Page 1 of 1

Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:42 am
by Dolf014
Ek het 'n 6,5 x 58 Portugese mauser (Espingarda) wat in 1904 vervaardig is.
Was die naweek veld toe met hom en kon darem 2 diere op sy kerfstok sit.
Ek het nuwe repsek gekry vir die manne wat so oopvisier jag. As jy dit nie gereeld doen nie, sukkel dit nogal.
Ek het net 10 patrone vir hom en nog 9 lee doppe. Kan mens die goed nog herlaaai?
Die boksie wys nog; Kynoch.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:42 am
by DWB
Welgedaan!

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:46 am
by NEGE3
Mooi Dolf.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:49 am
by tripodmvr
Daardie is 'n mooi springbokram. Baie wel gedaan.

Dink jy sal kan herlaai, maar jy sal die doppe liewers eers moet uitgloei om hulle weer sagter te maak. Matryse is ook nie so maklik om te kry nie.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 9:26 am
by Roger
Knap gedaan, baie geluk!

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 10:06 am
by sako 30-06
Dit wil gedoen word,baie mooi springbok.

Op wat se afstand het jy hulle geskiet?

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 10:14 am
by Dolf014
Die varkie was sommer naby (ongeveer 25meter). Die springbok het op ongeveer 100meter gestaan.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 11:23 am
by swc-tr
Ou Kynoch ammo en doppe het Berdan slagdoppe gehad, kyk maar eers mooi voor jy hulle herlaai, gebuigde decapping stems is nie pret nie.

Mooi geskiet met die ystervisiere.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 11:34 am
by sako 30-06
Dolf014 wrote:Die varkie was sommer naby (ongeveer 25meter). Die springbok het op ongeveer 100meter gestaan.
Dit wil gedoen word,baie geluk.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Sep 22, 2014 1:41 pm
by Pappabeer
Baie mooi geskiet.

RCBS maak custom dies.
Jou beste opsie vir doppe is as Stewart, of OPM in SA vir jou maak, anders om te bestel vanaf Bertram brass in Aus.
Indien jy wil vorm is .270 of 30-06 brass die beste, maar dit is n omslagtige proses. Dit sal maklikker wees om van een van bg sin te bestel.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Tue Sep 23, 2014 6:03 am
by 470rigby
Kom nou net uit "outback" in Australie terug, van die manne daar is besonder kundig, en een ou reken die Verguero aksie is die beste gemaak (polering, afwerking ens) wat daar is, ek dink hy mag reg wees. Kyk gerus na die afwerking.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Tue Sep 23, 2014 4:53 pm
by KalahariKlong
Hallo Dolf.
Ek het vir jou spliner nuwe matryse as jy belangstel.
PM my gerus.
Groete
KK

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Tue Sep 23, 2014 5:17 pm
by Reggie Gerber
Well done Dolf

Mooi springbok veral oop visier

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Wed Sep 24, 2014 6:42 am
by vossie1
Baie mooi Dolf,goed gedoen.

Re: Ou mauser se eerste bloed

Posted: Mon Feb 09, 2015 2:06 pm
by Broadbandboer
Baie mooi. Baie geluk. Daai mauser lyk nog natnuut.