Page 1 of 1
pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:26 pm
by PITSMIT
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:39 pm
by Geno
Pit
Dit is mos nou mooi!!!
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 5:51 pm
by Raven
Pit,
Mooi man, as daai mannetjie eendag groot is, gaan hy met trots vertel hoe jy hom op sy eerste jagtog gevat het.
Raven
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 6:59 pm
by Jagtersdok
Daai is hoe dit hoort ou maat
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 7:33 pm
by PITSMIT
naands? al die ooms
my naam is Jacque en ek is die jagter op al die fotos. ek het begin met my twee duikers toe my springbokram toe my knypkop rooibok en laaste my groot rooibokram.
dankie almal
groete
Jacque
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 7:37 pm
by Geno
Hallo Jacque.
Baie geluk met jou bokke groot man!
Ek kan sien dat jy sommer 'n groot jagter gaan word!
Groete,
Eugene
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 8:15 pm
by PITSMIT
die laaste groot rooibokram was 189m ge-range, in die middel vd blad geskiet kyk mooi op die linker skouer sit die patroon net onder die vel so n knoppie wys net hoe v?r dit was dat n .270 nie eers deur hom kon skiet nie.
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 8:18 pm
by JvB
Pitsmit,
Geluk met die mooi bokke, maar se my hoe oud was jy toe jy daardie eerste bok geskiet het. Ek wil my seun ook nog vat om sy eerste bok te skiet maar weet nie wat is nou eintlik die regte ouderdom nie.
JvB
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 8:57 pm
by Christo
JvB wrote:
Pitsmit,
Geluk met die mooi bokke, maar se my hoe oud was jy toe jy daardie eerste bok geskiet het. Ek wil my seun ook nog vat om sy eerste bok te skiet maar weet nie wat is nou eintlik die regte ouderdom nie.
JvB
Dis maklik............
13 jaar oud of sodra hy, en jy, reg is. M.a.w. enige tyd wat sy verantwoordelike pa dink hy is reg.

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 8:59 pm
by Christo
pit
Daai foto laai so stadig, ek sien nou eers die mannetjie. Jou hemp se knope moes sekerlik gespat het. MOOI MAN
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 9:16 pm
by skaapwagter
Mooi Jaques, wat is volgende in jou teleskoop my maat?
Mooi loop..
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Mon Apr 04, 2011 11:54 pm
by Francois Marais
Jaque
So het ons almal maar beginne maat, van kleins af, eers die klein bokke geskiet, later al groter bokke, maar niemand van ons het van die klein bokkies vergeet nie, die jag vir hulle was net so lekker as vir die groot bokke, onthou om vir pappa dankie te se vir die tyd wat julle saam kan jag, mens raak nooit te ou, of te groot om hierdie lekker tye saam te geniet nie.
Mooi loop, grootman.
Francois
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Tue Apr 05, 2011 8:29 am
by PITSMIT
more JVB CHRISTO en FRANCOIS
jacque was ses jaar oud toe hy die duikers geskiet het. ek het gevoel hy is reg want hy kon jag en die dood van n dier respekteer omdat ek hom van kleins af geleer het jy skiet net wat jy kan en wil eet. toe hy met sy windbuks begin vo?ltjies skiet het het ek hom ges? as hy een skiet moet hy hom eet. dit was geen probleem vir hom nie en sommer gou het hy gesmul aan die duiwe en vinke wat hy op die vuur gebraai het. maak geen fout nie pa was gou saam aan die etens tafel want ek het al vergeet hoe lekker n duif is wat op die vuur gebraai is. ( hy hoef natuurlik nou nie goed soos muisvo?ls en spreeus te eet nie jig! )
die kort van die lank is hy het die natuur gerespekteer en ook die lewe van n dier op n baie jong ouderdom al so daarom het ek hom eers n haas laat skiet ( wat ook gebraai was) en toe in dieselfde jaar sy duikers. hy het self geslag en pens gemaak en ek het vir hom sy eie biltong help maak met sy vleisies. die volgende jaar het hy n springbokram geskiet. sy eerste een. christo jy praat van hemp se knope wat bars. dit was daardie dag gewees met die duikers al. toe die springbok val was daar n traan in my oog van trots en blydskap want jule moes sien hoe spring n 7 jarige op en af en skree " my eerste ram, my eerste ram". dit is prysloos. die eerste rooibok was net so lekker gewees maar toe was die outjie al n jagtertjie wat sy staan ken agter n geweer.
die groot rooibokram was in my o? nog die beste bloot uit die oogpunt van die afstand en akkuraatheid van sy skoot. ( dit kon natuurlik nie anders nie want dit is op stuk n .270

) maar ja om op te som jy sal weety as jou outjie reg is vir die ding veral as hy van kleins af soos jy dieselfde passie deel.
Oom Francois my volgende ding in die versier is n trofee vlakvark en later die jaar is ek genooi vir nog n mooi rooibokram. my pa s? ek kan eers n kudu skiet as ek 13jr oud is. ek is nou tien jr oud.
al my bokke is met die .270 geskiet behalwe die duikers.
groete
pitsmit en jacque
ps kyk sy br?ggat skoot op die regterkantste duiker se blad. geskiet op 48 tree met die .22 met n SP blitzer.
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Tue Apr 05, 2011 2:43 pm
by Francois Marais
Jaque
Jy moet passop vir vlakvark se kind, hy is n man wat nie sommer omval nie, ek het al GROOT ooms met GROOT gewere gesien wat hom nie plat geskiet kry nie. Hoor jou pa het ook n 308, dink jy moet hom vat vir daai vark, sien jy kan klaar n goeie skoot skiet, sit hom moii oppi bad, en hy gaan so n entjie harloop, maar jy sal hom gou kry, want sy hart sal nie meer so lekker werk nie.
Voorspoed met jou jagtery, dit bly dam ma net lekker, my seun is nou al 19jr oud, en ons jag nog gereeld saam, met boog of geweer, en nie eers toe ek my ou Olifant geskiet het, was die jag vir my so lekker soos die klein jaggies wat ek saam met hom kan gaan jag nie.........
Mooi loop
Francois
Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2
Posted: Tue Apr 05, 2011 2:59 pm
by Ponkie
Francois Marais wrote:
Voorspoed met jou jagtery, dit bly dam ma net lekker, my seun is nou al 19jr oud, en ons jag nog gereeld saam, met boog of geweer, en nie eers toe ek my ou Olifant geskiet het, was die jag vir my so lekker soos die klein jaggies wat ek saam met hom kan gaan jag nie.........
Oom FM
Eks nou 20 en Tiny 18, ons jongste boetie raak nou 11 en gaan seker een van die dae op sy eie mag begin sit by 'n voorsitjag! Onthou nog hoe opgewonde ek was toe ek sy size was! Intussen was Tiny by met my eerste koedoe en so ook ek by sy eerste koedoe, En verlede jaar was ons altwee by om vir klein Daniel te ondersteun met sy eerste bulletjie. Ek dink my Pa swel elke keer van trots as ons erens genooi word vir 'n jag en sy 2 laaities se bokke word deur die ander jagters gekoop omdat hulle nie hule kwota kon vol skiet nie. Oom Pitsmit, klou vas aan dit wat Oom en daai mannetjie het, daar is min mense wat so bevoorreg soos ons is!
Groetnis
Ponkie