Page 1 of 1

Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:16 am
by atjie
Hi Manne

Ek het die naweek bietjie gaan jag, en in die gesels rondom die vuur het die eienaar gese die jakkalse knou die rooibokke, ek het aangebied om hulle te probeer skiet en die oom het gese dis reg, hul gebruik tans gif, en ek glo skiet is beter vir die omgewing.

Nou my vraag, wat sal die beste manier wees ek wil nie gaan en niks regkry nie ek wil darem n paar skiet.
Ek wil ook nie n fox pro gaan koop vir dalk net een keer nie. Kan mens n goeie radio wat met batterye werk gebruik en net die cd speel met die klanke op.

Asb ek sal hul wardeer.

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:30 am
by Cobus(Cobb)
Lees die tong in die kies....dis nie persoonlik nie, maar die boodskap is duidelik, glo ek..

As die gesels om die vuur oor die boer se foutiewe plumbing gegaan het,, sou ons dan ook so graag wou uithelp,? raad vra? tools koop of leen om die boer uit te help??
Of is die beste raad aan die boer om 'n goeie plummer se tel nr deur te gee??

Laat die ou sy local jakjagter bel, sorg dat jy saamry en geniet die jak jag aand saam met 'n pro, dan byt die gogga jou ook dalk en jy begin op die regte manier.......deur om hekke oop te maak.

Cheers

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:41 am
by Willie
atjie ek lees baie hier op die forum en kan net die volgende daaruit af lei : jy mag dalk gellukig wees om 'n radio se cd speler iets reg te kry maar die belangrikste is om ten minste 'n kursus by te woon dat jy weet waarvoor jy jou in laat en nie net daardie jakkalse gaan slimmer maak tot die boer se nadeel nie.

Watter omgewing is die plaas ? Is die eieneaar bereid om vir 'n pro te betaal ?

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:54 am
by JACQUES BOTHA
Cobb
Jou ou hand kom duidelik hier in , ek like die een van op die regte manier begin deur hekke oop te maak , jy het vergeet om te se en jakkals te gaan optel?
En dan die belangrikste is om op te let in die klaskamer want baie keer op n kursus vergeet mens soms om die doodgewone wat jy as gegewe aanvaar te noem of te verduidelik.
Look Learn Listen en Like
Jacques

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:58 am
by Triple2
Cobb, dit is nou seker die beste antwoord wat ek nog gelees het vir n baie algemene vraag/probleem.
Almal wil graag inspring en miskien n jakkels dood kry, maar op die langduur raak die probleem erger!
Groete
D

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 11:01 am
by Capt. Yoda
Cobus(Cobb) wrote:Lees die tong in die kies....dis nie persoonlik nie, maar die boodskap is duidelik, glo ek..

As die gesels om die vuur oor die boer se foutiewe plumbing gegaan het,, sou ons dan ook so graag wou uithelp,? raad vra? tools koop of leen om die boer uit te help??
Of is die beste raad aan die boer om 'n goeie plummer se tel nr deur te gee??

Laat die ou sy local jakjagter bel, sorg dat jy saamry en geniet die jak jag aand saam met 'n pro, dan byt die gogga jou ook dalk en jy begin op die regte manier.......deur om hekke oop te maak.

Cheers

Ek het so maand terug my geyser se element self reg gemaak.Tjop tjop man......
Ek was nog besig om n celebration dop vir my self te gooi toe lyk dit soos die vaal rivier daar in my gang :-\

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 12:00 pm
by 375fanatic
ek kon die naweek seker 7 skiet in die dag nie verder as 50m nie maar ek wou nie die ander wild weg jaag nie. ek weet net jy moet nie mis nie

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 12:05 pm
by Sniper18
Gaan sit vroeg ini oggend by 'n krip of dam waar hul water drink.... Het al 'n hele paar so geskiet by een van my vriende. Dan maak jy hul glad nie slim nie en die kans dat jy hul gaan kry is groot!

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 12:19 pm
by BLOK
Atjie

Ek dink Cob het dit vir jou mooi opgesom. Baie manne dink hulle help n boer deur aan te bied om jakkalse te skiet, wat seker nie verkeerd is nie. Maar as jy nie ondervinding het of al ten minste n kursus gehad het in die inroep en skiet van jakkals nie, word daar gewoonlik kwaad as goed gedoen.

Jakkals skiet is n baie ingewikkelde ding met baie tegnieke ens, vat byvoorbeeld net roepklanke wat van seisoen tot seisoen en jakkals siklus tot die volgende verskil. Gebruik jy nou die verkeerde klanke gaan jy dalk een of twee geskiet kry maar baie gaan jy nie flous nie en inteendeel al wat jy met hulle gaan doen is hulle nog skelmer leer.

So ook met die lig wat verkeerd gebruik word. As n jakkals eers een keer ligsku gemaak is dan is daar baie werk om hom weer in te kry en probeer skiet, selfs n profesionele jagter gaan dan al sy truuks uit die hoed moet trek om so jakkals dood te kry.

Soos Cob voorgestel het kyk of jy iewers n kursus kan bywoon, jy noem nie in watter area jy is nie anders kon ons dalk iemand naby jou aanbeveel daarvoor.

Die alternatief is om iemand te kry wat reeds ondervinding het en die nodige toerusting en kursusse geloop het. Gaan so paar keer saam so persoon uit ek kyk wat hy doen en vra vrae, jakkals jagters is van die min manne wat ek al gesien het wat nie skaam is vir hulp en tegnieke uitruil nie.

n Persoon wat dit vir geld doen klink dalk nie na die regte opsie nie maar glo vir my dit gaan die boer in die langduur heelwat geld spaar. Reken nou maar wat is die prys van n rooibok en gaan werk uit hoeveel al gevang is en moontlik nog gevang sou word. As jy daai som gesien het sal jy vind dat dit maar n klein bedraggie is om te betaal vir probleemdier beheer in vergeluiking met wat jy sou spaar.

Dan op n ander noot, jy se dit is rooibokke wat gevang word, nou soos genoem se jy nie in watter area dit is en presies watse rooibokke nie, jonges of grotes. As dit groot volwasse rooibokke is en selfs ramme dink ek die skuldige is moontlik eerder n rooikat ipv jakkalse soos julle vermoed, vra die boer het hy al karkaste gekry en hoe hulle gevreet is en waar die bytmerke gesit het. Dit sal alles baie help met die identiviseer van die die skuldige dier.

Sterkte en ek hoo dit verduidelik jou mooi.

Blok

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 12:30 pm
by Skolla
Atjie

Verskoon as dit bietjie kras klink, dit is nie die bedoeling nie.

Dit wat jy beplan is totaal verkeerd.
Luister maar na die raad wat die manne hier gegee het, dit is die regte goed om te doen.

Niks teen jou nie of iemand wat raad gegee het nie, maar dit help ook nie om saggies om die waarheid
te praat nie.

Sterkte

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 12:47 pm
by LN (Louis)
Blok,

Ek is seker jy het jou weerspreek:" word daar gewoonlik meer goed as kwaad gedoen. " :o :o :o

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 12:59 pm
by BLOK
LN wrote:Blok,

Ek is seker jy het jou weerspreek:" word daar gewoonlik meer goed as kwaad gedoen. " :o :o :o
Skuus man, is wat van kom as mens tot in die oggend ure moet skiet en nog die volgende dag werk hahaha

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 1:10 pm
by J le Roux
Als wat hierbo genoem is maak sin, behalwe die analogie oor die plumber Cobb :). Ek weet nie van 'n boer wat sommer 'n plumber gaan laat uitom plaas toe nie. Tyre tjoep en bindraad sal verseker eers probeer word.

Jakkalsjag op die regte manier is darem 'n ander storie.

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 1:13 pm
by atjie
Dankie vir die raad.
Ek het geweet dis nie maklik nie daarom het ek gevra, waar kan mens die kursus bywoon en meer inligting kry.

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 1:18 pm
by henried
Mei het ons op 'n plaas gejag waar die oom gif gebruik het... ++>:
Hy wou nie iemand betaal wat die jakalse skiet nie... :):

Ons het toestemming gevra en het mooi verduidelik ons is groen, hy het geen probleem daarmee gehad nie.

Iemand op die forum was so gaaf om my te help met 'n caller en nog 'n paar opleidings hulp middels.

Ons het dit baie geniet. Moet erken ons het droog gemaak, maar dit was baie lekker... ;D

Re: Jakkals skiet

Posted: Tue Aug 12, 2014 2:23 pm
by BLOK
atjie wrote:Dankie vir die raad.
Ek het geweet dis nie maklik nie daarom het ek gevra, waar kan mens die kursus bywoon en meer inligting kry.

Atjie

Van waar is jy, hier is n paar manne op die forum wat kursusse aanbied, Tafjak, Jacques Botha, en die forum eienaar self ook Heinrich Funk.

Meeste van hulle doen dit landswyd as die belangstelling groot genoeg is. Jakkals jagter in jou area is dan ook nie n sleg plek om by eerste te gaan raad opsteek nie.

Re: Jakkals skiet

Posted: Wed Aug 13, 2014 6:02 am
by Henry 7
Nee man-speel Cat Stevens vir katte en Michael Jackson vir jakke as jy haastig is!

Re: Jakkals skiet

Posted: Mon Nov 03, 2014 6:56 am
by Jan-Hendrik
Cobus(Cobb) wrote:Lees die tong in die kies....dis nie persoonlik nie, maar die boodskap is duidelik, glo ek..

As die gesels om die vuur oor die boer se foutiewe plumbing gegaan het,, sou ons dan ook so graag wou uithelp,? raad vra? tools koop of leen om die boer uit te help??
Of is die beste raad aan die boer om 'n goeie plummer se tel nr deur te gee??

Laat die ou sy local jakjagter bel, sorg dat jy saamry en geniet die jak jag aand saam met 'n pro, dan byt die gogga jou ook dalk en jy begin op die regte manier.......deur om hekke oop te maak.

Cheers


:laugh: Ek weet die n ou post maar ek het nou lekker gelag...die storie van die plumbing is een wat ek verseker sal oorvertel..Maar stem 100% saam met jou