en Frikkie my van die MOOI Blou Wildebeeste wat hulle gesien het :):

Jy kan vir Zander se hy kan rustig slaap, ek sal die Waterbok oorsien die keur maar die Blou Wildebees is n ander storie..

Jammer vir die High-jack Carl!!!
Hy sê dankie.... ;)

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:17 pm
by Frikkiedbr
Alwyn, dink jy moet maar vir Carl volgende keer vra om jou gids te wees, hy is baie geluk ;D

Ja ek weet ek het niks gekry nie maar soos Carl daai een keer vir my gesê het jy moet wakker wees ander gaan
jy niks kan skiet nie >:D

Jammer Carl ek hi jack ook so bietjie :-\

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:41 pm
by Carl
;D ;D
http://images.sodahead.com/polls/000255066/polls_Thread_hijack_5843_833502_poll_xlarge.jpeg
of
https://encrypted-tbn3.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRuWnURbLvOLhYv8o1wragx3z9O30gMahHC7EDLTIaG17dHoyd9Nw

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:46 pm
by henried
http://blog.wabona.com/wp-content/uploads/2013/04/Askies.jpg

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:53 pm
by Alwyn
henried wrote:http://blog.wabona.com/wp-content/uploads/2013/04/Askies.jpg
X12

Re: Blou Wildebees

Posted: Tue Jul 22, 2014 3:55 pm
by Frikkiedbr
Jammer Oom Carl :'(