Page 1 of 1

BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Mon Mar 21, 2011 8:36 pm
by Visserr
[img width=560 height=420]http://i1232.photobucket.com/albums/ff3 ... C02594.jpg[/img]

Dankie aan die Pretorius plaas

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Tue Mar 22, 2011 10:03 am
by Freek
Daar is hy Mr Visser. Wat gaan jou eerste kaliber wees? Net een ding onthou, 'n 308 is goed en geskik maar hy is nie die begin en einde nie hoor...  ;) ;D

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Tue Mar 22, 2011 11:29 am
by Visserr
net so Freek, Onthou ek is besig met my .303 en dan brand ek om n 7mm tekty. sal probeer om altwee saam te doen.

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Tue Mar 22, 2011 11:39 am
by Stefan764
Ditsem! Mooi foto ou maat! Geluk, jyt mooi skote gegooi die naweek.

Groete

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Mon Mar 28, 2011 11:40 pm
by Francois Marais
Visserr

Mooi bok, vertel bietjie van daai "sokkie" om/oor die KD, van watse materiaal is dit en hoekom??

Mooi loop
Francois

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Wed Mar 30, 2011 12:50 am
by Visserr
Hi Francois

Dit is bloot net n leer sokkie vir as daar in die aand geskiet word dat die lig nie in die scope pla nie.

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Sat Apr 02, 2011 9:26 pm
by mosselv
dis n mooi bok daai ek het vandag n 17duim geroer

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:51 am
by Jagtersdok
Baie nice Visser!

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Sun Apr 03, 2011 11:10 am
by Francois Marais
Thanks maat

Mooi loop
Francois

Re: BLESBOK GROETNIS UIT VAALWATER

Posted: Sun Apr 03, 2011 12:49 pm
by Ponkie
Visser

Ek wil nie Oom in die gesig vat nie, en ek glo die geweer is veilig, maar nog voordat ek na die bok se horings of 'n ingangswond gesoek het, het ek gesien die geweer se slot is toe. As ons by die jagtersvereniging met 'n toe slot gevang word, word ons hard aangespreek. As Oom in die vervolg poseer by 'n bok wat Oom geskiet het, maak maar net die slot oop vir die foto. Dink baie mense sal saamstem dat dit maar net vir die persoon wat nie self by was, sal wys dat die geweer veilig was.

Moet my asb nie verkeerd verstaan nie, ek is maar net so groot gemaak dat mens se geweer se slot altyd oop is.
Lekker jag en mooi gegooi daar! ;)

Groetnis
Ponkie