Page 1 of 1

'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 8:46 am
by PITSMIT

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 8:53 am
by ArnoldM
Pitsmit,

Baie mooi koedoes daai.... Baie geluk!

Groete,
ArnoldM

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 9:08 am
by herley
Pitsmit

Mooi streep donkies, vertel van die kaliberop hulle ;D
Bradley

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 9:39 am
by PITSMIT
hulle het die geveg verloor teen die beste geweer n .270 wat anders ;D ;D

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 11:22 am
by Ponkie
Pitsmit

Oom het darem die mooistes daar uitgesoek! ;) Verlang sommer huistoe as ek die Oos-kaap rantjies so sien! Waar het Oom hulle gejag? Ons boer tussen Willowmore en Rietbron, net bietjie platter daar by ons!

Groetnis
Ponkie

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 12:10 pm
by PITSMIT
ponkie

dis op n plaas net buite steytlerville as jy nou berg se kant toe ry uit die dorp uit en nie regs draai willowmore toe nie die plaas se naam is slagboom.  ek was gelukkig om hulle al 3 op dieselfde plaas te skiet in n kwessie van 8 dae.  ek kan jou belowe my voete kan vertel.  op daai plaas loop jy en jag en al wanneer jy ry is op pad huistoe as hulle jou en jou koedoe gelaai het.  dis nou nadat jy hom pad toe gedra het.  daai vriende van my glo nie aan spore trap in die veld met n bakkie nie want daar is plante in die karoo wat tot 100jr vat om te herstel as jy oor hom gery het dis van daai skaars snaakse plante weet nie eers wat jy dit noem nie.

was nou nie seker of jy van my seun se springbok of my koedoe praat nie

lekker dag

pitsmit

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 2:53 pm
by Ponkie
Pitsmit

O ja Oom ek was daar in daai gate in! My Pa doen besigheid met Oom Lean Erusmas wat ook daar op die grondpad in boer. Ek het daardie 3 bulle waarvan ek praat by Antoinne Hayward geskiet. Ou Sampie was nog my gids gewees! Wat 'n belewenis is dit nie om saam daai Boesman te jag nie, nog nooit so spoorsnyer in my lewe gesien nie! Verder jag ons gereeld by Chris van Schalkwyk ook, net buite Steytlerville, Wiloowmore se kant toe!

Dis lekker om bietjie 'n paar Oos-Kaap manne op die forum te he, dan is ek en Sir Taf darem nie alleen nie!

Groetnis
Ponkie

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 6:49 pm
by PITSMIT
ponkie

maggies maar dis n klein ou wereldjie.  ek en antoine is groot vriende en dis ook by hom wat my seun sy eerste duikers en rooibok geskiet het.  ek ken vir chris van schalkwyk net so goed want ek is in die tweerigting radio bedryf en ek het al heelwat werk vir hom en sy pa destyds gedoen.  hy behoort my goed te ken vra hom maar as jy hom weer sien.  se maar vir hom ek is die ou wat al sy radios op hulle twee plase ingesit het.

om terug te kom na antoine toe ek dj elke oujaar aand vir hom op sy plaas met die oujaarsdans wat hy hou.  ek doen dit nou al die laaste 3 jaar vir hom.  baie goeie mense daardie.  eg karoo mense. 

groete daai kant.  ek sal jou pm met my sel nr dan kontak jy my as jy weer uitenhage se kant toe kom jy is altyd welkom vir n boeretroos hier by my

pitsmit

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 7:08 pm
by PITSMIT
ken vir lean ook hy bly langs n vriend van my.

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 8:21 pm
by tafjak
Ponkie/Pitsmit/ooskapenaars

Julle raak nou baie! Mooiman! Sien julle dwaal op my stoep rond, sal julle watch! :D

Re: 'n Paar mooies

Posted: Tue Apr 05, 2011 9:56 pm
by Ponkie
Oom Tafman

Welkom terug in die land van die lewendes!!! ;D ;D

Hoop daar het 'n klompie jakkies intussen gesneuwel vandat Oom laas aanlyn was!

Oom Pitsmit

Ek sal die uitnodiging beslis onthou!
Sal vir Pa Ponkie se hy moet groete stuur as hy weer pakkies by Antoine gaan aflaai!

Groetnis
Ponkie

Re: 'n Paar mooies

Posted: Wed Apr 06, 2011 8:34 am
by PITSMIT
ok ponkie sien uit om julle te ontmoet

lekker dag

Re: 'n Paar mooies

Posted: Thu Apr 07, 2011 9:44 am
by theedge
Baie netjies