Page 1 of 2

Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:31 pm
by Speelmansjagter
Middag aan almal.
Wou net gou iets bevestig asseblief:
Wanneer 'n persoon toegewyde jagters status ontvang:
Die meer as 200 gelaaide ammunisie storie pre geweer. Is die reel dan geldig vir gewere wat jy voor die tyd gehad ook of slegs vir die lisensies wat na hierdie gebeurtenis uitgeryk is.
Hoor graag.
Dankie.

Jaco

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:34 pm
by ROBBIE1
Hi Jaco.

Sover ek weet is dit vir al jou wapens, maak nie saak van datum van aankoop nie, jy het toegewyde status, so die voordeel dek alles, kruit, punte, primer, als op al jou wapens.

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:38 pm
by Dries101
Ek was onder die indruk dat dit slegs seksie 16 wapens dek, maw as jy wapens het wat onder n ander seksie gerigstreer is hulle dan beperk tot die reels van daai katagorie

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:43 pm
by ROBBIE1
Ek lees ook verder saam, maar weet tydens ons kurses destyd het Phillip van Baviaanspoort dit juis benadruk dat dit een van die voordele is, en ons dit moet gebruik tot ons voordeel.

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 2:43 pm
by Speelmansjagter
Jammer ja, ek praat nou slegs van my jag gewere. Moes dit seker noem.

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 3:26 pm
by Dries101
Sal ook wil weet ek het seksie 15 en 16 wapens ( jag gewere)

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 4:21 pm
by NEGE3
91 Beperkings op besit van ammunisie
(1) Die houer van 'n lisensie om 'n vuurwapen te besit in Hoofstuk 6 bedoel, mag
nie in besit wees van meer as 200 patrone vir elke vuurwapen ten opsigte waarvan hy of
sy 'n lisensie hou nie.
(2) Die beperking in subartikel (2) is nie van toepassing nie op-
(a) 'n toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon wat die houer is van 'n
lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet of enige ander houer van 'n
lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet wat by die aanvoer van goeie
redes gemagtig is deur die Registrateur om meer as 200 patrone te besit vir
'n vuurwapen ten opsigte waarvan hy of sy 'n lisensie hou; of
(b) die houer van 'n lisensie om 'n vuurwapen te besit uitgereik ingevolge
hierdie Wet ten opsigte van ammunisie gekoop en afgevuur op 'n
geakkrediteerde skietbaan

Soos ek dit verstaan dek dit al jou gewere.

Re: Toegewyde status

Posted: Sun Jan 18, 2015 4:22 pm
by Jacquesb
Ekt ook getwyfel aan die een. Ekt 1 sec 15 en een sect 16 wapen.
Ekt NSA geskakel wat my meegedeel het dat die ammunisise verslapping reel nou op al my wapens betrekking het.
Ek moet bieg ekt nie self die wet gaan lees om te bevestig nie.

Groete
Jacques

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 7:50 am
by marthinus100
Toegewyde status is net wat dit se. Die wapens kan nie n status he nie, maar jy kan. Jy het toegewyde status en jy geniet al die voordele soos meer wapens en meer amunisie.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 12:23 pm
by jamalley
Baie versigtig wees. Jou status verleen geen reg om meer ammunisie aan te hou nie. Indien van jou lisensies uitgereik is in terme van Artikel 15 (geleentheidsjag) voordat jy toegewyde status bekom het, is jy beperk tot 200 rondtes en 2400 primers.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 1:14 pm
by Carl
Dis nou waar Eugene en die prokureurs/advokate geld maak. ;)
"I put it to you:"
(2) Die beperking in subartikel (2) is nie van toepassing nie op-
(a) 'n toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon wat die houer is van 'n
lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet
Ek lees dit om die persoon die status te gee.
En daar word net na lisensie verwys ingevolge die Wet, geen verwysing na 'n artikel lisensensie.

Maar wanneer ek met 'n bakkie vol van 250 243W patrone en 350 9mmP gestop word wat gaan ek wys aan die SAP konstabel :police: om te bewys ek het Toegewyde Status?
* my SA Jagters kaart en sertifikaat?
* my SAPS bevoegdheid dokument of kaart (waarvan die datum verval het, maar dis nvt omdat my lis nie verval het nie)?
* my Art 16 lisensie?

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 1:21 pm
by Nickvn
jamalley wrote:Baie versigtig wees. Jou status verleen geen reg om meer ammunisie aan te hou nie. Indien van jou lisensies uitgereik is in terme van Artikel 15 (geleentheidsjag) voordat jy toegewyde status bekom het, is jy beperk tot 200 rondtes en 2400 primers.

Ek verstaan dit nie so nie. Ek verstaan dit ook soos Carl hierbo verduidelik.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 1:22 pm
by Eugene
Dries101 wrote:Ek was onder die indruk dat dit slegs seksie 16 wapens dek, maw as jy wapens het wat onder n ander seksie gerigstreer is hulle dan beperk tot die reels van daai katagorie
Dit is soos ek dit verstaan en vertolk. Die beperking geld steeds vir alle Artikel 13 en 15 vuurwapenlisensies en is net vir die kalibers waarvoor jy 'n Artikel 16 lisensie het. Op randslag ammunisie is daar geen beperking nie!

Hierdie is maar weer 'n voorbeeld van hoe verskillende organisasies en mense, dieselfde reel verskillend vertolk.... Op die notule van 'n onlangse vergadering tussen die SAPD en ander rolspelers in die wapenbedryf, is die aangeleentheid aangespreek en dit is bevestig soos dit ek dit hierbo uiteengesit het en verstaan.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 1:26 pm
by Eugene
Carl wrote:Dis nou waar Eugene en die prokureurs/advokate geld maak. ;)
"I put it to you:"
(2) Die beperking in subartikel (2) is nie van toepassing nie op-
(a) 'n toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon wat die houer is van 'n
lisensie uitgereik ingevolge hierdie Wet
Ek lees dit om die persoon die status te gee.
En daar word net na lisensie verwys ingevolge die Wet, geen verwysing na 'n artikel lisensensie.

Maar wanneer ek met 'n bakkie vol van 250 243W patrone en 350 9mmP gestop word wat gaan ek wys aan die SAP konstabel :police: om te bewys ek het Toegewyde Status?
* my SA Jagters kaart en sertifikaat?
* my SAPS bevoegdheid dokument of kaart (waarvan die datum verval het, maar dis nvt omdat my lis nie verval het nie)?
* my Art 16 lisensie?
Hoe word 'n toegewyde jagter se lisensie onderskeie van 'n bona fide jagter sin? Deurdat die TJ se lisensie in terme van Art 16 uitgereik is. Baie van ons, ek inkluis, was eers bona fide jagters en het toe toegewyde status gekry, dus is ons eerste 3 of 4 gewere nog Art 15 lisensies en nie Artikel 16 nie.... Elke ou moet maar maak soos hy goeddink, maar ek gaan eerder nie my kanse vat met Speurkonstabel Zuma nie! Niemand gaan maklik jou huis kom besoek, tensy jy gesplit word deur iemand nie, maar in 'n padblokkade mag jy dalk drama kry. Ek het darem nog nooit meer as 200 rondtes vir 'n naweek jagtrippie nodig gehad nie.... >:D

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 1:30 pm
by Finfan
Interessante vraag

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 2:27 pm
by Hein22
Eugene, wat bedoel jy as jy se daar is geen beperking op randslag ammunisie nie. Hoekom ek vra, ek het toegewyde jagter en sportskiet status maar nie een van my wapens is spesifiek so gelisensieer nie. Toe ek die ander dag 500 .22 rondtes wou koop by safari wou hulle dit nie vir my gee nie, kon slegs 200 koop.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 2:41 pm
by Carl
Eugene wrote:Elke ou moet maar maak soos hy goeddink, maar ek gaan eerder nie my kanse vat met Speurkonstabel Zuma nie! Niemand gaan maklik jou huis kom besoek, tensy jy gesplit word deur iemand nie, maar in 'n padblokkade mag jy dalk drama kry.
Dit is ons grootste problem, kennis en uitvoering van die wet. Omdat die wets toepassing omtrent nul is, is daar nie genoeg toets sake nie. En ek is nie lus om proef konyn te word nie.

Hein22, kennis van die wet.
Eugene wrote: Ek het darem nog nooit meer as 200 rondtes vir 'n naweek jagtrippie nodig gehad nie.... >:D

Of jy brag fyn oor jou skiet vernuf of jy bieg dat jy arm gat is en nie 200+ springbokke op 'n jag trip skiet nie.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 2:44 pm
by win270
Interessant . . . wie is regtig bekommerd oor die vervoer van meer as 200 patrone vir 'n spesifieke kaliber op 'n slag? Ek neem aan mens moet in so 'n geval jou lidmaatskapsertifikaat (wat toegewyde status aandui) van een of ander jagvereniging by jou hê op die pad.

Gee die "wetsbeamptes" op die pad jou nie grasie om binne bv. 24 uur die betrokke bewyse by jou polisiestasie te gaan voorlê nie?

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 2:52 pm
by Carl
win270 wrote: Gee die "wetsbeamptes" op die pad jou nie grasie om binne bv. 24 uur die betrokke bewyse by jou polisiestasie te gaan voorlê nie?
Dit is so, maar weereens het die man :police: wat jou stop die kennis en gaan hy dit reg toepas?

Ja ons jagters se problem is nie die "op die pad" gevalle nie. Dis slegs as jou huis besoek word deur SAPS. En natuurlik as jy aankope wil doen.

Maar ek blaas maklik 200+ 9mmP in 'n oggend op die skietbaan en selfde vir die Sportskiet semi outo manne.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 3:48 pm
by Hein22
So Carl bevestig net gou vir my met my beperkte kennis van die wet. Ek kan onbeperkte randslag rondtes koop, stoor vervoer?

Indien wel moet die sales staff van S&O saam my die refresher kursus kom doen.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 3:55 pm
by Eugene
Hein22 wrote:So Carl bevestig net gou vir my met my beperkte kennis van die wet. Ek kan onbeperkte randslag rondtes koop, stoor vervoer?

Indien wel moet die sales staff van S&O saam my die refresher kursus kom doen.Image
Hein, ek het erens gelees dat randslag ammo vrygestel is van daai beperking. Ek kry egter nie nou die presiese bepaling raakgelees nie en sal dit soek as ek meer tyd het en aanstuur. Ek het egter onlangs 'n brick gekoop by ons plaaslike winkel sonder enige drama....

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 4:07 pm
by Carl
Hein22 wrote:So Carl bevestig net gou vir my met my beperkte kennis van die wet. Ek kan onbeperkte randslag rondtes koop, stoor vervoer?
Indien wel moet die sales staff van S&O saam my die refresher kursus kom doen.Image
Hein ek het nog nie bevestig watter een van julle 2 het refresher kursus nodig nie ;)

My prokureur in Klerksdorp sal egter die nodige oplees werk doen en jou vraag beantwoord. >:D

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 5:12 pm
by Dries101
Eerlik ek dink nie die beperkings by die winkels het enige iets te doen met die wet nie. Dis meer die feit dat oom Jan loop daar in, vrae vir ammo, koop dit met n glimlag en koop 3 ander items. Of scenario twee hy loop in vrae vir ammo , daars niks want Pietie voor hom het nou net 3 jaar se vooraad gekoop. Hy pluk sy m&$r slaan sy ranger se deur so hard toe dat die winscreen kraak en gaan koop sy goed op n ander plek. Vertel vir sy vriende van Safari and Outofstock. Ek ondersteun so bietjie beperking ,want ek kan nie 3 jaar se ammo of 10000 primers op n slag bekostig nie. Maar ek het dit net so nodig soos die ou met die geld. Ek dink dit is fair besigheids sin. Waar gaan jy eerder heen ry, die plek wat dalk vooraad het of die plek wat jy weet gaan nie he nie

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 5:20 pm
by Hein22
Dries, ek hoor wat jy se oor die beperkings maar ek dink nie randslag wapens is vrygespreek van die ammo beperkings soos deur die wet bepaal nie.

Hoop ek is verkeerd though. Wag net dat iemand dit verseker kan bevestig.

Re: Toegewyde status

Posted: Mon Jan 19, 2015 5:30 pm
by Dries101
Hein22 wrote:Dries, ek hoor wat jy se oor die beperkings maar ek dink nie randslag wapens is vrygespreek van die ammo beperkings soos deur die wet bepaal nie.

Hoop ek is verkeerd though. Wag net dat iemand dit verseker kan bevestig.
d


Dink ook nie hulle is vrygespreek nie....