Page 1 of 1

Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Thu Feb 19, 2015 2:22 pm
by win270
Lees gerus oor die staat wat die nuwe wysigingswetsontwerp steun . . .

http://www.netwerk24.com/nuus/2015-02-1 ... apenbeheer

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Thu Feb 19, 2015 3:27 pm
by Johan Reyneke
Vir die wat dalk nie die link kan oop maak nie


Die publiek sal insette kan lewer oor die besit van vuurwapens in hul gemeenskappe.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdagoggend tydens ’n perskonferensie by die parlement gesê die kabinet het goedkeuring gegee vir die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer.

Die wetsontwerp sal in die Staatskoerant gepubliseer word.

Volgens Radebe word daar met die wet beoog om vuurwapens beter te reguleer.

“Die doel is om seker te maak die besit van vuurwapens word verminder weens die rol wat dit speel in misdaad in Suid-Afrika.”

Die kollig is met die onlangse moord op die Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa, weer geplaas op die toegang tot vuurwapens.

Daar is ook tydens die Oscar Pistorius-hofsaak vrae gevra oor hoe vuurwapens reguleer word.

Radebe kon nie veel uitbrei oor die wetsontwerp nie en het gesê Nathi Nhleko, minister van polisie, sal ’n aankondiging hieroor maak.

“Die beheer van vuurwapens is ’n belangrike deel van hoe die regering misdaad benader,” het Radebe gesê.

Volgens die organisasie Gun Free South Africa (GFSA), sterf nagenoeg 18 mense daagliks weens skietwonde.

Claire Taylor, woordvoerder van GFSA, het by navraag gesê die wetsontwerp moet verwelkom word indien die wysigings bestaande leemtes in die wet kan uitwis.

“Maar soos die Wet op Gesinsgeweld gewys het – ’n wet beteken niks indien dit nie reg toegepas word nie.”

Taylor het kommer uitgespreek oor voorstelle om die tydperk vir die hernuwing van vuurwapenlisensies van vier tot elke tien jaar te verhoog.

“Die hernuwingstydperk, vier jaar, is reeds te lank. Baie kan verander in ’n jaar.”

Sy het ook voorstelle om ’n nuwe afdeling, vuurwapen met die wysigings in te stel, wat vyf afdelings vuurwapens kan beteken, bevraagteken.

“Wanneer dit verhoog word is ons op ’n gevaarlike afdraande.”

Taylor het gepleit vir sterker pogings om onwettige vuurwapens uit gemeenskappe te verwyder.

Francois Beukman, voorsitter van die portefeulje-komitee vir polisie in die parlement, het vroeër gesê hulle gaan ’n beraad oor vuurwapens reël om die besit van vuurwapens met rolspelers te bespreek.

Hy was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Thu Feb 19, 2015 3:42 pm
by Smitstertjies
99% Van die mense wat sterf aan skietwonde is agv van ONWETTIGE vuurwapens!!!!

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Thu Feb 19, 2015 4:12 pm
by Hein (Haan)

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 9:01 am
by andre007
Ek het hierdie stelling in die ''draft bill'' opgemerk oor die dra van vuurwapens:
Amendment of section 84 of Act 60 of 2000
19. Section 84 of the principal Act is hereby amended—
(a) by the substitution in subsection (1) for the words preceding paragraph (a) of the following words:
"(1) [No] Subject to subsection (3), no person may carry a firearm in a public place unless the firearm is carried—"; and
(b) by the addition of the following subsection:
"(3) The Minister may prescribe the manner in which a firearm must be carried by a security officer in the performance of his or her duties and functions.".
Wat beteken dit vir ons wat S V vuurwapens dra?

Vir die van ons wat nog nie 5 jaar toegewyde jagter status / sportskiet status het nie moet nou sy Semi Auto / Haelgeweer gaan aanskaf voor die petalje gegazette word?
Amendment of section 16 of Act 60 of 2000 as amended by section 4 of Act 43 of 2003 and section 11 of Act 28 of 2006.
7. Section 16 of the principal Act is hereby amended by the insertion of the following subsections—
“(5) a semi-automatic rifle or a shotgun may only be registered in terms of this section to a person who has maintained a dedicated status as a sports-shooter for a period of at least five years and continues to maintain such a dedicated status.
(6) The applicant must submit a written motivation in the prescribed manner as to why the fifth licence contemplated in section 15 should be registered under this section.
(7) The written motivation must contain details relating to the needs of the dedicated hunter or sports shooter, the type of firearm required, the shooting disciplines that the applicant is involved in and such other information as may be required by the Head of the Central Firearms Register.
(8) The motivation contemplated in sub-section (7) must be supported by the chairperson or authorised office bearer of the relevant hunting association or sports-shooting organisation.
(9) Where a licence holder under this section ceases to hold the
status as dedicated hunter or dedicated sports-shooter, the licence holder must, in writing, notify the Registrar of such cessation within 30 days of ceasing to hold such status; and the Registrar must follow the process in section 28 for the cancellation of the licence .”

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 9:07 am
by 375fanatic
Dalk moet die uwe net na die clip kyk en ek dink dis 1 van die beste argumente wat ek nog gehoor het

https://www.youtube.com/watch?v=5at0lBv0Zog

ek weet nog nie hoe om die video te post nie maar click maar op die link

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 11:01 am
by Doppies
Ek het nog nie n persson raak geloop wat soveel sin praat behalwe ons wat wapens besit vir juis daai redes nie.

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 11:30 am
by Eugene
Ludwig wrote:
no person may carry a firearm in a public place unless the firearm is carried—"
Kyk, ek is nie 'n wetlike lingo expert nie, maar wat de dinges beteken daai? :o
Daai sin is nie volledig nie. Daar kort onderafdelings in die oorsponklike quote....

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 11:30 am
by Doppies
Eugene wrote:
Ludwig wrote:
no person may carry a firearm in a public place unless the firearm is carried—"
Kyk, ek is nie 'n wetlike lingo expert nie, maar wat de dinges beteken daai? :o
Daai sin is nie volledig nie. Daar kort onderafdelings in die oorsponklike quote....

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 11:50 am
by RUPERT
Firearm is carried in a holster or rifle bag/case as ek reg kan onthou.

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 3:44 pm
by andre007
Eugene wrote:
Ludwig wrote:
no person may carry a firearm in a public place unless the firearm is carried—"
Kyk, ek is nie 'n wetlike lingo expert nie, maar wat de dinges beteken daai? :o
Daai sin is nie volledig nie. Daar kort onderafdelings in die oorsponklike quote....
Eugene, ek het die wysigingswet aangeheg, kyk onderaan bladsy 17, het dit ge ''hi-lite'' ek verstaan dit ook nie. Die oorspronklikke wet sê die wapen moet gedra word in holster/drasak wat vir die wapen gemaak is as ek reg onthou?

Wat kort hier, hoop nie die boggers mik na geen wapens in publiekke plekke se kant toe nie! >:(

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Fri Feb 20, 2015 4:51 pm
by Eugene
Andre, daai gedeelte is nie die volledige gedeelte nie, net die voorgestelde wysiging. Ek is nou op sel, maar sal Maandag gou die volledige gedeelte, soos dit beoog word, hier plaas. Dan behoort dit smin te maak, of nie.....

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Sat Feb 21, 2015 1:07 am
by Jake1
Ek is tans besig met toegewyde status om dan semi-outomatiese geweer op my naam te sit. Wat nou?

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Sat Feb 21, 2015 6:22 am
by Eugene
Jake1 wrote:Ek is tans besig met toegewyde status om dan semi-outomatiese geweer op my naam te sit. Wat nou?
Maak gou, maak bitter gou!

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Sat Feb 21, 2015 8:58 am
by NEGE3
Beteken hierdie nou dat almal die vaardigheids eksamen moet doen voor jy jou Bevoegdheid kan hernu.

(5) A competency certificate shall only be renewed upon submission of a certificate by an accredited training service provider that the applicant has successfully completed the proficiency test in the six months period preceding the lapsing of the competency certificate that is being renewed."

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Sat Feb 21, 2015 9:48 am
by Jake1
Eugene wrote:
Jake1 wrote:Ek is tans besig met toegewyde status om dan semi-outomatiese geweer op my naam te sit. Wat nou?
Maak gou, maak bitter gou!
Eugene het jy enige idee tot wanneer dan, wanneer gaan daardie wet dan van krag wees?

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Sat Feb 21, 2015 10:13 am
by Eugene
Eks nie doodseker nie, maar nie binne die volgende 3 maande nie. Ek gaan self gou vgl week 3 aansoeke ingee!

Re: Staat sê ja oor wysiginswetsontwerp - 19 Feb 2015

Posted: Tue Mar 03, 2015 3:19 pm
by Deon R
Hier is die nuutste:

http://www.saga.org.za/.cm4all/iproc.ph ... .pdf?cdp=a

Sorry, maar ek soek nie "micro dots" op my gewere nie...sê maar net.