Page 1 of 1

Tagbok glipsie. . .!

Posted: Sun Apr 03, 2011 3:47 pm
by Ponkie
Manne

Hier is my glispie! Hy moes nog so jaar eintlik geloop het!

[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1705.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... 3-1702.jpg[/img]

;D ;D Vang ek julle nou! Nee ek was opdrag gegee om Pa se tagbok te skiet! Lykmy die ou moes op sy regter kniekop seer gekry het. Dalk een van die ander ramme, want hy was vir lank in die trop en sien deesdae is daar nou 'n ander meneer! Julle kan op die tweede foto sy swak been sien. Hy was sommer lelik maer! Kompleet soos 'n Angora kapater in '91 se droogte gelyk!

Groetnis
Ponkie

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Sun Apr 03, 2011 5:37 pm
by Francois Marais
Ponkie

Daai is nou twee FYNBRAG fototjies...............

Mooi loop
Francois

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Sun Apr 03, 2011 5:38 pm
by Christo
Fynbrag of te not, daai een het ek al in my geestesoog gesien hoe donn... jou pa jou.

Mooi bok in elk geval. Hoop nie jy't hom uit die bakkie se venster geskiet nie. ;)

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Sun Apr 03, 2011 6:05 pm
by Ponkie
Oom FM en Christo

Ek moet bieg, dit was agter die cruiser se wiel uit. Was oppad terug nadat ek die werksmense gaan haal het waar hulle met die dorpers berg toe getrek het. Die ou was al so swak, het nie eers probeer weghardloop vir die bruin bakkie nie, het seker op so 180m 'n 150gr loodpilletjie agter die kop gegee! Baie spyt ekt nie eerder vir die keelafsnybeen gegaan nie, dan was die horings darem nie so stukkend nie!

Daar loop darem nou 62 bokke in die kamp nadat ons in 2009 24 plaasooie en dan die 2 nuwe tagramme ingesit het.

Oom FM, dalk kry ek Junie maand die geleentheid op 'n mooi bok daar by Gobabis! ek kom vir die van der merwe's kuier!

Groetnis
Ponkie

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:05 pm
by BOKRAM
Netjiese ram daai Ponkie !!  Sien sy regter voorpoot was geswel, so dalk  sy tyd gewees      :angel:

Dit gebeur maar, tags, silwer gerverfde horings...........

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Sun Apr 03, 2011 10:47 pm
by Raven
Ponkie,

Mooi skoot  ;)

Raven

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:39 am
by James Wilson
julle is lekker bederf, as ek so n mooi bok skiet, cape ek hom. ;D

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Mon Apr 04, 2011 12:33 pm
by Ponkie
Jagbehep

Haha, nee daar loop van sy kinders wat nog mooier as hy is! Hierdie ou was deur een van die ramme bygekom, daai skenkel het kompleet soos vrotpootjie gelyk! Weet nie wat dit was nie!

Groetnis
Ponkie

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Mon Apr 04, 2011 11:15 pm
by James Wilson
hel ou ponkie, as sy kinders nog mooiers is as hy dan is julle nie net bederf nie maar geseend!!!! :D

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:49 am
by theedge
Ponkie jys stout he :angel:

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Thu Apr 07, 2011 1:37 pm
by Ponkie
Theedge

Haha nee Oom ek het maar net my Orders van bo af gevat! Haha!
As ek hom nie gehelp het nie, sou ons hom seker binne 'n week of twee opgetel het.

Groetnis
Ponkie

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Thu Apr 14, 2011 8:47 am
by Geno
Boys, oplet! Dis immers 'n .308 wat so mooi skiet!

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Thu Apr 14, 2011 9:00 am
by Freek
Dis immers 'n .308 wat so mooi skiet

Vryf dit nou in...

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Thu Apr 14, 2011 1:23 pm
by MJK
;D ;D Geno

Mooi Ponkie - net jammer daai trofee is biki skeef geskiet

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Fri Aug 03, 2012 9:59 pm
by Ponkie
Manne

En toe gebeur dit weer, bietjie meer as 'n jaar later en ek skiet die ander tagram ook. Hierdie keer was dit meer van 'n glipsie, wel op Pa se opdrag geskiet, maar hy het nie gedink dis die tagram nie. Toe ons die bok van nader bekyk sal ons maar sien dat dit nie eintlik so groot verlies is nie, hy is nie 'n "besonderse" ram nie, wel nog jonk, maar toon baie min potensiaal. Jammer vir die bloed, maar hulle se mos jou kop bloei die lekkerste...

[img width=560 height=420]http://i974.photobucket.com/albums/ae22 ... M_1854.jpg[/img]

Groetnis
Ponkie

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Fri Aug 03, 2012 10:13 pm
by tripodmvr
Daardie bok het r?rig 'n mooi lyf aan hom gehad.

Re: Tagbok glipsie. . .!

Posted: Fri Aug 03, 2012 10:38 pm
by Ponkie
Tripod

Bok kon nie ouer as 3jr wees nie, hyt 25kg aan die hak geweeg met alles af en uit.

Groetnis