Page 1 of 3

In Hemmingway se spore Deel II (Ronald en Wouter se Moz jag)

Posted: Sun Dec 07, 2014 1:49 pm
by kopskoot
Na weke van afwagting, het die groot dag eindelik aangebreek, en 4uur Dinsdag oggend, het ons vertrek. Die verwagtinge was hoog en die opgewondenheid voelbaar. Teen 3pm was ons in die Zimbabwe kamp, waar ons vir Loyd Yeatman sou ontmoet, en oornag, voor die laaste trek noord, tot teen die Save rivier

"'n broodjie" is gebreek die aand, en lang geselsies gemaak, voor ons die volgende oggend, die mozambiek grenspos,sou aandurf, laaste "supplies" in Chicualacuala optel, en dan noordwaarts keer. Die pad noord, is tipies aan Afrika en die laaste 180km neem omtrent 6ure. Teen 5pm was ons in die kamp, en weer is lang geselsies gemaak, en "'n brood" gebreek.

Die roetiene,in die konsessie, skop af teen 2:45am, waneer die generator start. Teen 3am moet jy op wees.3;15 word toast en koffie bedien en teen 3:45 is jy oppad,deur die konsessie,na waar watergate besoek en gefynkam word vir vars spore. Indien daar vars spore is, word hulle gevolg,tot iets meegee. Soms die spoorsnyer ,soms die prooi,maar soms ook die jagters!. Teen 6:15 am, staan die kwik gewoonlik tussen 32 en 36 grade, en teen 10am,is jy te bang om te kyk.

Op dag 2, is ons laat middag na 'n area,ongeveer 4km van die samevloei van die Lundi en Save riviere, om ook 'n paar dinkplekke te gaan fynkam, toe 'n asemrowende gesig ons begroet het. 'n Trop olifante, ongeveer 40, het daar saamgedrom.'n Paar klein kalfies was in die groep en kort kort het een van die koeie trompetter, om die kroos in toom te hou. teen die sonsondergang,oor die vloeiende Save rivier,het 'n groepie die rivier oorgesteek.hulle siluette teen die lig op die horison,het vir fantastiese foto geleenthede gesorg.Al probleem was,nie een van ons het 'n kamera, by ons gehad nie. Dit was egter 'n prentjie wat vir baie lank in my kop sal wees.

Die volgende oggend, is ons weer fort, om watergate te fynkam. Bo-op 'n heuwel, waar mens taamlik ver kon sien, het ons stilgehou, vanwaar ons die gebied wou deur kyk. Een van die spoorsnyers het skielik beduie na 'n kloof ongeveer 50m onder ons. 'n Dagga bul, het alleen geloop en wei en het ons nog nie gewaar nie. Die bul was omtrent 300m voor ons en het dwars voor ons verby beweeg. Ons kon sien dat hy taamlike groot bosse het, maar nie regtig die wydte van sy horings nie. Ons was egter oortuig dat dit 'n ou alleenloper bul was, en Wouter het dadelik ingestem, om hom te bekruip en te skiet.

Ons het teen die rant afbeweeg,met die wind in ons gesigte en kon heeltyd bosse tussen ons en die buffel hou.Na omtrent 30min se bekruip, het ons teen 'n groot sloot/kloof vasgeloop,vanwaar ons nie nader kon gaan, sonder om totaal sigbaar te wees nie. Wouter het homself gemaklik gemaak teen 'n jongerige boom,vanwaar hy die buffel kon sien, maar die bul se "vitals" was agter 'n bos. Na 'n paar minute het die bul vorentoe getree en Wout het die 525gr TSX agter die bul de blad ingedruk. Die bul het in sy spore verstar,na 'n paar sekondes probeer om draai, maar kon eenvoudig net nie een voet voor die ander sit nie. Nog twee koeels,die keer solids, het hom getref, en die bul het net dar gaan le. Die skoot was 110m en Wouter was in sy element.

Image

Die drie hartskootjies

Image

Die res van die dag het ons rustig verkeer, terwyl die slagters hulle ding gedoen het, en die aand is afgesluit met feesvieringe.

Twee dae later,het ons albei,'n noue ontkoming beleef, toe ons 7ure lank, in 40grade hiite, 18km ver, op olifant spore gestap het. Dit was hard op ons lywe, en ons het Loyd mooi verduidelik om 'n herhaling daarvan te vermy

Die volgende middag laat, het ons op "gwacha" (hoop die spelling is reg) gaan stap, in die rigting van die samevloei, toe ons skielik takke hoor breek. Van 'n hoogtetjie af, kon ons 'n olifant bul sien wei. Die bos was egter baie dig en dit was moeilik om sy tande te sien. Ons het begin nader beweeg en alhoewel die rook van Loyd se sigaret in ons rigting getrek het,was die beweging baie gering, en ons moes dus baie versigtig beweeg. Van nader kon ons 'n tweede en 'n derde bul gewaar en later ook 'n vierde.Ons het nader beweeg was later ongeveer 25m van die vier reuse af. Alhoewel ek nie enige grote tande in gedagte gehad het nie, wou ek graag 'n volwasse bul skiet, en ook die grootste een van die vier. Vir ongeveer 45minute, het ons die bulle bekyk tussen die ruie bosse deur, waarna dit begin skemer word het, en ek toe op een van die bulle besluit het. Die bul het met sy kop in 'n bos staan en vreet, wta my geleentheid gegee het om nader te beweeg.. Ek het gereed gemaak, safety af, geweer in my skouer en in gestap. 25m, 20m, 15m. Met elke tree kon ek my hart vinniger en harder hoor klop, minder en minder bewus gewees van wat om my gebeur, en strak opgelet na wat die bul se body language" vertel. Uiteindelik op 12 tree, het die bul my gewaar, agteruit getree, na my toe gedraai,sy kop opgelig, ore opgetel en bo-oor sy slurp my aangegluur. My 577 was vinnig op die merk, en toe die skoot blaf, het die bul se agterbene gevou, sy kop opgetel en toe met fors grond toe. Dit was presies hoe ek dit wou he!

Die hele tyd, het Wouter oor my skouer gekyk, en ek was rustig om hom as back-up te he!

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Teen die tyd dat ek die bul se stert afgesny het, was dit pik donker, en ons kon die nag in feesvier, met goeie kubaanse sigare en Johny Walker se uitvoer kwaliteit verversings!

Die volgende oggend, het ons 'n buffel spoor gevolg, deur die Save rivier bed,tot op 'n eiland in die middel van die rivier bed. Ons het besluit om terug te gaan kamp toe, en laat middag terug te kom, om die bul kans te gee om uit die digte bosse op die eiland uit te beweeg. teen 4:30 was ons terug daar, en het ons gesit en wag dat die bul moes uitkom. Teen 8pm het ons besluit om nader te gaan, nadat ons takke hoor breek het, en Loyd die area met sy "thermal imaging " verkyker kon dop hou. Die maan was taamlik helder, maar dit was steeds baie moeilik om enige defenisie teen die donker bosse te kon uitmaak. Na ongeveer 30minute se stap om die eiland, het Loyd skielik beduie, vir die skiet stokke. hy het Wouter in die regte rigting beduie en toe hy gereed was, die spotlight aangesit. 40m Voor ons, het 'n baie ou dagga bul gestaan en vreet, en toe die 505 dreun, het die bul wegespring en deur die bosse verdwyn. 30sek later het hy sy laaste bulk gegee en ons het hom 20 minute later, morsdood in 'n oopte gekry. dit was vir my 'n eerste en beslis baie,baie opwindend

Image

42 Duim

Image

Image

Image
Weereens is daar feesgevier, en toe was dit tyd vir terugdraai

Dit was weereens 'n baie groot voorreg om die jag te beleef. Om in die Afrika wildernis te wees, en om dit boonop met iemand te deel, wat passievol,ingelig,verlig is en nog 'n lekker sin vir humor ook het, het dit soveel meer spesiaal gemaak. Dankie Wouter vir jou bydrae. Dit was 'n voorreg!!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Sun Dec 07, 2014 2:43 pm
by DWB
Welgedaan manne Welgedaan!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Sun Dec 07, 2014 8:30 pm
by Wouter Roets
Manne

Daar is nie veel wat ek kan byvoeg wat Ronnie nie al klaar gese het nie. Wat n onvergeetlike trip op n baie spesiale plek en met absolute top mense waarvan my jagmaat die grootste vermelding moet kry. Ronna dit was n voorreg om hierdie saam met te kon deel en sal hierdie verseker n jaarlikse instelling word as die Liewe Vader dit so behaag. Kom ons hou dit net in die meer draaglike maande van die jaar. Die maand van die melkaar is verseker nie die beste tyd hiervoor nie!

Manne ek kan ook net vir julle se dat julle hierdie goed moet probeer doen as julle kan en nie so lank uitstel soos die nege jaar wat dit my geneem het vandat ek my eerste oorbetaling gedoen het vir n buffeljag nie. Die plekke waar n mens hierdie kan doen op hierdie manier word ook al minder tedanke aan die heersers en inwoners van hierdie lande. Dit is so dat n mens baie opofferings maak maar ek kan julle verseker dit is alles die moeite werd aan die einde van die dag, selfs die twee en n half ure in die son by Beitbrug se grenspos.

Oor die jag self kan ek net se dat dit alles en nog meer was as n mens se wildste drome. Ronald se olifant was regtig iets besonders op die klasieke manier waarvan n mens net lees in die storieboeke. Ek kan nou verstaan hoekom mense se dit is absoluut verslawend. Om so tussen die reuse te beweeg is werklik iets besonders en seker een van die mees opwindendste dinge wat jy kan doen met jou broek aan. Ek wens regtig ons kon dit vasvang op n video maar ek moet eerlik wees deur te se ek sou moeilik my geweer vir n videokamera verruil. Ek is wel seker dit sou een van die beste video's wees wat ek al gesien het aangesien ek in die perfekte posisie was daarvoor. Ronnie het die situasie perfek opgesom en n skoot geplaas presies waar hy moes in n uitdagende sitsuasie.

My tweede buffel was ook regtig n besonderse jag en ek dink nie veel mense het al op die metode gejag en geskiet nie. Die adrenalien pomp verseker so bietjie harder as n mens se sintuig waarop jy die meeste staat maak basies weg geneem word. Met elke geluidtjie speel n mens se verbeelding eienaardige truuks met jou bewussyn. Om te wonder of dit n leeu, olifant, luiperd, seekoei, buffel en nog n paar ander diere wat die geluid gemaak het laat verseker die bloed n bietjie vinniger vloei deur die are.

Ek kan ook net noem dat ons weereens gesien het hoekom n mens die groter kalibers gebruik met die tipe jagte. Ek se nie vir n oomblik dat kleiner kalibers nie die werk sou kon doen nie, maar ek kan met eerlikheid se ek dink nie hulle sou dit so goed kon doen nie. Buffels veral het verseker nie hulle reputasie verniet gekry nie! Die eerste een wat ek geskiet het wou eenvoudig nie na die groener weivelde gaan nie selfs met die enorme gate deur sy hart. Kleiner gate kon nog heel moontlik vir sports gesorg het aangesien hy baie naby aan die grens van die Gonarezhou Nasionale Park geskiet was.

Ek wil ook net weereens die Yeatman familie alle sterkte toewens in die moeilike tye waardeur hulle gaan met die afsterwe van hulle vader en oupa. Ons het seker die swaar tyding verwag want ons het twee aande voor die nuus basies die hele aand gepraat oor ons vaders en wat hulle in ons lewens beteken het.

Groetnis
Wouter

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Sun Dec 07, 2014 9:23 pm
by DWB
Lekker Wouter! Bly julle manne het dit so geniet!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:21 am
by Wouter Roets
Ronna

Ek het jou gese ons kan die trip maar vir onsself hou. Een persoon se geluk en dit is dit. Jy moes maar liewers n storie geplaas het van n nuwe skoenveter wat jy in jou jagskoen gesit het wat dan sewe bladsye se replies sou kry. Ek wonder eerlikwaar wat maak n mens nog hier. :(

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:23 am
by Geno
Wout,
Jy kan jouself nou maar 'n grootwildjagter noem hoor!
Soos telefonies genoem (en op FB Ronald), baie baie geluk!
Dis regtig bitter mooi diere wat julle gejag het!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:32 am
by DWB
Ag ou Wout, ek dog nou my reply tel darem vir 12 mense man....

Het jy klaar PMS oor jy alweer terug op kantoor is? Dit gebeur maar met ons almal.

Het julle geen koeels teurg gekry nie? Van joune?

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:33 am
by Eugene
Wouter en Ronald, baie geluk en dankie vir die mooi storie en fotos. Ek kan my net indink watse wonderlike ervaring dit moes gewees het! Wouter, daai buffel in die donker moes ook iets besonders gewees het, ek kan my net indink dat mens se senuwees jou op hol kan jaag as jy nie kan sien nie en net kan hoor.... Veral as die prooi iets is wat nie sal huiwer om jou sy prooi en teiken te maak nie!

P.S. Wout, party van ons is net in die week op die forum as ons by die werk is, saans en oor naweke is ons te besig! ;)

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:38 am
by henried
Wow, baie geluk.
Dit was lekker lees en baie mooi fotos.

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:44 am
by Beer (Christo)
Baie geluk Ronald en Wouter

Ek het lekker gelees en kon my amper in dit in leef. Jou skryf talent is nie te versmaai nie. Ek kan my nie indink hoe warm en gesweet julle in daardie hitte moes wees nie. Ek sal bitter graag eendag dit wil beleef om 'n olifant op 12 tree te kan skiet.

Ek sien jy het maar 'n paar vra op FB gekry. Dit is vir my jammer dat 'n mens, nadat jy soveel geld bygedra het vir bewaring, jouself nog moet verdedig.

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:48 am
by Chevvy SS
Lekker manne! As dit so lekker lees, moes die ervaring 'n 1000x beter gewees het!

Daai hitte sou my klaargemaak het.............

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:57 am
by Lourens Potgieter
Ek kan net hande klap. Alles op die regte manier gedoen, selfs die terugvoer op die forum is puik. Baie geluk aan julle altwee!!!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:57 am
by ruaanb
Baie geluk manne met 'n jag waarvan baie van ons net droom....ek het nou lekker gesit en lees en so ietsie daarvan beleef.

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:59 am
by DawieKotze
Baie geluk aan die 2 grootwildjagters! Dis sekerlik nie vir ons almal beskore om dit te doen nie.

Wouter - ek dink dis van jaloesie wat die manne maar traag is om te post! ;D ;D Ek weet, want ek is sommer lekker jaloers. Volgende keer sal ek die video kamera operate??? >:D >:D

Groetnis

Dawie

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 9:59 am
by Capt. Yoda
Baie geluk julle 2 manne.Dit is regtig n besonderse jag gewees en n paar baie mooi trofees wat julle saam bring huis toe.

Die foto van Mnr Sako is ook iets anders.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/3838FA50-486E-4B09-85B9-C49FF2400EDF_zpsibqzseeu.jpg

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:00 am
by VdWalt
Lekker nou gesit en lees!! Baie geluk en mooi trofees - dis die stories wat mens oor en oor
herleef as jy oud is.

Daai swart en wit fotos is baie mooi.

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:13 am
by matewis
Wouter ek dink ons almal het eers n dag of twee gewag om oor die ergste jaloesie te kom! Dit klink voorwaar na n belewenis en iets waaroor mens deesdae net in ou boeke kan lees.

Welgedaan met die belegging in jul menswees!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:14 am
by Eugene
Capt. Oblivious wrote:Baie geluk julle 2 manne.Dit is regtig n besonderse jag gewees en n paar baie mooi trofees wat julle saam bring huis toe.

Die foto van Mnr Sako is ook iets anders.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/3838FA50-486E-4B09-85B9-C49FF2400EDF_zpsibqzseeu.jpg
Janee! Daai foto is beslis een van my gunstelinge uit die fotos wat hier geplaas is!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:23 am
by Alwyn
Baie Geluk Manne!!!

Kopskoot moet se jy het dit baie goed geskryf.... Toe my baas sy stem vir die 3de keur dik maak hier voor my tavel toe hou ek eers op lees!!!

weereens Baie geluk!!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:28 am
by Smitstertjies
Baie geluk julle 2. Hierdie verhaal van julle is nog net meer inspirasie vir my om volgende jaar my buffel in Mosambiek te gaan soek!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:33 am
by Sarel
Baie Geluk!!

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 10:48 am
by Pappabeer
Baie goed gedoen manne. Julle is werklik bevoorreg dat julle sulke mooi trofee diere kon kry, en veral dat daai Olifant so mooi geval het vir die foto, dis maar n handjie vol jagters wat gelukkig is dat die ou grote so mooi gaan pose, en nie op sy sy lĂȘ nie.

Wel gedaan ook met die neem van die fotos Ronnie, dit is great as daar iemand is op n jag wat seker maak daar word net soveel moeite gedoen met die fotos, as met die trofee voorbereiding. Daai ekstra minute om n foto mooi op te stel is deur en deur die moeite werd as jy daagliks daardna kyk in n raam, of op jou rekenaar skerm.
Mens kan sien jy het bietjie huiswerk in van die jag boeke gedoen, en geweet wat jy wou afneem toe jy gegaan het. Wel gedaan.
Capt. Oblivious wrote: Die foto van Mnr Sako is ook iets anders.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/3838FA50-486E-4B09-85B9-C49FF2400EDF_zpsibqzseeu.jpg
Sommer tong in die kies:
Die enigste foto waar hy met n geweer pose is dit nie 'n Sako nie. Seker maar soos n Cruiser ding is die n Sako ding - ons sal nie verstaan nie...

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 12:18 pm
by Frederik
Kyk mens kan se wat mense wil maar olifant jag is baie spesiaal dit it iets wat jy nie maklik kan verduidelik nie. En om so naby te kon kom en die regte skoot te plaas is ook nie maklik nie. So groot soos wat hulle is moet jy presies weet waar om te skiet en 'n frontal met die olifant wat na jou kyk en kop lig is seker een van die moeilikste skote.

Wouter het jy daardie tweede bul uit Jurassic park gaan haal daardie ou man was stok oud baie mooi gedoen julle en dankie vir die deel. ++>:

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 12:43 pm
by PWV
Wat 'n ondervinding moes dit nie gewees het nie.
Iets wat ek nou net kan ervaar deur te lees as die manne dit so met smaak vertel.
Baie geluk, Kopskoot en Wouter!
Groetnis
P.W.V.

Ns. Julle het nie dalk vir Pine daar raakgeloop nie? >:D

Re: In Hemmingway se spore Deel II

Posted: Mon Dec 08, 2014 12:57 pm
by Hein22
Capt. Oblivious wrote:Baie geluk julle 2 manne.Dit is regtig n besonderse jag gewees en n paar baie mooi trofees wat julle saam bring huis toe.

Die foto van Mnr Sako is ook iets anders.
http://i1269.photobucket.com/albums/jj584/Ronald_Nel/3838FA50-486E-4B09-85B9-C49FF2400EDF_zpsibqzseeu.jpg
Janee, dit is een van daai fotos wat jou agter kleinkinders vir hulle kinders kan wys en se "kyk hier was my oupa grootjie op 'n olifant jag".