Page 1 of 1
besonderhede van verkoper op geweer lisensie aansoek?
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:41 pm
by Jake1
Is dit noodsaaklik by aansoek dat mens vorige eienaar van vuurwapen se 1) id en 2) kopie van sy lisensie moet byvoeg by aansoek vir geweer? Ek sukkel om dit aan die hande te kry.
enige raad sal waardeer word
Jaco
Re: besonderhede van verkoper op geweer lisensie aansoek?
Posted: Thu Nov 20, 2014 12:45 pm
by CarelG
Ja
Re: besonderhede van verkoper op geweer lisensie aansoek?
Posted: Thu Nov 20, 2014 2:11 pm
by Jaco B
Ek het met al my aansoeke dit bygesit. As jy dit kan kry hoekom dan nie bysit nie..
Jy moet hulle geen rede gee om jou aansoek aftekeur nie.
Re: besonderhede van verkoper op geweer lisensie aansoek?
Posted: Thu Nov 20, 2014 2:22 pm
by NEGE3
Jake jou DFO kan die man se geskiedenis op sy rekenaar nagaan en vir jou 'n afskrif druk. Maak 'n beedigde verklaring dat jy nie die mens kan opspoor nie en heg dit saam. Ek het al so reggekom.
Re: besonderhede van verkoper op geweer lisensie aansoek?
Posted: Thu Nov 20, 2014 3:06 pm
by Jake1
Dankie julle vir die inligting julle. 93 ek sal dit seker moet doen as n laaste uitweg.
groetnis
Jaco