Page 1 of 1

Berig in beeld , en ek dog dit gaan beter by SVR

Posted: Wed Sep 24, 2014 6:50 am
by Jonie
Manne

Ek was geskok toe ek vanoggend kyknet sien en n berig in beeld dat alles by svr in sy maai is, ek dog dit gaan nou goed en vining, maar dit gaan maar weer oor dat niemand weet waste wapens in die vorige tuislande was nie.

groete

Jonie

Re: Berig in beeld , en ek dog dit gaan beter by SVR

Posted: Wed Sep 24, 2014 7:17 am
by CarelG
Ook nou net die berig gelees, die foto van al daai duisende aansoeke wat op die grond rond staan gee my koue rillings......wonder waar die hel le my 2 aansoeke :(

[image]http://i1216.photobucket.com/albums/dd374/carelg/lisensieaansoeke.jpg[/image]

Re: Berig in beeld , en ek dog dit gaan beter by SVR

Posted: Wed Sep 24, 2014 7:27 am
by LongWolf
"Dit skok my glad nie"

Ons weet moes nou al hoe die land bestuur word........maar dink nie dis n "trofee kamer" werd nie.....hehehehehehehe

Re: Berig in beeld , en ek dog dit gaan beter by SVR

Posted: Mon Oct 27, 2014 6:29 pm
by schalk
:laugh: Dag manne, ja ek was lank weg en sien ook nou die storietjie, daai is NIE vuurwapen aansoeke NIE, maar wel baie ou logstate uit die vorige regering, dit is alles vernietig. Moetnie alles glo wat op die kassie of skerm opduik nie, ek was self daar by DAAI kamer waar alles rondle..Groete

Re: Berig in beeld , en ek dog dit gaan beter by SVR

Posted: Mon Oct 27, 2014 7:05 pm
by tripodmvr
Ek het 25 Aug aansoek gedoen vir 2de haelgeweer lisensie. Was teen 16 Sept by SVR - 26 Sept goedgeeur en kaartjie verlede Dinsdag (21 ste) gaan afhaal.

Die pobleme is nie by die privaat lisensiehouers nie. Ons tree te eerlik op. Die regeringswapens het die donker skaduwee oor hulle.

Kyk ook na die rekenaarstelsel wat die papierwerk moes verminder. Aanvanklik R42 milj kwotasie aanvaar. Nou na 10 jaar en meer as R400 milj is daar nog steeds net gedagtes dat dit kan werk. Polisie dagvaar nou BBE firma oor geen werk afgehandel - die ou storie in die nuwe SA.

Re: Berig in beeld , en ek dog dit gaan beter by SVR

Posted: Tue Oct 28, 2014 10:32 am
by GERT vd M
tripodmvr wrote:Ek het 25 Aug aansoek gedoen vir 2de haelgeweer lisensie. Was teen 16 Sept by SVR - 26 Sept goedgeeur en kaartjie verlede Dinsdag (21 ste) gaan afhaal.

Die pobleme is nie by die privaat lisensiehouers nie. Ons tree te eerlik op. Die regeringswapens het die donker skaduwee oor hulle.

Kyk ook na die rekenaarstelsel wat die papierwerk moes verminder. Aanvanklik R42 milj kwotasie aanvaar. Nou na 10 jaar en meer as R400 milj is daar nog steeds net gedagtes dat dit kan werk. Polisie dagvaar nou BBE firma oor geen werk afgehandel - die ou storie in die nuwe SA.

Goeie nuus. Ongeveer 2 maande. My aansoek vir pistool die 13 de Okt ingedien. miskien kry ek n lekker verjaarsdag present (13 Des )