My droom Oos-Kaap Koedoebul gejag.
Posted: Mon Aug 04, 2014 9:51 am
Ek het so effens van 'n passie (mens kan dit seker fanaties noem) vir Koedoe jag op oop plase in die berge van die Oos-Kaap.
Hulle word nou nie so groot soos hulle Bosveld nefies nie, maar die idee van "geen guarantee" op die oop plase en die kans dat jy vir 3 dae nie eers 'n mooi bul gaan sien nie - maak mos die liefde vir 'n "challenge" in 'n man wakker.
Dan kan 'n man nog tussen troppie na troppie Ribbokke ook deur kruip, wat dit meer spesiaal maak.
Die Ribbokke op my vriend se plaas word nie gejag nie (dalk so 1 of 2 per jaar) en hulle is orals - sommer klompie 7duim plus rammetjie raakgeloop.
Koffie en broodjies op die uitkyk vir Koedoes:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140725-00906_zps85d4e154.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140724-00905_zpse51e5fc6.jpg
Op dag 3 het ons op 'n kloof se rant gesit met die wind agter ons - in die hoop dat daar dalk 'n Bul aan ons kant van die rant - met ander woorde uit die wind sou staan. Het 'n klip of 2 in die bos gegooi, maar niks.
Ons het al opgegee en begin hard gesels toe die Bul ewe skielik uitvlieg en teen die oorkantste rant uithardloop.
Het hom op so 200/220m van agter in die hardloop geskiet - met sy buckle kon my vrind 'n opvolgskoot skiet.
Die Bul het my toe bietjie laat draf, maar ek kon hom heeltyd hoor en sien en kon hom gelukkig toe met 'n finale skoot agter die kop omdop.
Toe begin die sports - ek kan maar net sê die Bul het so 5 ure na die skoot gehang in die slagkamer.
Kon hom seker nie op 'n slegter plek op die plaas skiet nie - het 6 manne en pale en baie vloek gekos - maar dis maar deel van Koedoe jag in die deel van die wêreld.
Die meneer is 50 duim op die kop en het 168 skoon karkas uitgeslag. Nie sommer aldag wat 'n man hulle sien in die Oos-Kaap nie. Groot voorreg gewees.
A.g.v logistieke was daar ongelukkig nie kans vir great fotos neem nie.
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/Adelaidebul2_zps077a1438.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140726-00916_zpsb9aecb19.jpg
Manne het my gevloek:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/IMG-20140726-00917_zpsa2880166.jpg
50" en 168kg skoon karkas:
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/50%20duim%20jag/Adelaidebul_zps92396f37.jpg