Page 1 of 1
Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:11 am
by Christo243
Ons het n geval hier by ons dat n boer van sy vriende genooi het om te kom skiet op die plaas, voordie jag het almal hulle gewere ingeskiet op n veilige plek en toe voortgegaan met die jag.
Die gevolg was die volgende, die persoon word nou verkla by die polosie omdat hy n onwettige skietbaan bedryf het
My vraag is die volgende
1. Mag jy op jou plaas skiet?
2. As jy die mense vra om in te skiet voor die jag, word dit as n skietbaan gesien?
3. In watter wetgewing word hierdie aangespreek?
4. Wat is die wetlike voorwaarde as jy n informele / formele kompetiesie op jou plaas wil aanbied
Ek hoop van ons legal minds kan help want hierdie kan moontlik in die hof opeindig
Groete
Christo243
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:28 am
by cassie_calvinia
ek nie kenner, maar dit is belaglik
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:32 am
by birklec
Kan dit self nie glo nie.
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:34 am
by FCLoretz
Sover as wat my kennis strek, mag jy op jou plaas skiet vir persoonlike gebruik, maar mag nie enige gelde daarvoor vra nie.
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:35 am
by PWV
Kastreer die ou wat hom aangekla het!

Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:39 am
by Smirre
Christo
Formele Kompetisie = skietbaan = akkreditasie
Pret en plesier skiet = plaas = niks
toegangsfooi/geld vra = baan = akkreditasie
Hoe weet die polisie van die skiet?
Smirre
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 8:42 am
by Johan308
Ek het al soortgelyke voorval gehad, mar in my geval was dit die bure wat my aangegee het. Die polisie was by my en het my gese om te stop want die bure kla daaroor. Ek het intussen dit met die bure uitgeklaar en verder nie weer probleme gehad nie. Die wet bepaal dat jy jou vuurwapen mag gebruik waar jy 'n wettige rede daarvoor het en waar dit veilig is om so te doen.
Wat ek nie verstaan is dat die boer aangekla word vir die bedryf van 'n onwettige skietbaan, wat is die redes en bewyse agter die klag?
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 9:11 am
by Nickvn
Ek skiet gereeld op my aanloopbaan op die plaas. Ek vra niemand geld om daar te skiet nie en ek dring aan dat elke jagter wat ek uitvat eers daar inskiet voordat ons gaan jag. Ek kan nie sien hoe hulle kan se hy bedryf n skietbaan nie. Ek dink ook dit is n buurman wat nie lekker is nie en hulle gaan aankla het. Die Polisie is so dom hulle sal nie voor die tyd vrae vra en hulle eie gevolgtrekking maak nie. Hulle kom net in en arresteer en hoop om later die ding uit te sorteer. Dom!
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 9:16 am
by Christo243
My gevoel is dit is maar suur druiwe . Een van die skuts het verkeerdelik by die klaer se huis gestop om te hoor of die inskiet daar plaasvind en van daar af het dit net hand uitgeruk
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 9:28 am
by Eugene
Ek skiet self by kans elke op my skietbaan op die plaas en neem gereeld vriende ook soontoe. Dit help waarskynlik dat ons meestal met KD's skiet en dat die naaste buurman seker omtrent 11km van daar af is. Nog nooit enige probleme gehad nie en my walle en uitval area is redelik in lyn met vereistes. Ek dink ook dis suur druiwe en ooraktiewe SAPD beamptes....
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 9:31 am
by Carl
Daar is niks in die Vuurwapen Wet nie oor plase nie.
Maak seker jou plaas is nie binne die munisipale grense nie.
Maak seker die skiet plek voldoen aan redelike veiligheids maatreëls. As daar na elke skoot 'n koeël op die buur tannie se dak val gaan sy die

bel.
Moenie jou skietbaan naby 'n openbare pad sit nie. Ek het een dag op die Hartbeesfontein pad gery (om Klerksdorp mis te ry). Een van die boere het sy inskietbaan parralel met die pad met so baie lae skietwal. Ek het verby gery, die pad draai en dan is jy so half in die skietvlak. Ek het maar die turbo op die XT oopgedraai tot ek om nog 'n draai was.
Die mense kla by ons want die inskiet plek is ver van die huis. Dit is egter die veiligste plek op die plaas om dit te doen.
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:15 am
by Frederik
As ek net nog 2 sent kan byvoeg.
Onthou asb. dat jy as lisensie houer van jou eie wapen altyd moet by staan as iemand anders wat nie 'n lisensie het vir die sekere wapen. In ander woorde jy mag nie jou vriend op sy eie laat jag met jou wapen as jy nie by is nie.
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 12:54 pm
by Alwin
Daar is myns insiens 2 bepalings van die WBV (FCA) wat betrekking het op skietbane:
Die (amper laaste) sin van elk van Art 13 - 17 wat bepaal dat jy die wapen vir enige wettige doel mag gebruik waar dit veilig is. As die baan dus veilig is, mag jy daar skiet, tensy een of ander munisipale ordonansie (ens) jou verbied: "A firearm in respect of which a license has been issued in terms of this section may be used where it is safe to use the firearm and for a lawfull purpose."
Die bepaling dat amptelike vaardigheidsopleiding slegs op geakkrediteerde skietbane mag plaasvind. Ek kry dit nie in die wet nie, waarskynlik is dit in die regulasies. Skyfskiet en skietkompetisies is nie deel van enige amptelike vaardigheidsopleiding nie, daarom kan dit op enige plek gebeur wat veilig is. SAJSV (en ander) se "veldskiete" word almal op plase gehou. Hulle vat inskrywingsgeld en deel pryse uit. Dit is heel wettig so.
Dit is wel goeie maniere om jou bure, wat die skote kan hoor, vooraf in te lig. Niemand voel deesdae juis baie veilig as WO3 op die buurplaas uitbreek nie...
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 3:11 pm
by Carl
Alwin Fleischmann wrote:
Die bepaling dat amptelike vaardigheidsopleiding slegs op geakkrediteerde skietbane mag plaasvind. Ek kry dit nie in die wet nie, waarskynlik is dit in die regulasies.
Dit is in die regulasies maar soos jy tereg sê net vir opleiding.
Re: Vuurwapen gebruik op n plaas
Posted: Mon Feb 16, 2015 4:36 pm
by Christo243
Dankie manne, ek wardeer julle insette. Na my mening is dit ook net vir opleidings doeleindes en het die klaer nie n voet om op te staan nie