Page 1 of 1

Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:10 am
by william007
Goeie dag
ons het gister so gemsbok jag gedoen met klient ,dit het baie goed gegaan en die man kan skiet.

Die wind was net baie erg so ons het probeer so biekie later in die veld te kom om te kyk of die wind nie biekie wil gaan le nie.Het toe maar besluit om die gemsbok aan te vat in die wind.
Ons moes toe uit soek want dit moet n bul wees so dit was ook nie maklik nie.

Hier teen 6:30 toe kry ons die mooi gemsbok bul en hy val toe met n 280meter skoot 7mm RM 140gr SST Hornady punt.
Baie mooi geskiet DJ van Zyl. Baie geluk

Die bul se horings het gemeet n mooi 40 duim (trofee).

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:39 am
by Capt. Yoda
Bitter mooi bul daai

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:43 am
by FrancoisW
Mooi bul. Ek sal wat gee om die tyd 'n jag te kan doen.

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:43 am
by ruaanb
Pragtige bok!

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:51 am
by Capt. Yoda
FrancoisW wrote:Mooi bul. Ek sal wat gee om die tyd 'n jag te kan doen.

Ek ook en net daar in die rooi sand maar gaan dam na kersfees bq speel

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 12:25 pm
by william007
baie dankie julle ,ja net bly die weer het ook saam gespeel.

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 2:04 pm
by win270
Pragtige bok!! Hoe lank is daardie horings?

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Thu Dec 11, 2014 2:13 pm
by Hugo
win270 wrote:Pragtige bok!! Hoe lank is daardie horings?

william007 wrote:
Die bul se horings het gemeet n mooi 40 duim (trofee).

Re: Gemsbok jag 2014/12/11 nog so jag

Posted: Fri Feb 06, 2015 9:28 am
by Broadbandboer
Baie baie mooi.