Jakkals Jag en Wit Bakkies
- Abrie Smit
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am
Jakkals Jag en Wit Bakkies
Ek sien op baie foto's ( Face Book en ander plekke ) van jakkalse wat geskiet word met wit bakkies. Hierdie is 'n onderwerp wat my na aan die hart lê, omdat ek op die harde manier geleer het. Taffie en Louis vertel vir ons die moets en moenies op die kursusse, maar baie van ons dink mos ons weet net soveel, indien nie beter. Een van die moenies is WIT BAKKIE. Doen 'n kursus, dan sal jy ook hoor hoekom nie. My verhaal is as volg:
Ek jag al van 1996 af met CD (en later darem nuwer tipe roepers) op 'n leke manier jakkalse. Doen toe kursusse by twee van die leermeeesters, maar sit met wit bakkie. Besluit toe, laat maak vir hom 'n cover van rek materiaal. Cover werk nie sleg nie, maar as die wind waai, dan is daar altyd êrens 'n deel wat flap en klap, maar die jagtery gaan beter. Kom wel later agter dat vriend se donker blou Uri beter werk. Gaan maak die som ook in tyd wat dit vat om oor te trek en af te trek. Kan met daardie tyd nog 'n paar staan plekke gedoen het. Daar is ook nie tyd vir toe trek as jy op jakkalse afgery het nie. Dink nog steeds wit met cover werk, tot ek by my neef gaan jag. Hy het 'n teef wat al bietjie papiere het.
Drie keer teef gaan soek. Weet presies waar kern gebied is, maar kry haar net nie. Die volgende dag na derde keer kom hy by my. Hulle het gaan spoorsny na die twede en derde keer. Kry toe elke keer hardloop spore na 'n totaal ander deel van kamp. ( Kampe hier by ons kan maklik 700 - 1000 ha groot wees ). Sy sien my met die wit bakkie kom en maak spore nog voordat ek toegegooi en geroep het. Ek staan met rooi gesig, want ek het hom geld gekos a.g.v. my toerusting. Ek laat toe my bakkie Camo en die eerste aand skiet ek vir teef. Hiermee sê ek nie almal moet camo nie, maar kry asb jou bakkie so onsigbaar moontlik. Waterverf doen ook.
Louis-hulle predik volhoubaarheid. Jy gaan jou jakkalse skiet met wit, maar hoeveel bly slimmer agter wat jy nie geskiet het nie. Soos Louis altyd sê, " Dooie jakkalse vreet nie, dis die wat agterbly wat vreet "
Moenie jou kliënt/boer geld kos nie. Hier in Nam is ook professionele manne met wit bakkies. Ek weet van 'n boer wat so 'n man daar gehad het. Het 3 reun jakkalse geskiet en kon nie die tewe kry. Weer geprobeer, niks reggekry. Nou het boer al twee/drie ander manne ook gekry wat niks uitgerig kry en jakke EET sy skaap. Nou lyk die ander soos beginners a.g.v. 'n man wat nie als in sy vermoeë gedoen het om nie slim jakke agter te laat nie.
Ek sit paar foto's op van my bakkie sowel as die jakkals. Kyk bietjie na die foto van my bakkie links van die wit bakkie. Geneem op 'n donkermaan aand. Dink hoe sal dit lyk as die maan skyn.
My versoek is, kom ons doen soveel moontlik om nie slimmer jakkalse in die veld agter te laat nie. Dit kos almal geld. Ons leermeesters weet waarvan hulle praat.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Abrie Smit
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Sorry, hier is die ander twee fotos.
Mooi naweek.
Mooi naweek.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Hoor hulle jou nie met daai gezos nie
? Speel somer net daai bakkie lyk somer smart nou
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
ford as ek reg kykCapt. Oblivious wrote:Hoor hulle jou nie met daai gezos nie? Speel somer net daai bakkie lyk somer smart nou
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Abrie lyk baie goed en dankie vir die deel van jou ondervinding.
Wat kos dit om jou ford so te camo?
Nou moet jy net daai silver rims swart maak:)
Wat kos dit om jou ford so te camo?
Nou moet jy net daai silver rims swart maak:)
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Jaaaa Abri .... eintlik wou jy net jou spoggerige bakkie wys nè? Nou krap jy weer ou wonde oop. Sommige skiet al jare met wit bakkies en sommige skiet sommer vet klomp jakkalse met wit bakkies ... en hulle sal vir jou sê ek praat strooi.
Jy's egter reg, wit jagbakkies is nou maar een ding wat my stertvere orent laat staan. Ek gee regtig nie om hoeveel glamorous foto'jies op facebook gepos word, met trosse jakkalse aan wit bakkies nie, dit bly in my boek onverantwoordelik, veral as man dit proffesioneel doen.
My filosofie rondom roepjag is beslis nie so glamorous soos die facebook celeb'jagters s'n nie ...... 'n jagter wat sy sout werd is sal vir jare doeltreffend en volhoubaar op die selfde plaas kan jag (lyk vir my die celeb'jagters soek voordurend nuwe "roep-virgin"-plase om te jag as hulle nie meer regkom op die plase wat hul klaar opgeneuk het nie)
'n Roepjagter wat sy sout werd is, jaag nie getalle na nie, maar skiet eerder minder jakkalse gedurende die regte seisoen, maar bewerk steeds 'n beter speenpersentasie vir daardie plaas (maar om die verbeterde spenpersentasie op facebook te vertoon is mos nou nie naastenby so glamorous soos om 'n blink-nuwe wit bakkie met trosse jakkalse, daar te vertoon nie?)
Punt is: Volhoubare roepjag = donkerder gekleurde bakkie.
Mooiloop.

- Martin Marais
- Hero Member

- Posts: 573
- Joined: Mon Oct 03, 2011 2:35 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Pragtig gestel Louis. Dit lyk nie vir my of iemand die witbakkie jagters ooit sal oortuig nie.
Dalk moet Sir Taf en Hein hul tot die parlement wend en probeer om wit voertuie totaal te verbied
Groete
Dalk moet Sir Taf en Hein hul tot die parlement wend en probeer om wit voertuie totaal te verbied
Groete
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Moet ook nie met 303 skiet nie sê die jakkals in die foto met net 3 bene 
- Armand9
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Tue Sep 21, 2010 12:36 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Oom Louis so waar. Dis mos nou weer tyd vir daai trosse aan die
bakkies. Die dragtige teef het verby geglip met die koue aande se jag!
Dis maar hoe ek myself oor die vingers tik as die jonges so val.
bakkies. Die dragtige teef het verby geglip met die koue aande se jag!
Dis maar hoe ek myself oor die vingers tik as die jonges so val.
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Jy weet jou bakkie se kleur is reg as jy die roeper gaan uitsit of jakkalse optel en jy moet jou eie vervoer soek!
Gebeur maklik as dit toegetrek is en jy nie op 'n hoogtetjie gestop het nie.
Gebeur maklik as dit toegetrek is en jy nie op 'n hoogtetjie gestop het nie.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Hein, dit klink dan nou jy praat van ondervinding?
- Abrie Smit
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Mooi gestel Louis. Jakkie, dit kos N$ 12 500 hier in Nam, maar Geno-hulle dink ek laat doen dit darem vir goedkoper daar by hulle. My sukses ratio het meer as verdubbel, veral in die moeilike tyd. Ek het meer groot jakkalse in die moeilike tyd geskiet as in maklike tyd.
Mooi dag
Mooi dag
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Eenvoudig kerels, dis die prys van 10 skaap. As jy 10 skaap minder verloor, is dit betalend. Tensy jy soos ek nie met n camo bakkie wil rondry permanent nie...
-
Suidwes
- Full Member

- Posts: 104
- Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Abri,
Jou bakkie lyk bakgat, amper so mooi soos myne. Myne is net 1 liter rooibruin , 1 liter Groen en n verfkwas, is bitjie goedkoper vir my.
Daardie vinyl sal lekker wees, maar so paar nagte deur my bosse....jy sal daai bakkie nie ken nie!!!
Gooi groot

platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Ons toets nou hierdie produk. Bietjie kyk hoe lyk hy in die donker. Dit is 'n matt charcoal wat ons gaan try. Die prys is maar dieselfde as die vinyl wrap, so ons sal maar kyk hoe duursaam is dit. Die voordeel hier is dat as jy klaar is met hom trek jy die coating af. Dit is wel 'n solid kleur maar die blink is baie meer verdoof (behalwe nou vir die bumper ens. maar die gooi ons toe.)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Abrie Smit
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Spoggerig. Watter verskillende kleure kry jy? Laat weet hoe lyk dit in die nag.
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Hi Abrie,
Jy het basies die volle spektrum van kleure. Hulle meng hom vir jou soos nodig.
Jy het basies die volle spektrum van kleure. Hulle meng hom vir jou soos nodig.
-
Jan-Hendrik
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am
-
platjak
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Mon Jan 12, 2015 1:42 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Kleur werk baie goed en raak goed weg in die nag. Maar die coating kry maar houe as jy baie bosse het. Die duursaamheid is nie baie braaf nie. Het hierdie twee sommer so in die volmaan gelaai so tussen reen buie Saterdag aand.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
-
Jakkie 321
- Hero Member

- Posts: 636
- Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Ja nee dit lyk baie natuurlik. 
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage
Jakkie 321
Reinhard Hassel
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
oom Louis
lyk my oom het 'n make over ook gekry! oom lyk mos nou sommer mooi!
lyk my oom het 'n make over ook gekry! oom lyk mos nou sommer mooi!
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Jis Cassie, ek wil my baard nou nog net cammo kleure dye, dans ek reg...
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals Jag en Wit Bakkies
Wil jy kom kuier Cas?