Page 1 of 1
Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Tue Mar 08, 2011 1:49 pm
by marno
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Tue Mar 08, 2011 2:00 pm
by BLOK
Baie mooi wildebees.
Blok
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Tue Mar 08, 2011 3:04 pm
by Wouter Roets
Hallo Marno
Baie welkom hier! Stem dit is n mooi blouwildebees. Daai koedoe met nog so paar jaar agter hom sou redelike goeie duime gehaal het. Vertel bietjie met watse kalibers jy geskiet het, ek sien dit is verskillende gewere. Watse silencer het jy op jou roer?
Groete
Wouter
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Tue Mar 08, 2011 3:08 pm
by marno
Hi Wouter,
Die Wildebees was met 'n .30-06 geskiet.
Die Zebra met 'n .270. Die silencer gebruik ons eintlik as ons jakkalse skiet, demp darem bietjie die klank.
Die kudu het ek met een van my gunsteling gewere geskiet.
Het vir my 'n Steyr Mannlicher - 7mm Rem Mag gekry so huidiglik is dit my speel ding. hehehe
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Tue Mar 08, 2011 6:51 pm
by James Wilson
marno wrote:
Die kudu het ek met 'n 30-06 geskiet.
geluk, mooi skote
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:22 pm
by marno
Sorry ek raak so opgewonde ek het 'n verskriklike tik fout gemaak.
Jammer julle. Ek het dit verander.
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Wed Mar 09, 2011 12:58 am
by Francois Marais
Wouter
Daai koedoe met nog so paar jaar agter hom sou redelike goeie duime gehaal het.
Stem mater, sal sommer lekker gemmet het met nog so n twee jaar by, kannie glo dat daar nog manne is wat koedoe's skiet met horings wat agtertoe kyk nie......
Mooi loop
Francois
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Wed Mar 09, 2011 4:38 am
by marno
Hi Francois,
Nie seker wat jy met jou stelling bedoel nie maar die kudu was geskiet vir vleis doeleindes en nie trofee doeleindes nie.
Moes hom seker maar nie hier gepost het nie maar dit bly vir my 'n mooi bok.
Groete
Marno
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Wed Mar 09, 2011 2:45 pm
by Francois Marais
Marno
Sorry mater, vergeet partykeer dat daar net vir vleis geskiet word ook, kyk ma altyd na die goed uit n trofee oogpunt.......Sou baie mooi vleis gewees het daardie...
Mooi loop
Francois
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Wed Mar 09, 2011 3:39 pm
by marno
No Probs!!
Thanks man! Sal maar as ek 'n trofee skiet hierdie winter hom hier opsit.
Re: Hier is my paar mooies die laaste ruk....
Posted: Mon Aug 08, 2011 12:32 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom Marno
dit is mooi bokke daai
lekker dag
BLOUVALKIE