Page 1 of 2
Die naweek met my 30-06
Posted: Mon Feb 23, 2015 2:01 pm
by Dwight375
30-06
Lapua dop
168 MK teen 2850 fps
5 skote
100m
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon Feb 23, 2015 2:02 pm
by Dwight375
Hello Manne, ek weet nie wat fout gegaan het nie maar ek wou dit post in "papier trofee bokke" afdeling.
Ek dink my 30-06 is nou reg, hy kry vandag n nuwe teleskoop - kani wag nie!
Groete
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon Feb 23, 2015 2:05 pm
by OupaZA
Lyk baie netjies hoor!!

Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon Feb 23, 2015 2:08 pm
by VdWalt
Netjies - as ek so na die foto kyk wonder ek wat fout
was met die ou teleskoop.....?
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon Feb 23, 2015 2:11 pm
by Dwight375
Om beter te kan sien......great teleskoop maar die kruishaar is net te dik
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Tue Feb 24, 2015 9:37 am
by Dwight375
En daar is sy nuwe bril nou, wag net vir ringe om ge ceracote te word! Kani wag vir die skietbaan nie!

Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Sun Mar 15, 2015 9:16 am
by Dwight375
Hello Manne
Bietjie firforming gedoen gister, hierdie is n 6 skoot groep op 100m. Dink nie dit is te sleg nie- het sommer net n lading en n punt ge kies en gelaai. Ek dink daai skote wat uit die groep uit is, was def die drywer se skuld, maar dit was in elkgeval lekker om sommer n klomp skote te gaan skiet saam my pa. Kosbare tye
Lekker sondag vir almal
Dwight
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Sun Mar 15, 2015 5:53 pm
by Mellies
Geniet jou nuwe combo Dwight!! Daai glase kan n man net plesier verskaf!!
Met n vleisie...
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Tue Apr 21, 2015 8:34 pm
by Dwight375
Laat my hart sommer vinniger klop.
Old faithfull is weer terug, ek dink Wouter sal saam stem, so moet n teleskoop darem maar lyk.
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Tue Apr 21, 2015 9:15 pm
by Bakkies303
Lyk baie mooi Dwight. Watter maak geweer is dit?
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Wed Apr 22, 2015 6:44 am
by Dwight375
More se
Dit is my 30-06, gebou deur Andries Moller en Steve Fourie. CZ 550
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Wed Apr 22, 2015 7:56 am
by Carl
Netjies Dwight so skiet die 3006. Hoe werk die laaste fotos Leupold scope ek dog jy het Zeiss gekoop?
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Wed Apr 22, 2015 10:01 am
by Dwight375
Dit is reg ja en so vinnig soos wat ek daai zeiss gekoop het net so vinnig is hy weer verkoop ook.
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Wed Apr 22, 2015 11:10 am
by joe rocket
Dwight375 wrote:Dit is reg ja en so vinnig soos wat ek daai zeiss gekoop het net so vinnig is hy weer verkoop ook.
Vertel bietjie meer oor die zeiss?
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Wed Apr 22, 2015 11:14 am
by Dwight375
Kom ek se net : "Leupold for life "

Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Wed Apr 22, 2015 2:22 pm
by Finfan
Baie netjiese groepering daai.
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 04, 2015 3:32 pm
by Dwight375
Middag manne
Ek het die naweek wat verby is net die varmint hunter reticle gaan toets op 14 vergroting.
Op 200m skiet hy effens laag met die 2de strepie maar op 300m in die kol.
baie in my noppies dat n man op 300m vir so kol mik en hom mooi raak skiet!
Groete
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 04, 2015 3:35 pm
by Dwight375
200m
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 04, 2015 3:36 pm
by Dwight375
300m
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 11, 2015 8:51 am
by Dwight375
Manne
Ek het die naweek met 165 grein interlock punte gaan speel op die skietbaan, op 100m het hulle goed gedoen maar na dit helemal uit die bus geval.
Gebruik toe maar my oorspronklike resep om op 300m n groep te skiet! Aangeheg is die foto- baie in my noppies!
Groete
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 11, 2015 9:07 am
by Eugene
Baie netjies! Jy sal paar manne met duur custom gewere laat skaam kry met daai groep!

Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 11, 2015 9:24 am
by G-force
Ja nee dis mooi.
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 11, 2015 9:43 am
by Swede
Baie mooi!! Steve weet hoe om 'n kolf te bou, joune is seker ook nie 'n"free float loop" nie. Ek het getwyfel tot ek baan toe gegaan het. Hy mag maar

Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 11, 2015 9:44 am
by Dwight375
Hello Swede
Nee ek en Steve het al n hele paar argumente gehad oor dit, n loop moet float en myne doen!
Dankie manne, baie happy met my ou 30-kwes
Re: Die naweek met my 30-06
Posted: Mon May 11, 2015 11:26 am
by Forester
Dwight375 wrote:Manne
Ek het die naweek met 165 grein interlock punte gaan speel op die skietbaan, op 100m het hulle goed gedoen maar na dit helemal uit die bus geval.
Gebruik toe maar my oorspronklike resep om op 300m n groep te skiet! Aangeheg is die foto- baie in my noppies!
Groete
Goeiste dis 'n goeie groep vir 300m! Baie geluk!!!