Wegbreek naweek jagtog
Posted: Mon Aug 25, 2014 12:22 pm
Hallo manne,
Ek het die afgelope naweek die vooreg gehad om so vinnige wegbreek te maak en n jagtog in te pas saam met my goeie vriende.
Ry Vrydag middag so twee uur se kant hier weg, en vat die pad suide toe. My maters is alreeds op die plaas vanaf Donderdag, en het alreeds n klompie bokke in die koelkamer.
9 Uur die aand, en so 800 km verder, sluit ek by hulle aan. Die staanrib is al amper reg, en ons kuier lekker tot laataand om Saterdag die laaste jagdag in te pas.
Vroegoggend is ons dan uit veld toe, ek wil kyk of ek darem so 3 springbokkies kan kry. Maar dis al laat in die seisoen, en die bokke staan nie naby nie, en dalk was dit die laataand se kuier, maar ek sukkel so bietjie in die begin om iets raak te skiet.
Gelukkig kry ek later my oog in, en my hande stil, en val daar darem so 3 bokkies. Vriend Gerhard skiet sy verste een op 300m, Louis op 289m, en ek was gelukkig om myne te skiet op 354m.
Die plaas soek self volstuise, en die res van die dag gebruik ons dan om vir die eerste keer te volstruisjag. Dis egter n heel nuwe "ballgame" die. Daai voele staan nooit stil nie, en ons kom nie sommer nader as 300m aan hulle nie. Maar aanhouer wen, en ons elkeen trek darem n Groot Voel plat. Vriend Wikus se skoot laat ons monde oophang toe hy sy Vollie neersit op 443m.
Saterdagaand kuier en braai ons vir oulaas lekker saam, en na die heeldag in die son gaan kruip ons maar vroeg in.
Sondagoggend vroeg laai ek my bokke, en vat weet die lang pad huis toe. dis baie ver om te ry vir n naweek, maar die vooreg om saam met my vriende in die veld te wees maak elke kilometer die moeite werd.