Page 1 of 1
So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Sat Nov 15, 2014 4:26 pm
by Doepie
Hi manne
Vanoggend so in die reen 'n laaste vleisie gaan skiet vir die jaar - 'n mooi blesbokram geskiet op 230m met 375H&H gelaai met 250gr Frontier Spartan punt.
'n Mooi skuins bladskoot gekry en hy het geval net daar waar hy gestaan het.
Wat 'n voorreg en ek is baie dankbaar!
Groete
Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Sat Nov 15, 2014 4:29 pm
by BRNO (Pierre)
Hel ek is darrem nou vir jou jaloers!! Baie geluk, en dankie vir die deel. Dit sal wraggies lekker wees om nog so laaste vleisie te gaan plattrek.
Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Sat Nov 15, 2014 4:35 pm
by Doepie
Hi Pierre
Ja, ek moes darem net weer gaan ervaar hoe dit voel! Ek ly al aan erge ontrekkingsimptome!
dis darem nog veel te ver na die volgende winter!

Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Sat Nov 15, 2014 4:36 pm
by Flip Nel
Baie geluk, dankie vir die share
Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Sat Nov 15, 2014 4:38 pm
by Doepie
Baie dankie Flip!
Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Sat Nov 29, 2014 10:41 pm
by CalMul
Ag baie lekker!!! Geniet hom, sy vleisies behoort darem amper deur te trek na die winter toe!
Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Mon Dec 01, 2014 10:00 am
by Boesman10
Geluk - lekker wildsboudjie in die oond vir Kersfees.
Re: So laaste droeworsvleisie vir die jaar!
Posted: Mon Dec 01, 2014 2:35 pm
by FCLoretz
Baie mooi en Geluk.
Is daai die Ruger No1?