Page 1 of 1
Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Aug 07, 2014 9:36 pm
by kierriie
Hi manne ek ry die 30 Aug. Jozini toe. Was iemand nie nou onlangs daar wat bietjie raad kan gee nie. Gaan vir 7 dae. Vat my eie boot saam. Hoop ons kan gaan lekker maak.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Fri Aug 08, 2014 6:58 am
by welver
Het gisteraand met n friend van my in Pongola gepraat,hy se hulle het Rooibors kurpers en n paar tiervis al gekry op na die treinbrug se kant toe.
Groete
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Fri Aug 08, 2014 7:11 am
by J le Roux
Ons was in Februarie daar, groot sports gehad. As jy bereid is om aas te gooi, gewiglose sardien en oopgevlekte hoenderhart (harte was beter as sardien).
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Fri Aug 08, 2014 7:25 am
by kierriie
Dankie vir die inligting. So die vis begin byt. Sal die harte probeer.
Weet iemand nie dalk hoe vol die dam is nie, en hoe lyk die water kleur.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Tue Sep 16, 2014 11:57 am
by J le Roux
Nou toe Kierie, waar is die fotos????
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Tue Sep 16, 2014 3:12 pm
by kierriie
Te klein om te wys. Het my tyd gaan mors daar. EK bly by die mooiste dam in SA (Vanderkloofdam) nou ry ek 950km na n dam en gaan mors my tyd op klein tiervissies. As ek n week op vanderkloof spandeer vang ek tenminste 200+ geelvis en dan nog n monster van 10kg+. Ek sal niemand aanbeveel om Jozini toe te gaan nie, gaan eerder casa de pesca by cahorra bassa toe as jy wil tiervis vang.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Wed Sep 17, 2014 11:54 am
by Rasmus
Kierriie
Dis jammer julle het net klein visse gekry. Jozini kan maar n moeilike perd wees lyk dit my. Ons was laasjaar daar en het lekker gevang.
My swaer het ntier van 6.3kg gevang en ons ander het 2.8kg en 2.3 kg gevang asook een kleintjie op spinners. Live bait is blykbaar die antwoord op Jozini en baie geduld. Meeste suksesvolle ouens sit vir lank op een plek. Hulle reken dis nie bass vang nie, help nie jy ry van plek tot plek met n fishfinder nie.
Die ou wat ons uitgevat het, gebruik net lewendige kurpers. Hy reken hy het nog nooit n sardien of hoender sien swem in Jozini nie.
Ons is juis weer besig om n trip te beplan vir Nov.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Tue Oct 14, 2014 8:02 am
by Piet Breedt
Die geheim is om jou fishfinder af te sit as jy op drift, of op anker is. Die ping daarvan sit hulle af.
Jozini het baie groot tiere, maar hulle is maar sku om hoek te vat. Lewendige aas is maar die geheim as jy grotes wil vang.
Die Kurper wat jy vir die grotes swem, moet te groot wees dat die kleintjies hom wil vat. Jy gaan dan baie minder byte kry, maar as iets vat, gaan hy groot wees.
Ek het eenmaal n klein tiertjie van sowat 8" geswem en n moerse tier het hom gevat. Ek het hom ongelukkig verloor, maar die bytmerke op die tiervissie het gewys dat dit n bielie was. Ons het ook een n hele paar keer tot by die boot gebring, en toe ons skep, mis ons hom en hy kom los. Hy was byna n meter lank gewees.
Die dam rekord is blykbaar oor die 8 of 9kg. Ek kan nie meer onthou. Die ou by die "Junkshop" in Pongola het my daarvan vertel.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Tue Oct 14, 2014 9:41 am
by Rasmus
Piet
Dis baie waar wat jy sĂȘ ivm met die fishfinder. Blykbaar is die tiere baie sku vir daai ding. Ons gaan weer die naweek van 13 Nov in Jozini se rigting ek kan nie wag nie! Die grootste tier wat nog in Jozini gekry is was n dooie vis van 13Kg. My swaer het laasjaar n mooi vis van 6.3kg gevang en ons ander het 2.7 en 2.9kg tiere gevang.
Sal graag nog in die Komati wil gaan vang ek verstaan daar is lekker vis daar.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Mon Nov 17, 2014 11:06 am
by Rasmus
Ons was die afgelope naweek op Jozini.
Dit was weer baie lekker en gelukkig nie vreeslik warm nie. Ons het n paar tiere gevang en seker drie keer meer verloor. Hy bly maar n bogger om gestrike te kry.
Laas donderdag het hulle n mooi 6.2kg gevang en gister middag weer n 5.6kg. Ons grootste was n 4kg gewees.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Mon Nov 17, 2014 11:10 am
by Rasmus
nog
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Nov 20, 2014 10:55 am
by kierriie
Rasmus op wat het hulle gebyt. Het julle in die rivier of in dam self gevang.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:29 pm
by Rasmus
Hallo Kierriie
Ons het in die dam gevang. Reg oorkant die launch site. Phillip ons skipper glo net in Live bait. Hy vang slegs met kurpers.
Soos ek genoem het, het n vrou die dag voor ons n 6.2kg gevang en Sondag middag toe ons weg is het hulle n 5.6kg gevang.
Ons het n paar monster bye gehad maar kon hulle nie suksesvol vasmaak nie!
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:49 pm
by Rasmus
Sien die twee fotos van die 6.2 en 5.6kg. Beide is ook oorkant die launch site van parkeraad gevang.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:53 pm
by kierriie
Nee nou maak jy nie reg nie. Ek ry somer more.
Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:56 pm
by Rasmus
As jy doen stop asb op Middelburg en laai my op....

Re: Wat gebeur by jozini
Posted: Thu Nov 20, 2014 5:24 pm
by Reggie Gerber
kierriie wrote:Nee nou maak jy nie reg nie. Ek ry somer more.
Rasmus wrote:As jy doen stop asb op Middelburg en laai my op....

Via Ladysmith manne
